‘Ons waarde moet ons wapen word’

steve hofmeyr1

Steve Hofmeyr. Foto: Facebook

ʼn Beplande wegbly-aksie op 10 Oktober lok steeds gemengde reaksie op sosiale media uit.

Tot 1993 was 10 Oktober die amptelike vakansiedag, Krugerdag, en is meer onlangs gebruik vir sogenaamde “Red October”-veldtogte teen onder meer plaasmoorde.

Luidens ʼn video op die “Miljoen stemme vir Steve” Facebook-blad doen Steve Hofmeyr ʼn beroep op “Afrikaanses, Afrikaners, Boere en Blankes” om 10 Oktober ʼn landwye wegbly-aksie te steun.

“Dis taamlik duidelik dat Afrikaanses, Afrikaners, Boere en Blankes net goed genoeg is vir hulle geld. Wat die res betref, kan ons maar vermoor word, verkrag word, vermink word en as ons gelukkig is, ontken word. As ons enigste waarde dan ekonomies is, is dit presies wat ons wapen moet word,” het Hofmeyr gesê.

In ʼn onderhoud met Maroela Media het Hofmeyr gesê jy mag nie belasting ontduik nie, “maar niemand mag jou verbruikersgewoontes voorskryf nie”.

Hofmeyr meen dié datum is simbolies en dien as een van vele voorbeelde waar “ons vakansiedae en geloofsdae verwerp is vir die kommunistiese mylpale van ANC-geskiedenis”.

“Jy is reeds deel van ʼn geestelike wegblyaksie as jy steeds Krugerdag en Geloftedag vier ondanks wat jou regering vir jou uitspel,” het Hofmeyr bygevoeg.

Hofmeyr vertel verder daar sal op dié dag geen optog, geen memorandum en, helaas, geen verpligting wees nie. “Eintlik is niemand onmisbaar nie en moet ons vir elkeen dankbaar wees. Maar dit mag jou nie uitsluit op grond van jou velkleur nie, en as jy nie kan wegbly nie, moet beslis nie jou werk in gevaar stel nie,” het Hofmeyr gesê.

Volgens hom is daar verskeie vlakke waarop jy kan inskakel “soos om aankope te doen by plekke wat jou in jou taal bedien, besighede wat nie skaam is om jou mense aan te stel nie en nywerhede wat hulle nie roem op SEB-punte nie”.

Luidens ʼn verklaring van ToekomsVONK, is die wegbly-aksie ʼn inisiatief van ToekomsVONK, Vryheidsbeweging (VVB), VONKmedia, Boere en Bikers, Miljoen Stemme vir Steve (MSVS), PRAAG en die Vryheidsryerskommando.

“Die wegbly-aksie is in solidariteit teen die totale aanslag van die ANC-regering en rasgedrewe instansies op blankes van Suid-Afrika. Die ANC-regering is meer as gelukkig om wit belastinggeld van ons te eis, maar as minderheidsgroep in Suid-Afrika kry wit burgers weinig ondersteuning van die regering,” lui die verklaring.

Volgens die groep is die aksie om misnoeë uit te spreek teen onder meer plaasmoorde, marteling en moorde op bejaardes, die miskenning van taal, kultuur en erfenis asook toepassing van kwotas op sport- en werksgebiede.

ToekomsVONK het gesê dit is net die begin van die verset. “Toekomstige wegbly- en versetaksies sal selfs die boikot of weerhouding van belasting insluit. Dit is tyd dat blankes soos regmatige burgers beskou word; indien nie, eis ons die onmiddellike inwerkingstelling van ʼn soewereine staat vir ons mense,” lui die verklaring.

“Minderhede kan hulle meestal net op simboliese gebare beroep. Maar jy kan ʼn groot verskil maak aan jou en jou kinders se toekoms deur jou nietige bydrae net daar waar jy is. Selfs al versprei jy net hierdie uitnodiging. Vir die groot debat wat dit uitlok, het ons in beginsel reeds geslaag. Ons kry slegs teenkanting, soos natuurlik, van ons eie mense. Dit het my nog nooit ontspoor nie. As jy vir 356 dae per jaar werk om ander ryk te hou, kan jy 24 uur afstaan om ander daaroor te laat besin. Wat moet jy doen op die dag? Absoluut niks,” het Hofmeyr laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

ek stem Steve ·

@ Ek, sjoe dan sal ons ‘n uitstekende land he……. ons kan maar net droom neh

JC ·

Dankie, dankie, dankie, ons het UITEINDELIK wakker geskrik. Steve se ontleding IS BRILJANT! Sjoe, wat ‘n leier! Ek het reeds verlof ingesit vir 10 Oktober, en gaan ook nie winkels besoek op die dag nie. Hoera!

Koop by mekaar ·

Die beste is om net by mede afrikaners te koop en ophou om die wat teen ons is ekonomies te ondersteun.

Ek ·

Hy staan nog vir ons op….. Hy probeer iets! wat doen jy??? Sit en kyk hoe ons land vergaan…….

Linette ·

Wat de ongeluk …… As ek mos net 10/10/2017 wegbly, is ek mos ge-fire! Ek het nie die beskerming van ander personeel rondom my (my ‘boyfriend’, hou-vrou, die baas) in my kantoor om vir my te ‘cover’ as ek kamstig ‘siek’ is – terwyl ek eintlik babelas is of plein werk-lui is nie, soos dit hier by my kantoor gaan nie. Wat help dit nou ook ék gaan koop nie melk of brood op 10/10/2017 nie – ek sal dit net die vorige dag of die volgende dag doen, want ek moet brood en melk op my tafel hê. En al bly ek by die huis – op ‘n manier “steun” ek tog iemand iewers êrens in die land: ESCOM – ek gebruik krag; Dstv – ek kyk TV; Nestlé – ek drink koffie; my munisipaliteit – ek gebruik water. Nee wat, mens kan net nie van die ‘grid’ af kom nie.

zelda ·

Ag asseblief, moet nou nie die dam onder die eend se gat uitruk nie. Hy sê mos moenie jou werk in gevaarstel nie. Dis net om te bewys dat ons wit mense se geld tel wanneer dit die regering pas. As jy nie kan nie, dan “scroll” verby.

paperdoll ·

Linette vat n oomblik van jou kosbare tyd, en lees weer die berig. Nee een dag gaan nie rerig n verskil maak nie. maar as jy regtig n verskil wil maak . 1.Doen inkopies net by besighede wat jou taal ondersteun. (ELKE DAG VAN VANDAG AF. ) 2. Jou kleur in diens neem.3. Geen BEE het nie.

EN AS JY KAN , MOET NIE GAAN WERK NIE.

Lynette ·

Linette, met jou houding gaan jy nerens kom nie!!!! Jy kan verlof insit, nou al, en dan sal jy niks oorkom as jy tuis bly nie. Al koop jy die vorige dag wat jy benodig, sal dit wel iets beteken ad niemand op 10 de winkels toe gaan nie. Lees weer die artikel en dink oor wat gese word. Moenie net diy afskiet nie want dan verstaan jy niks.

verstom ·

Omdat ek alreeds in Afrikaans koop en ondersteun, stuur ek gerus die epos (skakel) aan al my kontakte om die wat in die groot stede bly, die aksie kan ondersteun.

Theresa ·

Met ‘n bietjie beplanning en wyer dink, is dit regtig nie so onmoontlik nie. Ek geniet ook die inkopie tyd meer! Dalk omdat ek weet ek ondersteun my mense wat steeds probeer om ‘n eerlike, werkende lewe te voer.

humor ·

Ons moet tot die besef kom toe hierdie regering aan bewind gekom het het nie blood n nuwe party aan die bewind gekom nie maar ons het n vyand oor ons gebring. n Vyand wat ons van alle volkswaardes beroof ons uit te moor en volksedentiteit te vernietig. Laat hierdie aksie plaas vind en verder eskaleer.

14/88 ·

Ek stem volledig saam met hierdie plan en sal dit toepas die 10de al is ek die enigste een by my werksplek wat die “cahunas” het om dit te doen.

JC ·

Ek ook. Laat ons dit doen, die blindes en liggelowiges sal weldra bykom! Al is dit net simbolies, dis ‘n stap IN DIE REGTE rigting!

Vee ·

Steve . . . kan ons dit skuif na my verjaarsdag datum . . . . 17 Okt ?
Wil graag net 1 dag NIKS doen nie
Asb !

Williew ·

Ek glo nog steeds dat Steve die regte persoonlikheid,dryf ens het om ‘n fantastiese Afrikaner Leiers figuur te wees.
Ek het al baie gehoop dat hy op ‘n manier tot die politiek sal toetree. Steve is nie net ‘n charismatiese leier nie,hy besef wat is die dinge wat saak maak waaroor gepraat moet word. En uit sy verlede weet ek ook dat hy nie ‘n rassis is nie,hy is iemand wat net baie ernstig oor sy volk,kultuur en taal is. Maar dit is feite,hy is nie iemand wat niks met anderskleuriges te doen wil he nie,tewens,ek weet van baie gevalle waar hy sy hand uitgereik het na anderskleuriges,en ook met hulle assosieer.
As ons iemand kon kies wat ons as ‘n leier wou he dan het Steve H my stemme beslis gekry.
Steve….jou land en jou volk het jou NOU nodig,soos in waaragtig NOU DRINGEND NODIG!!

Theresa ·

Steve en Thuli. WAT ‘n regeringskombinasie! Sterk, slim, intelligent, sakevernuf, regsadvies uit die boonste rakke met die volle integriteit daarmee saam. Val nie oor hul woorde nie (dit kan SO ‘n verleentheid skep as grootkoppe so stamel en huiwer met wat hul wil en moet sê) laaaaaaaaaang pouses tussendeur wat mens se aandag laat dwaal…
In plaas van malse dansies kan ons toegesing word! ‘n Mens so wel ter tale en met insig wat skrik vir niks = w e n n e r. Sal graag die 10e DV deelneem. Al is dit net om standpunt in te neem teen al die plaas-, kleinhoewe en ander moorde en martelings. Dis afskuwelik en dis tyd dat ons (die wat belangstel) iets (niks onwettigs nie) doen om ons standpunt duidelik uit te lig. Apatie sal nooit geregtigheid terugbring nie.

Jean ·

Stem %110 met jou Steve. Die probleem is net die blankes wil verandering he maar wil niks doen of opoffer nie…wil net agteroor sit en verwag dinge moet gebeur… Teminste kom Steve op met idees maar herlaas ek wed jou min blankes sal optree en hy Steve sal maar net weer gekruisig word deur sy eie liberale sogenaamde Judas Afrikaner ja broeders vir probeer,kyk maar …Hoe staan jy saam met sulke soort in jou gelederes Steve? Soos jy se teminste met sulke aksies kan jy as individu n verskil probeer maak maar saamstaan is wensdinkery….

Yster ·

Ek dink jy het die kot heeltemal aan die een kant verkeerd, gaan n bietjie dieper dan sien jy

Yster ·

Kom aan mense dis tyd, dis nou of nooit,wees deel , genoe is genoeg en ja ons maak dit werk. Go Steve

Boerseun ·

Pragtig! Pragtig! Pragtig! Ja, ons is net belastingmelkkoeie, en dan word die geld in die oorlog teen ons gebruik. Boonop sink ons weg in ‘n skuldmoeras. Hoe kan daar van ons verwag word om 40 miljoen mense te onderhou? Dit is nie volhoubaar nie. Ons sal die rykste volk in die wereld wees, as die Boere se belastinggeld vir hulself aangewend word, en nie vir ander volke nie! Boerebelasting vir die Boerevolk! ‘n Eie sowereine staat vry van die kommunistiese Boerehatende en engelspratende regime is al wat ons eis!

thea ·

ek steun vir Steve al die pad, ek gaan koek bak vir my kleinkinders en die dag saam met hulle geniet

Williew ·

Ek het net EEN vraag aan ons agbare president en ons regering,wat so graag die term “Wit monopolie kapitaal” gebruik,besef hulle dat in werklikheid “wit monopolie kapitaal” en “wit belastings kapitaal” eintlik maar dieselfde ding is,vir die een term is hulle vreeslik lief en die ander term haat hulle en gebruik dit soos dit hulle pas…ek wens hulle het ‘wit belastings kapitaal” net so gehaat soos hulle “wit monopolie kapitaal” haat…..

Andre ·

Werklik Williew? Dan moet die man wat volgens sy eie erkenning ja gestem het vir die NSA, met ‘n Engelse vrou getroud was en sy kinders in Engels laat onderrig het, jou leier word. Net nie myne nie asseblief!

Arno ·

Al lankal gese ons moet opstaan en n goeie begin is om op te hou om belasting te betaal. Wat gaan hulle doen ons almal op een slag toesluit? Ek is in was nog altyd. Wat kan jou werk doen? Jou fire omdat jy opstaan vir regverdigheid?

estelle ·

Dis nou net soos ons afrikaners is. Kritiseer vir Steve en maak n grap van alles. Ja nee, kon nog nooit saamstaan nie… Ten minste is Steve nie bang om sy sê te se NAMENS van hierdie negatiewe mense nie. Go Steve dankie dat jy baklei vir ons

Burger ·

En ons vernietig ons eie pogings met ons “pride”gesindheid . Niemand het repek vir ons nie.

JC ·

Wat jy nou se is met respek absoluut onwaar. Ek is bly jy is nie in ons kamp nie, want sulke tipe PERSONE (Afrikaners?? nee ek dink nie so nie) wil bly ronddobber soos opdrifsels op ‘n plaat eindelose oseean van verwaandheid, EIEBELANG (eie ek) en liggelowigheid, of sal hulle wakkerskrik en hul geskiedenis en herkoms opeis?! En dis volkstrots, nie “pride” nie!

Dawie Smit ·

Ons vir Jou Sud Afrika. Dankie STEVE!!!! 10 Oktober doen ek NIKS!!!!

Ronell ·

En Ja. Party van julle het baie te sê maar tog doen julle so min…! Put your money where your mouth is! WAT IS JULLE VOORSTELLE????

Veritas ·

Wie ookal vir Steve Hofmyer stem vir president is wraggies met min tevrede.

Willie ·

Bly weg, moet nie geld te spandeer nie… Kyk wie is die werkers, en die wittes kry nie werk nie… Ons geld is goed genoeg…. Afrikaans is taboe, maar die meerdere wat moor en roof, kan in daai taal bedel… word wakker wit Afrikaner… kyk hoe word ons vermoor!!!

Burger ·

Jc , ons het so baie om te bied . Hier is wit mense in die land wat regtig net n kans wil he om te help herbou en vir ander te wys die waarde wat ons kan bied . Hulle soek nie eer vir hulself nie .

Daar is nie vertroue dat daar wit mense is met n opregte gesindheid , wat bereid om te deel nie. Die huidige regering verkondig dit, net om te kan plunder . Ons raak weer net meer hardegat . Jy hoef nie eers standard 6 te he om die uiteinde te voorsien nie.

The demon of pride was born with us and will not die one hour before us – Charles Spurgeon

Asb ·

Koop of spandeer geen SENT op 10 OKt…KRUGER DAG….9 Okt.. KOOP DUBBEL brood melk petrol as jy vergeet bly sonder dit…OOK JOU KINDERS..Leer en wys vir jouself wie is in beheer van jou GELD. Beplan en DOEN en voel hoe VOEL SELFBEMAGTIGING of BESKIKING op 11 Okt 2017.

Leahim ·

Ek en my familie is in tyd om standpunt in te neem en te se genoeg is genoeg

Yster ·

As jy die naam in Engels Patriot translate na Afrikaans, beteken dit Vaderlander, Onse Vaderlander Steve het die Guts en die Glory, Go Steve!!!!

Chris ·

Luidens ʼn verklaring van ToekomsVONK, is die wegbly-aksie ʼn inisiatief van ToekomsVONK, Vryheidsbeweging (VVB), VONKmedia, Boere en Bikers, Miljoen Stemme vir Steve (MSVS), PRAAG en die Vryheidsryerskommando
Say no more……..

HPV ·

Uitstekende voorstel! Ek gaan ons besigheid toemaak, hoef dan ook nie werknemers se salarisse te betaal.

Trots Afrikaans ·

Ek koop reeds Afrikaans. As ‘n produk Afrikaans op die etiket het, koop ek dit bo ander produkte. As daar ‘n Afrikaanse reklama is, ondersteun ek die produk. As die winkel my in Afrikaans help, help ek hulle omset.

Ek is Afrikaans. Ek praat my taal suiwer. Ek doen dit met trots. Hoe harder hulle my druk, hoe harder druk ek terug.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Anoniem ·

Hier is te min Afrikaners wat sal saam staan. Hul monde is groot maar deug bestaan nie. EK STEM VIR STEVE HOFMEYER AS PRESIDENT!!!!!!

humor ·

Moet ook nie die dag rondry nie want daar is petrolmaatskapye wat ook nie n liefde vir die AFRIKANER het nie.

Elsie ·

En as ons wegbly, en word gefire???? Mnr wie sorg dan vir ons

Uvonka ·

Ai Elsie, lees weer die berig! As jy nie van die werk af kan / wil wegbly nie, ondersteun dan op die maniere soos in die berig genoem.

Theresa ·

Elke werker oral in die land – wie jy ookal is en waar jy ookal werk – het 15 dae MINIMUM verlofdae per jaar. DIs arbeidswet. neem ‘n daggie, toe?! en soos hy baie duidelik sê: moenie afneem as dit jou jou werk gaan kos nie. As jy nou al daardie dag verlof insit, sal enige redelike besigheidseienaar dit nie sommer weier nie. Jy sal weet. Soos hy ook sê: neem dan op al die ander maniere deel as jy regtig nie kan afneem nie. Staan net saam!

gatiep ·

Dankie Steve lankal gesien jy is op die regte pad ons maak so.
Hoekom sal mense nou beledigings gooi na Steve .Wat is julle agenda?
Julle kan mos maar net stil bly en aangaan met julle lewe.Julle laat my dink aan die klomp lingses wat soos kinders aangaan in die USA se strate en almal beledig as n rassis wat vir Trump stem.

marous ·

Dag se verlof …onbetaald is ook goed. Bly by die huis en gebruik nie selfoon nie. Tv lankal afgesit.

Ada ·

Ek merk op hierdie kommentare dat daar werklik ‘n klomp libs op hierdie nuus reageer. Indien die libs nie saamstem nie hoef hulle nie want soos al voorheen gese – die libs is net ‘n las wat gedra moet word en wat positiewe energie steel. Bly weg van hulle af en moet nie op hulle kommentare reageer nie want hulle is mal daaroor.

Carin ·

Steve ek staan langs jou my pel. Ek het al gese jy moet president word. Jy is die enigste een wat baklei vir wit en ons land. Go Steve!!!!!! Ek vat af die 10de Oktober 2017.

Susan ·

Ditsem…. genoeg is genoeg. Ons Moët leer om saam te staan..

Uvonka ·

Al is ek Ingels, klop my hart warm vir Afrikaans/ners, ons land en ons behoud.

Johan Pretorius ·

Ons moet n stappie verder gaan en DSTV boikot omdat daardie instansie die Blankes help vervreem het te duur geword ondersteun kwotasport etc..
Neem van daardie geldjie en sluit by Afriforum aan omdat hulle ledetal wesenlik is en dat hulle ons saak korrek benader..
Ek wil verder versoek dat ons dieselfde met die ATKV moet doen omdat hulle n fokus het om die voorheen benadeelde landsburgers n prioriteit te maak..
Dankie

Haan ·

Televisie is die middel waardeur ons volk se hart vergiftig, verdraai en verwoes word! Ek lees veel eerder, veral Maroela Media

Therese van Schalkwyk ·

‘n Skitterende inisiatief!

SA blankes se “waarde is inderdaad hul enigste wapen”. Die Spur-boikot het dit tog deur en deur bevestig.

Die “Rooi Oktober”-veldtog teen plaasmoorde ‘n paar jaar gelede is geesdriftig in die buiteland ondersteun, maar apatiese Suid-Afrikaners en die SA pers het dit grootliks afgemaak as belaglik.

Te oordeel aan bostaande kommentare, asook dié in ander Afrikaanse media, word nog ‘n mislukking vir komende 10 Oktober voorspel. Hoe jammer.

Ouma ·

Hoekom is ons Afrikaners tog so dwarstrekkerig en wil nie dinge ondersteun wat ons stem sterker kan maak nie. Gelukkig is daar baie wat dit wil doen. Maar dit sal net soveel beter wees as almal vir ‘n slag kan saamstaan. Hoe moeilik kan dit wees? Bly die 10de Okt weg uit die winkels as jy nie kan afkry nie.

Ouma ·

Op 10 Okt is ek ook af om NIKS te doen nie! Jy hoéf nie tuis te bly nie. Moet net nie winkels toe gaan nie! Hou jou geld in jou beursie. Om vir ‘n héle week NIKS te koop nie, sal ‘n beter uitwerking hê. (op jou begroting ook). Doen dinge asof jy op ‘n ver plaas bly en nie winkels naby jou het nie. Raak kreatief met dit wat jy in die huis het, en beplan vooruit.

Ek wonder nog die heeltyd terwyl ek lees: waar kry mens nog Supermarkte wat jou in Afrikaans bedien? Hier in Johannesburg is dit ‘n skaarste. Ons slagter doen dit darm. So, hôm kan ek darm ondersteun….

Dit is alles goed en wel om te doen wat Steve voorstel: Maar ek dink, ons land het BIDDELOOS geword, en nou kan ons nie verstaan waarom dit sleg met ons gaan nie. Dit is asof mense skaam geword het om bymekaar te kom en te bid vir ons land en sy mense. Ons glo nie meer die Die Here sê as julle julle vir My skaam, sal ek My ook vir julle skaam. Dalk kan ons almal op dié dag van NIKS doen, ons oë sluit en die Here érnstig aanroep en vra om ons Afrikaanses, Afrikaners, Boere, en blankes genadig te wees en ons te vergewe dat ons leef asof daar nie meer ‘n God is nie.

Haan ·

Baie waar Ouma. Ons Afrikaners, met ons harde nekke en ons trotse harte, sal onsself voor Hom moet VEROOTMOEDIG. Want die Here was, is en sal altyd ons enigste verlossing wees

J ·

Dstv lankal af ATKV benodig mens geen bril om te sien wat skort. Kom voor Burgers oorsee sien en voel en begin optree soos ware patriotte .. Wat makeer inwoners in SA om MEER eenvormig op te tree? WARE GELOOF?

Marina ·

Ek steun Steve wat regtig ‘n passie het vir ons Afrikaners. My vraag is net wat gaan die dag daarna gebeur? Gaan ons iets bereik om dit te doen? Die “mense” gaan net terugsit en in ons gesigte vir ons lag. Wegblyaksie gaan ongelukkig nie al die moorde ens teen ons stop nie, wat doen ons DAADWERKLIK?

Therese van Schalkwyk ·

Marina

Behalwe om letterlik die wapen op te neem, wat beslis buite die kwessie is, is daar niks méér daadwerkliks en pro-aktief as om op 10 Oktober te demonstreer hóé ‘n Suid-Afrika lyk met geen enkele blanke op sy normale pos nie.
Besware en verskonings weeg egter veels te swaar …

Tânia ·

Ek sit verlof in vir die dag. Afrikaans is soooooo ‘n lekker taal. Die musiek van ons Suid Afrikaners is puik. Ons het ver gekom, ons kan nog verder gaan. Groete en liefde, Porra – Boere Meisie.

Debbie ·

What about the English-speaking South African’s, who support your voice and views ! you need their support to ! I think you should address them in English.. They might be more sympathetic to your cause!

Onverstok ·

Waarde as wapen? Watter waarde Steve? Of is dit net ‘n opskrif? Ek het gesukkel om te konsentreer regdeur die artikel. Nie gesien dat daar na waardes verwys word nie. Helaas…

Therese van Schalkwyk ·

Adam

Ek vind dit weer erger as “koddig” dat ons niks doen terwyl mede-Afrikaners links en regs rondom ons op die wreedste wyses denkbaar gemartel en vermoor word. Niks behalwe om ons net meer en meer agter veiligheidsmure te verskans en te hoop dit tref jou nie.

Reg oor die wêreld staan mense op en saam oor sake wat vir hulle belangrik is. Wat maak die Afrikaner so spesiaal en anders?

Marietjie ·

Ons werk, ja dit is belangrik maar ek glo as elke wit mens (of enige wat wil saam staan maak nie saak wat jou ras nie) daai dag (1 DAG) nie n enkele ding koop by enige plek of gaan uit eet nie… sal dit n hengse inpak he. Tyd dat mense met selde doel wit “gelykheid” saam staan is dit dan nou nie waarvoor Hulle SO aan gegaan het vir jare nie en nog doen (nou net in hul eie kultuur groepe)…. hulle kan nie hulle stand punt oorbring sonder geweld. ONS KAN…. DOEN NET MOOI NIKS VIR EENDAG EN SIEN WAT GEBEUR. Sit verlof in vir daai dag as jy moet.

susan ·

Ondersteun geensins ander besighede in my dorp nie. Waarom nou net 10 Oktober uitsonder. Werk op kommissie en Dinsdae in die geval 10 Oktober is veiling. Gaan hy my vergoed vir daardie dag vir die dag? Hy sing baie mooi skoenmaker hou jou by jou lees.

Ria ·

Dankie Steve ons het meer mense soos jy nodig, en die klomp wat so moun oor jou voorstel moenie huil die dag as dit te laat is nie, hulle kon nou iets begin doen het. Steve vir President!!!!!!

Boerseun ·

Steve jy bly n yster,wens ons almal het jou guts gehad, hou so aan asb.

Elfie ·

Ek salute Steve… Hy het goeie, sterk leierseienskappe. Steve vir president!! Iemand wat omgee vir ons geskiedenis en kultuur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.