‘Ons weier’ – welsynsorganisasies oor die sentralisering van skenkings

Iné Bester van Saai help Dinsdagoggend bokse kos aflaai. (Foto: Verskaf)

Verskeie organisasies het aangedui dat hulle onverpoosd voortgaan met die verspreiding van kos onder behoeftiges ten spyte van verskeie regeringsdepartemente se pogings die afgelope week om die verspreiding van kos aan behoeftiges te sentraliseer.

Die direkteur vir die koordinering van kos en voedingsversekering, wat deel vorm van die departement van beplaning, monitering en evaluasie, het verlede week ʼn beleidsriglyn uitgereik wat bepaal dat alle verspreiding van kos deur die departement van maatskaplike ontwikkeling gekoördineer moet word. Kos sal hiervolgens by provinsiale verspreidingsentrums afgelaai en van daar versprei word.

Die doel hiermee, lui die skrywe, is om te verseker dat kos op ʼn effektiewe wyse versprei word. Provinsies soos Gauteng en die Vrystaat het reeds na aanleiding hiervan kennisgewings uitgestuur waarvolgens die verspreiding van voedsel gereguleer moet word. Organisasies moet ook formeel aansoek doen om permitte indien hulle kos wil versprei. Verskeie organisasies en politieke partye meen die regering maak dit onnodig moeilik vir welsynsorganisies om armes by te staan en dat sentralisering van voedselverspreiding net tot verdere korrupsie en oneffektiwiteit sal lei. Die DA praat selfs van die regering se “obsessie” met permitte, tot die nadeel van armes wat honger ly.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het Dinsdag gesê dié burgerregteorganisasie gaan voort met die verspreiding van kos tydens die afsonderingstydperk aangesien daar geen regsbasis is vir die departement se pogings om die verspreiding van kos onder regeringsbeheer te sentraliseer nie.

“Die burgerlike samelewing het ’n rol om te speel in hierdie noodsituasie en ons sal voortgaan met die uitvoering van hierdie rol, ongeag mense wat die verspreiding van voedsel wederregtelik wil sentraliseer,” sê Cameron in ʼn verklaring.

Luidens die verklaring het AfriForum en die familieboerenetwerk Saai in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s-projek ʼn taakmag gestig vir die verspreiding van kos onder behoeftige individue, gesinne en instansies soos kinderhuise, tehuise vir bejaardes en klinieke regoor die land.

Dié taakmag het Dinsdag meer as tien ton sitrusprodukte by 20 tehuise in die omgewing van Pretoria afgelewer. Solidariteit Helpende Hand het ook tien ton sitrus na Benoni gestuur vir verspreiding onder behoeftiges.

Helpende Hand en Saai het dié geskenkte naartjies uitgedeel. (Foto: Verskaf)

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dié organisasie se posisie is duidelik ten opsigte van die regulering van skenkings: “Ons gaan nie toelaat dat die skenkings wat boere aan ons toevertrou om aan die mees kwesbare mense te versprei, deur die regering gereguleer word nie,” het Rossouw gesê.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai, sê die organisasie sou dit miskien oorweeg het indien die regering nie ’n geskiedenis van korrupsie en nepotisme op alle regeringsvlakke gehad het nie. “Ons kan ongelukkig nie die regering se rassistiese kriteria vir noodhulp of die magsbeheptheid van ministers met hul onsinnige regulasies ondersteun nie.” Volgens Rossouw het Solidariteit Helpende Hand reeds aan Saai se regspan opdrag gegee om die wetlikheid van die beleidsriglyn te ondersoek.

Die sakegroep Sakeliga en sy lede het ook vandag ’n skenking van R200 000 aan Solidariteit Helpende Hand aangekondig.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê die geld is slegs vir private welwillendheid en mag nie aan die staat oorgedra word nie. “Ons skenk hierdie R200 000 vir noodleniging aan mense wat onder die inperkingsregulasies ly. Ons voorwaarde is dat die geld of hulp wat daarmee gekoop word nie aan die staat oorhandig mag word nie, maar direk in gemeenskappe aangewend moet word.”

Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder by AfriForum, het Dinsdagoggend gehelp om vars vrugte in Pretoria te versprei. (Foto: Verskaf)

Le Roux sê dit het in die afgelope dae geblyk dat dele van die staat hulself die alleenreg op die verskaffing van welwillendheid probeer toe-eien.“Die staatskaping en -sentralisering van noodleniging kom neer op die nasionalisering van welwillendheid,” sê Le Roux. “Dit is onaanvaarbaar – welwillendheidsorganisasies moet onafhanklik wees en vervul juis ’n rol wat die staat nie kan of wil vervul nie.”

Die DA sê nie-winsgewende organisasies is gefrustreerd daarmee om telkens aansoek te doen vir permitte voordat hulle kos kan versprei. Volgens dié party weet hulle ook van individue wat gearresteer is toe hulle probeer kos uitdeel, omdat hulle nie oor die nodige dokumentasie beskik wat toestemming hiervoor gee nie. “Eerder as om hierdie organisasies te ondersteun, maak die regering dit onmoontlik vir hulle om hul werk te doen,” sê die party.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het aan Maroela Media gesê dié organisasie sal dit nie toelaat dat die departement skenkings reguleer nie.

Die VF Plus het ook sy misnoeë oor die sentralisering van voedselverspreiding uitgespreek.

Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter en LPW in Gauteng, meen dat die riglyne wat bepaal dat alle skenkings deur  provinsiale departemente ontvang en versprei moet word, moontlik ongrondwetlik is aangesien dit teenstrydig is met artikel 11 van die Grondwet, wat die reg op lewe waarborg en artikel 27(1)(b) wat die toegang tot genoegsame kos en water waarborg.

“’n Saak kan uitgemaak word dat dood weens honger ’n groter waarskynlikheid is as een weens Covid-19. Gegewe die Gauteng-regering se probleme om tans spoedeisend kospakkies by behoeftiges uit te kry sal die sentralisering van voedselnoodleniging die probleme net verder vererger en veroorsaak dat mense aan hongerverwante siektes kan sterf,” sê Alberts.

Alberts het bygevoeg dat die riglyne ook bots met die doelwitte waaraan regulasies en direktiewe in terme van artikel 27(3) van die Rampbestuurswet moet voldoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Arnold ·

Ons weet wat die regering se eintlike doel is hiermee……..hulle wil geen hulp laat gaan na witmense toe nie so ek stem witmense moet hulle verset teen sulke regulasies en hulle mede blankes self help.

Burgermeester ·

Die ANC het ‘m regte mentaliteit van ‘entitlement’ geskep, hulle dink alles moet hulle toekom.

Ivana ·

Ek dink die hele virus word uit verband geruk om ons blankes by te kom. Hulle het geen beheer oor hul eie mense nie. Los die lockdown en laat elkeen vir homself en sy familie verantwoordelikheid neem. Ons is in tronke, maar moet vir ons eie kos sorg. Ek is en ek glo talle mede Afrikaners keelvol dat die ANC ons wil regeer dan moet hulle maandeliks ook vir ons sorg, ons ons salarisse betaal vir niksdoen en sien dat ons versorg is. Wie gee hulle die reg om vir ons te vertel hoe om te leef

Willem ·

Hoekom is almal te bang om te sê dat die ANC en sy kaders sonder om te blik of te bloos weier om kospakkies aan verarmde witmense uit te gee? Daar was selfs ‘n geval waar hulle kos onder dreigement van geweld by witmense afgevat het. Nou wil hulle al die organisasies dwing om die kos by hulle af te lewer met ‘n belofte dat hulle dit onder almal sal versprei. Theo de Jager is reg – ons kan hulle nie vertrou nie.

Anel ·

Het hulle al gedink wat gaan gebeur as die boere besluit hulle stuur niks mark toe nie en verkoop slegs aan blankes?
Komunistiese rassistiese regering. Die Here sê mens moet bid vir jou leiers maar ek glo nie Hy sal my verkwalik as ek dit nie meer onder hierdie omstandighede kan doen. Dit help nie eers meer om te bid dat hulle wysheid sal kry nie.

Wondermaarnet ·

Die Bybel sê ook jy moet jou naaste liefhê soos jyself, maar ek sukkel bietjie daarmee.

Helizna ·

Bid vir hulle spoedige verwydering. Dan bid jy mos vir hulle.

ES ·

Is dit nie snaaks hoe die regering permitte vir als wil instel, net soos wat die vorige regering gedoen het nie. Hulle wil kamstig als verbeter en verander maar hul keer terug na dit wat hulle teengestaan het. Ek kan net my kop skud.

Tokkel ·

Ek wil sien watter mense stop boere/organisasies wat hongermense wil voed. Hongermense sal verwoesting saai, glo vir my!

Fedup ·

The anc won’t recognise any guideline even if it hit them in the face. Good for you for ignoring the circus and their every second new rules. They can go suck it.

Pierre ·

Common sense, is not so common after all in our government….

Fedup ·

I agree. That is why stupidity is the new common sense in that circus.

Wondermaarnet ·

Die fat cats wil dit sentraliseer sodat hulle nog meer het en hul eie nasie krepeer voor hul oë.

Nell ·

Mooi so. Wys die klomp paloekas waar Dawid die wortels gegrawe het!!!

JohanR ·

Moenie bekommer nie! Wag nou vir Cyril Ramaphosa on aantekondig dat jy mag gekleurde 2ply toilet papier met blommetjies en skeeps ankers daarop gebruik, en dan die volgende aand vir NDZ om te se jy mag net wit 1ply toilet papier gebruik, en nog beter om toilet papier te spaar gebruik net koerante!

Snowball ·

Die regering is nie in staat om ‘n dronknes in ‘n brouery te reël nie, nou wil hulle die vernuf en welwillendheid van ander organisasies kaap. Hulle wil die ANC stickertjie op daai kospakkie plak voordat hulle dit vir die armes (wie se ellende grotendeels deur die ANC gespuis veroorsaak is) gaan uitdeel.
Só kan hulle die redders wees van die drenkelinge wat hulle self oorboord gegooi het. En die volgende verkiesing word die skuld opgeroep, en betaal daai mense terug (soos soveel keer in die verlede) met ‘n stem vir die party wat die toekoms letterlik uit hulle kinders se monde verorber.

Petrus Johannes ·

Die skelms wil als vir hul neem en niks vir ons blankes last kry nie.Hul gee ook nie regtig om vir hul mense nie.

Lizanda ·

Die regering speel met vuur……..ons almal weet wat gebeur dan…..op een of ander staduim verbrand jy jou vingers………

Dirk ·

Die regerende party wil die kospakkies sentraal inneem en “effektief” versprei deur ń ‘mooi’ geel hempie daarby te sit en dán te sê “SIEN ONS HELP JULLE so VOTE VIR ONS!!”.

Jr ·

VIVA VIVA SOLADARITY. VIVA AFRIFORUM. SIEN HOE LEKKER TOI TOI EK EN SING BOERE PROTES LIEDJIES IN MY SITKAMER MET MY VUIS IN DIE LUG. MOOI AFRIFORUM EN SOLIDARITY

Tienie ·

So lekker om na die foto’s te kyk. Ek geniet wat ek sien.

My eie mense sorg vir my eie behoeftige mense.

Dankie HERE…

Stefan ·

Net as jy dink die regering het als reefs opgefoeter blyk daar nòg iets te wees om op te foeter.
Het die ouens glad nie ‘n gewete nie?

AmY ·

Ek sál vir die lidmate in my kerk kospakkkies vat. Ek weet presies waar is die werklike nood.

Henry ·

Sou die korrupte en rassistiese regering sentralisering deur wette afdwing, dan is dit eenvoudig: Ons sit n 50 sent prys op die kospakkie en ‘verkoop’ dit aan ons mense wat dit nodig het. Dan is dit n koop transaksie en nie n skenking nie.

Marieta ·

Puik idee. Wil dan sien hoe belet hulle die verkoop van voedsel. Maar maak dit net n sent per pakkie. Anders sal die gulsiges waaragtig dalk nog belasti g op die 50c wil hef, ook.

Hydi ·

Hongersnood is minderheidsgroepe se voorland as regering dit gaan regkry.

Gerhard ·

Ons is alewig te bekommerd oor almal en alles , tyd laat ons vir onsself begin dink , en besluite vir ons eie beswil neem … ons mag net deelneem met belastingtyd … maar vir die res is ons uitgesluit … stem saam met theo de jager … ons sal nie ons laat voorskryf deur anc grille en nukke nie . Een ding het baie bitter duidelik uitgekom in die afsondering … ons is nie deel nie … ons staan alleen

Martie Smartie ·

Dis nou tyd vir Solidariteit om n fonds te begin om n persentasie van belastinggeld in te samel in n trust fonds en dan toe te ken aan wit besighede wat swaar kry wat aansoek doen en waarteen die staat diskrimineer op grond van ras. As mense/ besighede net so 20 tot 30% van hul belasting daarin betaal ipv aan SARS, kan wit besighede gehelp word. Dus n manier om die grondwetlike plig wat die regering versuim oor te neem terwyl mense steeds belasting betaal aan die staat. Burgelike verset en samewerking tegelyk en uitvoer van pligte wat staat weens rasse diskriminasie versuim.

Pio ·

Dis omtrent tyd dat iemand opstaan teen die ondeurdagte besluite van die Regering. Ons ondersteun julle 100%!!! Dis tyd vir besighede en sakeondernemings om self te besluit wanneer hulle hul deure opmaak, Met al die nodige voorsiening in plek natuurlik. Om te wag vir Ramaphosa sal katistrofies wees vir ons land en al sy mense.

Boertjie ·

Ons kerk doen dit op ‘n baie oulike manier. Die pastoor verkoop die kospakkies. Teen 1c. En as jy nie 1c het nie, gee hy vir jou 1c om die kospakkie te koop. So hy deel nie uit nie. Dis ‘n noodsaaklike diens en hy bly binne die wet :-)

Amatambo ·

Kry so 3 dae gelede ‘n e-pos van ‘n vriend in Kanada waar ‘n artikel gepubliseer is waar kos aan mense in een of ander blanke plakkerskamp hier by ons verbied is… salkyk of ek dit dalk weer in die hande kankry en hier opsit – dis ‘n skreiende skande wat ten hemele skreeu wanneer hierdie ANC regering lewensnoodsaaklike middele vir blankes verbied…

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan laai nou vragte vars plaas produkte af by die Staatspakhuise en die goed le en vrot word, of woord verkoop. Nee wat, hulle se sterre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.