Ontbinde liggaam van vermiste dogtertjie gevind

crime scene tapeDie Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die ontbinde liggaam van ʼn vermiste driejarige dogtertjie Saterdagoggend in die Wes-Rand gevind is.

Volgens kapt. Tsekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, is die meisie wie se liggaam in ʼn oop veld in Khusong gevind is, op 13 Oktober as vermis aangemeld.

“Die kind se ouers het die saak by die polisie aangemeld nadat sy spoorloos verdwyn het,” het Mofokeng gesê.

Haar liggaam is Saterdag deur inwoners van die gebied gevind toe hulle gaan jag het. Die pa het reeds die meisie uitgeken. Sy is as Simphiwe Sithole geïdentifiseer.

“Die rede vir die moord is nog onbekend. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen om te bepaal hoe sy gesterf het. Die polisie werk saam met die gemeenskap om te verseker dat die skuldige of skuldiges so gou moontlik vasgetrek word,” het sy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Lees ons regering en die ANC ooit koerante oor die wéreld heen om te besef, wat in Suid Afrika gebeur is erger as normaal. Hul sit met SABC 1, 2, en 3 en doen geen opvoeding nie. Is ons misdaad dit wat hul trots laat voel.

Gideon Erasmus ·

Die rede vir moord is onbekend??? Huh- nou wat kan rede moontlik wees? Ek is arm, ek is benadeel deur appartheid, ek was lus om vanaand klein dogtertjies dood te maak, ek was kwaad vir onskuldige kind.
Agnee daar is geen rede nie, die persoon wat dit doen is siek, en kan sê, dankie tog ek leef in SA want hier word redes vir alles gesoek, behalwe om die regte ding te doen- vang die skuldige en hang hom!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.