Onsekerheid oor nuwe Covid-19-variant

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid, het Vrydag tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie gesê die aankondiging van die nuwe Covid-19-variant in die land, genaamd B.1.1.529, het kommer en groot onsekerheid gewek. Dit is omdat daar nog nie veel inligting is oor hoe dié variant gaan ontwikkel nie.

Wetenskaplikes het Donderdag gewaarsku dat ʼn nuwe Covid-19-variant minstens 32 mutasies bevat. Die mutasies is glo in die stekelproteïen geleë, die deel van die virus wat die meeste entstowwe gebruik om die immuunstelsel teen Covid-19 te bevorder.

Volgens Phaahla blyk dit uit voorlopige navorsing dat die nuwe variant meer oordraagbaar is, maar daar is nog nie konkrete bewyse daarvoor nie.

Prof. Ian Sanne van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) sê die feit dat die gevalle baie vinnig toeneem, kan ʼn aanduiding wees dat dit meer oordraagbaar is. Daar is teen Donderdag byna 2 500 nuwe infeksies landwyd aangemeld.

Sanne sê dit wil voorkom asof die variant reeds oor die hele land versprei het.

Hy sê daar is ook nog geen bewyse dat die variant dodeliker is as die ander variante nie.

Phaahla sê dit is ook nog te vroeg om te sê of die entstof wel doeltreffend teen die nuwe variant is. “Ons kan wel sien daar is minder hospitaalopnames onder diegene wat ingeënt is as diegene wat nie ingeënt is nie. Daarom is dit noodsaaklik dat Suid-Afrikaners steeds hul inentings kry.”

Phaahla het bevestig niks is nog oor strenger inperkingsregulasies besluit nie. Hy het egter die versekering gegee dat daar nie beperkings op interprovinsiale reise sal wees nie.

Pres. Cyril Ramaphosa vergader wel Sondag met die nasionale Covid-19-bevelsraad om die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie te bespreek.

‘Reisbeperkings ongegrond’

Ná die aankondiging oor die nuwe variant het die Verenigde Koninkryk (VK) besluit om Suid-Afrika weer op die rooilys te plaas. Phaahla sê die VK het nie dié besluit met Suid-Afrika bespreek nie.

Volgens dr. Nicholas Crisp, waarnemende direkteur-generaal van gesondheid, was dié besluit nie “opbouend” nie.

Talle lande, waaronder Duitsland, Italië, Israel, Nederland, Frankryk en Singapoer, het reeds aangedui dat hulle hul grense vir Suid-Afrikaners sluit.

Volgens Phaahla is die reaksie van lande om reisbeperkings in te stel, drakonies en strydig met die norme en standaarde van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Phaahla meen ander lande probeer Suid-Afrika nou as sondebok afmaak.

“As ʼn variant in ʼn land opgespoor word, is dit nie noodwendig te sê dat die variant in daardie land ontstaan het nie.

“Suid-Afrika word nou deur ander lande gestraf, maar van dié lande het veel meer nuwe daaglikse Covid-19-infeksies. Van die Europese lande staan op meer as 50 000 nuwe daaglikse infeksies. As jy byvoorbeeld Duitsland en Oostenryk se infeksies saamvoeg, sal dit meer as 100 000 per dag wees.

“In plaas daarvan dat die blaam nou op iemand of ʼn land geplaas word, moet ons eerder saamstaan en hierdie virus beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietertjie

Wat ‘n grap. Hulle weet nog nie hoe die nuwe variant werk nie, die nuwe variant het al oor die hele land versprei, dis waarskynlik meer aansteeklik as die vorige variant, MAAR: daar is die afgelope tyd geen verandering in die inperkings nie, en die positiwiteitskoers bly baie laag. Iemand lieg dat dit klap.

casper

Regering se hulle weet nie so ons maak die grense toe, niemand op strand en bly in julle huise !!Lekker ma lekker !!

Harley Davidson

Daar is reeds lankal terug besluit om SA in lockdown te plaas in Desember so ek weet nie meer wat aangaan met die nuwe wêreld order nie.

SjN

Onsekerheid van die kaders het gelei tot die land se rommel status.

Kwikkie12

Die hele wêreld is nou in paniek die markte het geval oor iets wat nog “onseker” is?? Hoekom dit uitbasuin nie voor julle meer konkrete bewyse het nie! Die wetenskaplikes se “five minutes of fame” of werklik iets om oor bekommerd te wees gaan eers oor ‘n paar weke bevestig kan word! Wanneer gaan Sjina gedagvaar word vir wat hulle aan die wêreld gedoen het…