‘Ons vrees vir ons lewens’

Schalk en Leoni van der Merwe tydens die regstreekse uitsending op Facebook. Die egpaar is glo by ’n plek van veiligheid aangesien hulle vir hul lewens vrees.

Die entstof-aktivis Schalk van der Merwe en sy vrou, Leoni, is na afloop van hul vrylating Donderdag na ʼn plek van veiligheid geneem aangesien hulle glo vir hul lewens vrees.

Die egpaar het Saterdagaand in ʼn regstreekse uitsending op Facebook gesê dat “hulle baie goeie redes het” om bang te wees en dat hul inhegtenisneming niks anders as ʼn komplot is nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die Van der Merwes daarvan beskuldig word dat hulle ʼn lys van mense het wat hulle wil laat vermoor, en dat Van der Merwe glo dreigende e-posse aan sy eksvrou gestuur het.

Die egpaar het egter Saterdag gesê daar is slegs een klag van sameswering om moord te pleeg, en dat hulle eers later van die sogenaamde moordlys uitgevind het.

“Ons ken nie eens die ander sogenaamde slagoffers op die lys nie,” het Van der Merwe gesê.

Leoni meen die hele saak is ʼn “strik”.

Nare ervaring

Schalk en Leoni van der Merwe. (Foto: Facebook)

Hulle is einde verlede maand by ʼn winkelsentrum in Pretoria-Noord in hegtenis geneem en Donderdag op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Hulle was ʼn week lank by die Kgosi Mampuru-gevangenis aangehou – hy in die aanhoudingselle by die tronk en Leoni in ʼn geïsoleerde Covid-19-vertrek.

“Die was ʼn pynlike ervaring waardeur ek nooit weer wil gaan nie,” het Van der Merwe gesê.

Hy het glo reeds laringitis en middeloorontsteking onder lede gehad toe hy in hegtenis geneem is en voer aan dat hy geen mediese behandeling tydens sy aanhouding ontvang het nie. Dít nadat hy glo uitdruklik aan beamptes gesê het hy is siek.

Van der Merwe was sigbaar bleek toe hy Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn het, en het ook opgegooi.

Hoewel Leoni se aanhoudingservaring ietwat beter was, is sy ook sonder haar chroniese medikasie in hegtenis geneem en aangehou. Die egpaar het nie onthul waarvoor sy die medikasie gebruik nie.

Schalk van der Merwe en sy vrou, Leoni, is Donderdag borgtog van R5000 elk toegestaan (Foto: Tania Heyns, Maroela Media)

“Sy is van staal gemaak. Ek is so trots op haar,” het Van der Merwe tydens die uitsending gesê.

Van der Merwe sê hy is steeds siek, maar dat hy intussen private mediese behandeling by die plek van veiligheid ontvang het waar hulle tans tuisgaan.

Mike Bolhuis aan boord

Die egpaar het die private speurder Mike Bolhuis aangestel om nou namens hulle op te tree. Hul regspan, Vogel Ing., behartig hulle saak.

“Ons hoop dat die verhoor gou sal begin sodat ons kan aangaan met ons lewens.

“Intussen sal ons ons werk voortsit wat so skielik onderbreek is.”

Die egpaar sal op 6 April weer in die hof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Alta Alleman ·

Wonderlik hoe julle nou onskuldig pleit. Wat ek op Carte Blanche gekyk het is julle glad nie engele nie.

Harley Davidson ·

Ek het gedink dit is n komplot,die derde magte hou nie van mense wat teen die nuwe wêreld orde is nie.

Perdeby ·

Plek van veiligheid, julle is nie so onskuldig nie, julle moes gedink het voor julle mense so dreig.

Lubbe ·

Shame, dit gebeur as jy oor alles en almal wil wraak neem. Carte Blanche het dit baie duidelik gemaak. Julle hoort eintlik in die tronk.

Aai ·

Maar julle probleem julle het genoeg geld gemaak uit onskuldige mense gebruik dit maar en gaan kruip erens weg.

SlinkseKoljander ·

Hahaha die ou lyk sommer na n kans vatter, bly maar in julle wegkruip plek vir ewig.

Lodewyk ·

Arme, arme mense.
Eers is hulle toegesluit en aangehou en nou het hulle nog vir Bolhuis ook. Hulle beproewinge kry geen einde nie.
(Ek moet sê ek is baie skepties oor die waarheid van die beweringe teen hulle.)

Cherokee ·

Ken hulle van geen kant nie, maar ek is ôk skepties daaroor.

Lila ·

Snaaks hoe hy glad nie siek lyk op sy foto geneem by die PTA Noord Landdroshof na borg gegee is nie en ook dan nie op hul sogenaamde regstreekse uitsending Saterdagaand nie

Johann ·

Mmmmmm???? Eks soortvan ‘n aanhanger van CARTEBLANCH Sondae aande op kanaal 101. Veral die feit dat hulle die HELE storie ondersoek en nog altyd almal betrokke ‘n billike en regverdige kans gee om hulle kant van die storie te gee. Gaan kyk die insetsel op Carte Blanch en kyk wat die storie agter die “storie” is Hierdie twee is ALS behalwe die onskukdige paatjie wat hulle voordoen.

En as oupa Jacob die “sieikheid” storie kan spin, kan hulle seker ook try?

Jr ·

Wat ek op Carte Blanche gesien het, is julle veral die vrou waar jy so gelag het nie baie mooi mense. Hy wat eerste lag, lag laaste. Money can’t buy you class

Leon ·

Nee glad nie geregistreer by die prokureursorde tree net op in raadgewende hoedanigheid en natuurlik teen n groot fooi (lol)

Johann ·

Hang af wie jy vra? Volgens hom is hy n hele paar dinge(s)…

Human ·

Hoogs gekwalifiseerde boereverneuker van sommige Trotse Afrikaners en vele ander van wie die name onbekend is.

Leon ·

Ironies hoe die aanvaller altyd die slagoffer raak en dan simpatie soek.

Is jy seker? ·

Die karakter het my ook sleggesê & geblok toe ek vra wat presies sy dienste is. Hy het soos ‘n posmeester sy stempel op persverklarings gesit en oorwinning geskree. Hier gaan nog lelike dinge uitpeul.

Alfred E Neuman ·

N regte laventel haan wie se vere gepluk moet word. Dit is jammer hy het borgtog gekry.

Vexed ·

Intresant dat mense Carte Blanche as ‘n betroubare bron van inligting sal gebruik. Hulle is heel moontlik so skuldig as kan kom, wie weet, beslis nie Carte Banche nie.

Aai ·

Wonder wie van hulle vriende is gekry om nie saam te stem op Maroela snaaks?

Cherokee ·

Ek ken hulle van geen kant, maar weet hoe julle graag dieselfde rympie sing. Presies agter mekaar aan praat.

Chris ·

Ag asseblief tog. Kyk die mense te veel TV. Aandag soekers. Niemand het my nog oor ‘n telefoon, stemboodskap en of vonkpos enige skade berokken nie. Nog minder enige leed. Al wat ek weet die ou wat jou dreig is net bek. Pasop vir die ou wat niks sê nie. Hy piets vir jou. Laat my dink aan, “Hou my vas voordat ek die ou slaan”. Julle hoort in Hollywood.

pestilensie ·

Medikasie ??? Hoe Dan nou , Allen’s mos n komplot ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.