Ontbinde liggaam in spruit aangetref

Argieffoto

Polisieduikers het Dinsdag die ontbinde liggaam van ʼn man uit ʼn spruit buite Bloemfontein gehaal nadat ʼn verbyganger die liggaam in die water opgemerk het.

Die man se hande en voete was vasgebind en sy ontbinde liggaam was in plastiek toegedraai.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn vrou was omstreeks 13:00 op pad winkel toe, toe sy verby die Renosterspruit in Karelaw buite die stad gestap het.

Dié spruit vloei glo in ʼn ander spruit in wat deur die Bloemfonteinse sakesentrum vloei, verduidelik Kareli.

Die vrou het die polisie na die toneel ontbied waarna polisieduikers die liggaam uit die water gehaal het.

“Dit was ʼn man in sy 30’s. Hy het geen ooglopende beserings opgedoen nie en die liggaam was al redelik ontbind,” het Kareli gesê.

Hy het gesê dat die liggaam in die soort plastiek toegedraai was waarmee bagasie by ʼn lughawe toegedraai word. Die man was kaal bolyf en geklee in ʼn sweetpakbroek.

Kareli het gesê die man se identiteit is nog nie bekend nie en dit is nie duidelik hoe lank hy al dood is nie.

Die polisie wag op die uitslae van ʼn nadoodse ondersoek om die saak verder te ondersoek.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om enige inligting rakende die voorval by speurdersers. Tshidiso Ramatsa van die Bloemspruit-polisiestasie by 082 465 5884 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

willem Botha ·

Ek weet nie wat die ras of nasionaliteit van die dooie man is nie,sa het n verskeidenheid van inheemse bevolking asook heelwat immigrante wat in die land woon en werk,wat is verkeerd om te sê die dooie man was chinees,pakestaniers, wit of swart of indien dit taboe is sê net of hy voorheen benadeel was of huidig benadeel is dan weet ons almal.

Heleen Opperman ·

Willem Botha. Wat gaan jy doen as jy dan nou weet?

Razor ·

Wil ek ook weet as ‘n ligaam eers ontbind het ruik en lyk almal die selfde, maw. die wurms eet jou op of jy nou groen geel pink wit of swart was..

Torie ·

Willem, ek as oud speurder en Scorpion deel jou sentiment en frustrasie. Jy gaan dalk niks doen nie met die inligting nie, maar dit is alles leidrade vir iemand anders wat dit dalk ook lees. As die SAP hulp nodig (bv met n Identikit), gee dan soveel as moontlik info aan die publiek. Kan tog nie skade doen nie.

Cherokee ·

Heeltemal reg willem Botha, en Torie se storie maak dit duidelik aan die beswaardes hoe sinvol jou protes is.

Wonder ·

Die Polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om enige inligting te gee oor die voorval.
??? Watter etnisiteit? Indien te vêr ontbind, ten minste watter kleur en materiaal was die sweetpakbroek? Was hy kaalvoet? Indien moontlik, enige littekens of tatoeërmerke? Kort of lang hare. Kleur van hare? Die plastiek waarin hy toegedraai was, is dit die bekende “shrink-wrap”? Indien wel, meeste fabrieke waar hulle goed op palette pak “wrap” as deel van die verpakkingsproses. Nie net lughawens nie. As hulle regtig die publiek se hulp wil hê moet hulle darem heelwat meer beskikbare detail uitgee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.