Onskuldig, sê appèlhof oor Coligny-twee

Pieter Doorewaard en Pillip Schutte tydens hul borgtogaansoek. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard van Coligny is Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein onskuldig bevind op al die aanklagte teen hulle.

Regter Ronnie Hendricks het die mans in Maart vanjaar skuldig bevind aan die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu. Hulle het daarna spesiale verlof gekry om direk by die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding.

Die mans se regspan, onder leiding van adv. Barry Roux, het die appèlhof suksesvol versoek om verlof tot appèl te kry nadat die hooggeregshof in Mmabatho in Maart vanjaar geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

Die burgerregtegroep AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te finansier nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier mense erken het dat hy in die hof gelieg het. Hy het getuig dat hy gesien het hoe Doorewaard en Schutte die tiener vermoor.

“Die feit van die saak is dat AfriForum van die begin af gesê het dat die staat se enigste getuie, Bonakele Pakisi, leuens vertel het en daarom het ons die mans bygestaan. Ons het in hul onskuld geglo en geregtigheid het vandag geskied,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Die mans was 13 maande in aanhouding voordat hulle op borgtog van R20 000 elk vrygelaat is.

Pieter Karsten, Doorewaard se oom, het vroeër gesê hulle het deurentyd in die mans se onskuld geglo.

“Daar is geen manier dat die duisternis van ’n leuen die lig van die waarheid sal oorskadu nie,” het hy gesê.

Ds. Tewie Pieters van Coligny, wat ná die voorval ’n leidende rol gespeel het om versoening en verdraagsaamheid in die gemeenskap te bewerkstellig, het ook gesê daar is vas in die mans se onskuld geglo.

“Dit is jammer en tragies dat die regsproses die pad moes loop waar ’n hof in Bloemfontein dit anders beskou as die een in Mahikeng.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Wielspore ·

Stel ‘n eis teen die staat in, hoop julle word sommer skatryk daardeur. Goeie werk deur AfriForum en dit is net weereens ‘n bewys dat die ANC en sy politieke trawante hulle toekoms op leuns en oomkopery wil bou. Sulke optrede is nie volhoudbaar en gaan tot ‘n val kom.
Lekker wenner vir die Afrikaner hierdie!

koos10 ·

Wielespore, die eis behoort teen invivudue ingestel te word. As die staat die eis betaal, beteken dit dat ek en jy betaal (belasting geld) vir ander se nalate.

Misky ·

Dis die beste nuus van die week!!!! Ek is so bly vir julle Mnr Doorewaard en Schutte en dankbaar vir Afriforum wat julle bygestaan het. Dink net as hulle die straf moes uitdien en was werklik onskuldig. Hoop nou vat hulle daai liegbek Pakisi aan en hy moet lewenslank tronk toe gaan vir wat hy aan hulle wou doen.

Thom ·

Geluk julle twee ! Hou julle in die vervolg uit situasies uit waar die waarheid met noodlottige gevolge verbuig kan word .

JohanR ·

Geluk en lekker fees tyd en nuwe jaar vir die manne saam met hulle families en vriende. Dankie ook aan AfriForum en adv Barry Roux.

Marius ·

Baie geluk aan julle . So vang slim sy baas . Siestog . Ek hoop die NVG gaan die saak gebruik om hulle huis in orde te kry .

Wakkerslaper ·

Uitstekende nuus! Stel eise in teen die regter, getuie wat gelieg het, die staat en wie julle ook al kan eise teen instel.

Gaan interessant wees om die eff se reaksie hierop te sien…. gaan Coligny weer brand?

Juffrou ·

Baie dankie aan Afriforum én adv Roux! Stel nou eise in teen al die korruptes betrokke.

gatgogga ·

Nou kom ons kyk of die SABC TV-nuus kanale hierdie berig gaan dra. Of gaan hulle dit ook verswyg soos plaasmoorde? Nus sameswering!
Onthou Ronnie Hendricks se naam.

Elsa ·

En só kan ‘n leuenaar ‘n hele familie se lewens verwoes. Wat het fout gegaan tydens kruis ondervraging?

Casper ·

Ek is ongelooflik bly dat die waarheid koning gekraai het.Geregtigheid verdra geen onreg nie.Die staatsgetuie het growwe meineed gepleeg en ek hoop hy gaan aangekla word.Siviele eise moet nou ingestel word

Grassie ·

Nou wonder ek – daardie landdros wat ooglopende bevooroordeelde bevindings gemaak het – gaan hy daarmee wegkom?

Petrie ·

Geregtiggeid het geseevier oor die anc/eff se walglike korrupte swart rassisme. Daai regter in Mahikeng wat hulle verlof tot appel geweier het, die polisie en die liegbek getuie moet nou gedagvaar word vir alles wat hulle het… Dis al manier om hierdie twak in die toekoms te stop.

Lian ·

Die waarheid komaltyd uit . En sedert 94 het die Reg die toets van tyd deurstaan, ons moenie toelaat dat dit skade ly nie . ‘n objectiewe pers en ‘n onafhanklike regbank is onontbeerlik vir enige samelewing .

Rikus ·

Dis duidelik die regter Hendricks hoort nie in so pos nie. Hoe kon hy met so swak saak van die Staat bo alle redelike twyfel so uitspraak lewer? So bly geregtigheid het gesëevier. Wil net weet wat gaan die optrede wees teen die pakisi, want hy hoort agter tralies. Die manne moet groot eis insit teen die Staat!!!

Samuel ·

Goeie nuus, mnre Doordewaard en Schutte! Prys die Here vir geregtigheid.

Tsek! ·

Goeie werk Afriforum. Nou…vat die staat vas en die ooggetuie …laat die poppe dans!

Anton J ·

Nou hoop ek die onbevoegde regter word ook vervolg of het die politiek n rol gespeel.

Casper ·

Ek is baie bly dat die 2 mans nou vry is en dat geregtigheid geskied het maar wie is verantwoordelik vir die tiener se dood.Miskien weet iemand iets meer.Deel dit met ons.

David ·

Twee elemente in tragiese saga! Dat die twee genoeg fin ondersteuning kon kry, andersom sou hulle nog gesit het ten spuite van die lieg spul, en tweedens, ek wonder wanneer die liberale??? media iets gaan se?

Jdb ·

En wat nou van al die optogte, vandalisme en aanrandings wat gevolg het in weerwraak op hierdie kastige “moord”? Wat van al die EFF uitlatings en aanhitstsings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.