‘Onskuldige lewens gespaar’ toe polisie rooftog fnuik

misdaadtoneel

Argieffoto

Die SAPD in Gauteng sê hy vermoed talle onskuldige lewens is gespaar nadat beamptes Vrydag ʼn beplande rooftog gefnuik het, slegs ʼn uur nadat ʼn beplande kaping in Randburg ook betyds gestuit is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn geïntegreerde wetstoepassingspan het tussen 06:00 en 07:00 gereageer op inligting oor ʼn beplande rooftog in Johannesburg toe hulle twee voertuie, ʼn Toyota Corolla en VW Golf, gewaar het wat tussen Soweto en Lenasia-Suid gereis het.

“Die span het die Corolla op die K43 langs die Thembelihle informele nedersetting voorgekeer en een verdagte in hegtenis geneem. Die Golf het weggejaag terwyl die insittendes glo skote op die polisie afgevuur het wat die voertuig agternagesit het,” het Masondo gesê.

Hy sê die Golf is op dieselfde pad voorgekeer en twee van die verdagtes is tydens ʼn skietgeveg gewond. Nog drie verdagtes is in die proses beseer. “Al die beseerde verdagtes is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.”

Daar is op die toneel op ʼn AK47-aanvalsgeweer, ʼn pistool en ʼn rewolwer, asook ammunisie beslag gelê. Dié vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met enige vorige misdade verbind kan word. Die polisie het ook op die twee voertuie beslag gelê.

Masondo sê sake van poging tot moord en onwettige besit van vuurwapens word ondersoek.

Hy het die samewerking tussen die polisie, die Valke, die Gautengse verkeerspolisie en Tracker geloof wat tot dié inhegtenisnemings gelei het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn kaper is doodgeskiet en vier van sy vermeende makkers is in hegtenis geneem nadat die polisie vanoggend in Blairgowrie in Johannesburg op hulle toegeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pen ·

Kom nou mense,se n bietjie die polisie sleg!Hulle kan mos niks reg doen nie.

willem Botha ·

Ek is seker as dit nie vir Tracker was nie sou niks hiervan gekom het nie en ons sal nie hiervan geweet het nie.

Koos ·

Ok willem as dit tracker was of informante-wat verwag jy? Moet hulle tussen die 1000de motots dit uitruik?

Zombie ·

Moet ń vis geluk gewens word omdat hy onder die water swem? Nee, dit is wat hy veronderstel is om te doen, maar dankie, in alle geval, SAPD omdat julle doen wat julle veronderstel is om te doen. Dit is sommer baie mooi hoor.

Stop Hulle Vroegtydig ·

Stop hulle voordat hulle ‘n jobie in die parlement kry na die verkiesing!

humor ·

Hierdie negatiewe gesindes is heel waarskynlik een van die grootste redes dat daar vir ons n skrale hoop in SA IS.

Zombie ·

@Andre Stander, “aub.” is een van die afkortings vir die Afrikaanse woord “asseblief”. Die ander afkorting vir genoemde woord is “asb.”. Hoop jy is uitgehelp?

sweis ·

Ek kan nie glo daar is mense wat met so min gewoond is dat n klein takie wat die polisie doen vir hulle iets vreeslik is ek kan net se ek voel jammer vir julle wat net melkkoeie vir belasting en tevrede is as n been jou kant gegooi word.

Sarel ·

Dankie SAPD, dit is waarom julle aangestel is, om julle werk te doen.

George in Bloem ·

Hmmmm……nou’s dit al vreeslike groot nuus as die polisie hulle werk doen(waarvoor hulle aangestel is en betaal word)vir ‘n verandering in plaas van die “situasie monitor” soos deesdae alewig die geval is. Shame tog.

Christo ·

Geluk aan die SAPD, Tracker en ander wetstoepassers. Die publiek moet besef dat die polisie nie eerste kon geskiet het nie maar slegs terug kon skiet omdat daar op die polisie geskiet is. Onthou die wet beskerm die kriminele want dit is so geskryf tot voordeel van die die comrades.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.