‘Ons sal toesien dat Zuma vervolg word’

Pres. Jacob Zuma tydens die Jeugdagvieringe in Ventersdorp (2017) Foto: @PresidencyZA, Twitter

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in ʼn verklaring gesê hy verwelkom pres. Jacob Zuma se aankondiging dat hy met onmiddellike inwerkingtreding as staatspresident bedank.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dié aankondiging moet “geensins beteken dat hy vervolging kan ontduik nie”.

Kriel sê die organisasie gaan daarom sy pogings verskerp om “toe te sien dat Zuma vervolg word”. AfriForum het glo reeds ʼn veldtog in dié verband van stapel gestuur.

“Ons sal alle redelike stappe doen om toe te sien dat Zuma deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg word. Indien die NVG versuim om Zuma te vervolg, sal AfriForum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel die proses vir privaat vervolging in werking stel,” het hy gesê.

Pres. Jacob Zuma het Woensdagaand, 14 Februarie 2018, omstreeks 23:00 bedank tydens ʼn regstreekse uitsending uit die Uniegebou in Pretoria. Dié aankondiging volg nadat die ANC Zuma ʼn ultimatum gegee het om teen Woensdagaand te bedank óf ʼn mosie van wantroue in die parlement die hoof moet bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Plegtig ·

Beste Afriforum (en Solidariteit). Ek is nou al jare lid van beide van julle. En ja, alhoewel ek weet dat seker dinge nie onaangeraak moet bly nie, wil ek (en ek praat namens ‘n paar kollegas en vriende wat ook lid is by julle), vriendelik versoek dat ons geld nou asb in die regte rigting gekanaliseer word. Vermy die fights deur miljoene rande van ons geld op die gemors te spandeer. Ons droom daarvan om ‘n volk van BOU te wees; nie een van breek of vergelding nie. Spandeer ons geld aan die BOU van nuwe Afrikaanse skole, dat ons Lesufi vaarwel kan toeroep. Nuwe akademiese instellings waar ons ALLES kan swot waar ons die meriete voor het, en nie die regte velkleur soos benodig nie. Nuwe hospitale waar ons regverdiglik gekeurde kinders hulle opleiding kan ontvang, en ons oumensies en plaas- en ander aanvalslagoffers met die nodige respek en toewyding behandel kan word. Nuwe koshuise vir ons kinders van die platteland…Asb. Ek hoop van harte julle neem dit TER harte. Want dit is moeite om elke maand die bydraes te maak…gebruik dit waar ons voel dit saakmaak vir ons en ons kinders.

E.K. die eerste ·

Plegtig ek is ook geneig om met jou saam te stem. Ek glo die EFF en andere sal die vervolging van die aartsskelm en sy trawante opneem so moenie ons geld mors nie. Ek weet nie of ek verkeerd gelees het gister maar êrens het iemand genoem Gerrie Nel het Nieu Seeland toe verkas? Wel, wel…wat het hy toe ook dan so vreeslik gedoen? Nee wat moenie ons geld mors en spandeer dit soos Plegtig vra. Soos hulle sê die wiel draai end ie meule maal – ons bid dat die geregtigheid sal seëvier en intussen moet ons werkmaak om kinders op te lei en te bou. Dankie Plegtig vir jou mooi bydrae!

B-man ·

Ek dink Gerrie werk vir AfriForum… die AfriForum-regspan kan sekerlik nie dan vir AfriForum ‘n vaktuurtjie stuur ná so ‘n hofsaak en eis dat die rekening dadelik vereffen moet word nie?

Johannes f ·

Stem saam met plegtig.
Asb Afriforum bestee jou beskikbare fondse waar dit vir ons iets kan beteken. Regs aksies teen Jacob Zuma, Grace Mugabe, Duduzani Zuma ens beteken absoluut NIKS vir jou lede nie.
Hou op met die window dressing en spandeer jou lede se geld waar dit vir hul saak maak. As jy aktief en sigbaar betrokke raak by effektiewe vervolging van bv plaasmoordenaars sal ek beslis oorweeg om my bydrae te her aktiveer.

Willie ·

Die kader gaan als probeer om vervolging te keer… Ramaposa sal ongelukkig moet skoonmaak…

Willie ·

Wie was in Bloemfontein gewees? Ons het almal hard gebid. Dankie Here dat U ons gebed bewaarheid het.

Hans ·

Ek wag in spanning om te sien of dit gaan realiseer. Ek vra dit, daag jul uit om toe te sien dat sy vervolging plaasvind en regverdig gaan wees en nie korupt wees nie. Ek kyk uit na die dag dat hy tot verantwoording gebring word. Dit sal meer van n blye dag wees as vandag.

Nettie ·

Mooi AriForum ………………. laat waai , hoog tyd dat hy boet en tronk toe gaan !!!!!!!!!!!!!

anti verrotting ·

Natuurlik moet hy vervolg word!!
Hoe gouer – hoe beter!
Ook die guptas!!!

Eish ·

Wonderlike nuus. Mens sou graag hierdie nuus van die regering wou hoor.

Jacques Venter ·

He he he he madoda he he he
Does it hurt?
he he he he

Mb de Klerk ·

Gerrie Nel praat net. Ten spyte van sy grootpraat beloftes het daar vir ongeveer 2 jaar nog niks gebeur nie. N mens kan net hoop dat hy soos Alistair Coetzee n prestasieklousule in sy dienskontrak het

hendrik ·

Nou kan hy maar gerus vir ons sy nuwe deuntjie sing wat klink soos “bring my my oranje oorpak” want sy dae van bring my my masjiengeweer is nou verby.

Peet ·

Hoe wonderlik sal dit wees as ons hom sien in sy oranje pak
maar asb ek stem die guptas ook

Jacques Venter ·

Toe Zuma die ,Skerpioene gesluit het, was die skrif reeds aan die muur. Hy het vervolging vrygespring deur telkens die NVG deur mekaar te krap.

Goeie nuus. Hy het nie meer houvas nie.

Laat die gereg sy gang gaan

christa ·

kon nie vir beter adv as Gerrie gevra het nie, so ook Susan Galloway. Zuma se doppie gaan goed geklink word.

E.K. die eerste ·

MM – ek wou nog vra (tong-in-die-kies natuurlik) moes die berig oor Zuma se bedanking nie dalk onder GOEIE GOED op jul webwerf kom nie?! Ek moet sê die grappies op whatsapp wat ek deurentyd kry is VREKsnaaks, dit maak my dag sowaar.

Elizabeth ·

Hoera!!! Hoe gouer hoe beter. Z kan nie toegelaat word om ‘n enkele dag langer die vrugte te geniet wat van die belastingbetalers vervreem is nie. Laat hy voel hoe smaak pap en melk en hoe slaap ‘n sponsmatras op die vloer. Hy het nooit omgegee vir dié wat hom in sy sagte verebed gekussing gehou het nie.

jaco ·

As die staat nie wil vervolg nie, hoe vervolg jy privaat SONDER die polisie? En as die staat nie wil vervolg nie, gaan die staat se howe jou saak nie aanhoor nie. Al het jy al die bewyse dat die een wat jy self vervolg het, definitief skuldig is.

Daan Erasmus ·

Ek hoop ook Gerrie Nel het ‘n prestasie klousule in sy kontrak. Anders gaan sy prestasie dieselfde as die Springbokke onder Alistair Coetzee wees.

Oom Doug ·

Nou gaan dit interesant word. Dink julle of BEE sal afgeskaf word. Sal die wit man n grooter role he in die toekoms. Ons moet maar wag en sien.
Bly dat Zuma web is.

Nic ·

Plegtig, As die NVG nalaat om vir JZ en sy trawante te vervolg en Afriforum/Solidariteit doen ook niks nie, dan beteken dit dat JZ skotvry gaan afkom – dit sal die groen lig gee vir baie ander korrupsie-gevalle wat in die toekoms mag voorkom, aangesien ‘n presedent dan geskep word. Ja, ek stem in ‘n mate met Plegtig saam, maar korrupsie moet in sy spore gestuit word, al kos dit geld en opofferings van lede van Afriforum (soos ekself).

Mike de Beer ·

Asseblief doen alles om die man aan die kaak te stel? Asseblief. Ek sal kom help daarmee?
Hy het die land so ge ‘ “miss manage” en dan beweer hy dat hy nie verstaan waarom hy geherroep is nie? Ongelooflik.

Jerry ·

Wat het die vervolging van Zuma te doen met selfbeskikking en n volkstaat? Die vernedering van Zuma in die hof deur Afri-Forum sal die derde grootste fout in die geskiedenis van die witman in Afrika wees! Afri-Forum lede sal ernstig moet vrae vra mbt hierdie ondeursigtige wraak agenda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.