Na meer as 15 jaar se heen-en-weerdery het oudpres. Jacob Zuma Woensdag onskuldig gepleit op die verskeie aanklagte van korrupsie, rampokkery, belastingontduiking en geldwassery wat met die land se omstrede wapenaankooptransaksie verband hou.
Altesame 16 klagte – wat verband hou met die 1999-transaksie vir die aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en militêre toerusting – staar die 79-jarige oudpresident in die gesig.
Zuma het na bewering meer as 700 betalings in verband met die omstrede transaksie ontvang.
Die Franse wapenmaatskappy Thales, wat Zuma glo omgekoop het, is ook in die beskuldigdebank en het soos Zuma onskuldig op die aanklagte teen hom gepleit.
Regter Piet Koen het Zuma vandag gevra om self te antwoord op hoe hy op die aanklagte pleit, “gegewe die belangrikheid” van waarmee hier te doen is.
“Ek pleit onskuldig,” het Zuma sonder huiwering gesê.
Zuma het Woensdag ook ʼn spesiale pleitrede van 141 bladsye ingedien waarin hy vra dat die staatsaanklaer, adv. Billy Downer SC, hom aan die saak onttrek.
In sy pleitrede voer Zuma onder meer aan dat Downer nie die onafhanklikheid en onpartydigheid het wat nodig is vir ʼn regmatige vervolging en die versekering van ʼn regverdige verhoor nie. Hy meen ook Downer se behoud as aanklaer gaan inbreuk maak op sy reg op ʼn billike verhoor.
WATCH: President Jacob Zuma arrives at the Pietermaritzburg High Court. Video by Simphiwe Makhanya #Zumatrial pic.twitter.com/dMcBFF9Fc0
— SABC News (@SABCNews) May 26, 2021
Zuma voer voorts aan Downer “is en was altyd bewus dat daar afstootlike en onregmatige politieke inmenging” in besluite oor sy vervolging was, maar dat hy versuim het om dit aan te meld.
Zuma is ook gegrief oor ʼn beëdigde verklaring wat Downer namens die Nasionale Vervolgingsgesag ingedien het waarin hy bevestig dat hy en ander aanklaers van mening was dat die besluit om vantevore die saak teen Zuma te laat vaar, die verkeerde een was.
Downer se verklaring het verband gehou met die sogenaamde spioenasie-bande. Die hooggeregshof en Appèlhof het later bevestig dat Mokotedi Mpshe, destyds die waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), se besluit om vervolging te laat vaar inderdaad irrasioneel en onreëlmatig was.
Zuma voer egter aan die voortsetting van sy vervolging is nie om die waarheid te vind nie, maar om die sogenaamde politieke narratief van ʼn korrupte leier voort te sit.
Die oudpresident sê ter voorbereiding van sy verhoor het hy ook afgekom op inligting wat daarop dui dat sy vervolging van spesiale belang vir buitelandse intelligensieagentskappe was.
“My vervolging is in wese ʼn poging om die kultuur en norme wat ons rol in die bevrydingstryd gekarakteriseer het, te vervolg. Dit is die struggle-kultuur wat verhoor word en ek sien dit as ʼn poging om ons vryheidsvegters uit te haal waar die wapens van die apartheidsregering misluk het,” lui Zuma se verklaring.
Die regter het die saak tot 19 Julie uitgestel sodat Zuma se pleitrede oorweeg kan word.
Buite die hof het honderde mense saamgedrom om hul steun aan Zuma te gee.
The Powerful Secretary General of the ANC Ace Magashule along with ANC NEC Member Carl Niehaus and Future President Duduzane Zuma at the Pietermaritzburg High Court in support of President Jacob Zuma.
Comment: #Zumatrial pic.twitter.com/vHb5r8yLh8
— The_Villager (@The_commentor1) May 26, 2021
Bykomende bron: AFP
Die Media gee te veel dekking aan Zuma & kie en hemel hulle op
Shame
Onskuldig ? Haha en die maan is van kaas !
Banggat.. hy loop tot in die hof se gang met sy body gaurds. Ons mag nie lisensies kry en wapens hou wat ons betaal ht ni. Sy dag sal saam mt di anc kom. Bangbroek
Regtig!!!!!
O, my Griet! Wat het hy gerook! Wha, ha, ha!!!
Dit wat die “prolog” van die fliek.
Wat maak Ace daar? En sal darem daarvan hou om Niehaus een aand erens te ontmoet. Net iets aan hom “verduidelik” en sal nie baie praat nie
Hierdie saak sal nóóit einde kry nie! Hy sal nog uit sy kis vir ons lag! Hou op om die belastingpligtige se geld te mors, en gee hierdie sirkus minimum dekking!
Ag siestog ons voel soo jammer vir zumpie
Is maar standaard praktyd om onskuldig te pleit.
” Future President Duduzane Zuma ” waar de duiwel val dit uit, moet ek lag of moet ek huil
In hierdie misdaadhool is enige iets moontlik. Ek dink die jong Zuma dink SA is sy pa se kraal, en hy gaan die volgende chief wees..
:-)… Goed gese
…..ek ook eers gerol soos ek lag. En toe maar saggies begin huil…..
Ek wil net weet oor Shabier Shaik, hoeveel jaar kan iemand oorleef as jy met ń ernstige terminale siektetoestand gediagnoseer is? Hy is nou al vir 11 jaar terminaal, en so siek dat hy moet gholf speel om gesond te bly. Ons almal weet dit was ook een groot bedrogspul om hom terminaal te laat sertifiseer. Kan daar nie ń mediese toets deur ń totaal onafhanklike dokter op hom gedoen word nie? Hy loop rond, maar is veronderstel om in die tronk te wees
Dit sal die regte ding wees om te doen, her besoek daardie saak!!!
Ek het nog nooit iemand raak geloop wat so n groot krater van homself maak soos daai Niehaus nie. Voel hy regtig tuis tussen daai klomp
Mao Tse Dong het altyd gepraat van die “Useful idiot”. Ek verstaan nou presies wat hy daarmee bedoel het.
Soort soek soort….
Moet bieg…die ou foto’tjie weerspieel nogal die onskuld vanself…ag foeitog!!!
Hierdie man vernietig SA op sy eie!!Word tog net wakker CR! Jy word die gek hier gemaak
ramamparra is deel hiervan. hy geniet nog elke oomblik
Te bang om sy bek te rek…dan sit hy ook
Afrika sirkus in die oortreffende trap. Die media hang ook aan hom en sy meelopers se lippe.
Soos ek sê, Afrika mentaliteit… ek is altyd onskuldig
Dali Mpofu is nou Zuma se prokureur. So EFF is weer gelukkig mat Zuma.
Mpofu is reeds in die moeilikheid oor sy swak (on-professionele) gedrag, maar nou het hy sy immuniteit gevestig. Raak nou net aan Mpofu, dan moet hy vir Zuma los, en gevolglik het Zuma weer lang vertragings nodig vir ‘n nuwe regspan.
Ons weet nie wat die Zuma faksie wil he nie, want ons luister nie. Ek het vandag mooi geluister wat hulle skreeu, en nou weet ek hulle wil LANG VERLOF he vir Zuma, en vir die ANC ook.
Hulle het geskteeu: “Long leave Zuma! Long leave ANC!”
Lekker lag ek nou!
Watse snert is dit dat doekies zuma die future president genoem word?
Hy maak “fools” van almal en sy skelm seuntjie saam met hom. Hulle staan en glimlag breed maar eintlik sê hulle ons is onaantasbaar. Julle sal ons nooit vasgevat kry nie.
Zuma hou net aan om kapsie te maak teen alles, net om die saak vry te spring! EN: Waar’s almal se maskers? ( sien die laaste foto!)
Lekker lag ek nou! Ai ai die klomp is net te komieklik
ja, en
Hou op om Zuma se saak telkens uit te stel. Hy mors ons tyd en geld. Sluit hom nou toe.
Die feit dat jy nie die donasies aan SARS verklaar het nie het niks met Downer te doen nie, jy moet maar boet vir jou dade.
Alzheimers op aanvraag. Wie is ek, waar is ek? As hy so vergeetagtig is, sit hom in ‘n sel om te kyk of hy sy geheue herwin.
Daar is duidelik nog buddies van Zuma et al oor by die SABC want die lekker gratis jam-tyd wat hy kry, is lekker verby. Nie dat ons beautiful prez nie mooi kan dans en sing en jok dat ace nie eers in sy mond sal probeer smelt nie… maar nietemin, anties met duur dosse wil ok darem iets soms sè. Praat nie eens van ons toekomstige prez-kandidaat minister Who-whoo nie.