Ontbinde liggaam van vermiste vrou gevind

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Die ontbinde liggaam van ʼn vermiste 45-jarige vrou is in verdagte omstandighede deur haar familielede gevind.

Priya Nunkumar, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die vrou, Vijayalakshmi Moodley van Shallcross in Durban, se familie het op 29 Desember die laaste keer van haar gehoor.

Volgens die slagoffer se suster het sy bekommerd geraak toe sy vir twee weke niks van haar suster gehoor het nie.

Moodley is as vermis by die Chatsworth-polisie aangemeld en haar suster het familielede na die huis gestuur om te gaan ondersoek instel.

“My neef was besig om die honde kos te gee terwyl sy ouers die eiendom deursoek het,” het die slagoffer se suster gesê. “My suster hou die hondekos in ʼn stukkende motor in die erf. Toe my neef die hondekos gaan haal het, het hy ʼn mens se been gesien.”

Die familie het dadelik die Chatsworth-polisie gebel wat na die toneel gegaan het.

Nunkumar het gesê Moodley se ontbinde liggaam was in komberse toegedraai. Haar liggaam is op die agtersitplek van die motor aangetref. Sy is reeds uitgeken.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Volgens genl.maj. Keerath Nunkumar, bevelvoerder van die streek, werk die Chatsworth-polisie onverpoos om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Veronica ·

Het di honde ni sedert 29 Desember kos gekry ni. Is dit di 1ste keer wat dii motor nou oopgemaak word om hondekos uit te haal.

Liza ·

Vra ek ook daardie vraag Veronica…….. so hulle het nooit kos gekry nie…. iets maak nie sin nie…..

Cheryl ·

Aai ek het nou so gehoop toe ek die opskrif lees: ontbinde liggaam van vermiste vrou gevind, dis die vrou wat in Capital Park se water meegesleer is. Sodat die familie tog nou uiteindelik kan berusting vind. Maroela hou ons op hoogte asb.

Skerp ·

Ek dink deur jul omgee is jul skerp, dit is onmoontlik dat die honde solank sonder kos kon klaarkom en nie sterf. Die een wat die honde intussen gevoer het sal lig kan werp, die familie sal net moet help uitfigure wie dit was! Moet asb ook nie die familie blameer, as hul geweet het, sou hul al lankal na die diere gaan kyk het, dit was immers hul eerste reaksie om uit te sorteer toe hul daar aankom – ek is nie familie, maar ek weet hul lees hier en ek weet party lesers kan nogal werklik onmenslik wees.

rose ·

As di vrou so lank vermis was het Die honde seker ni kos gekry ni. Tensy di persoon wat haar vermoor het di honde kos gegee . Die polisie sal wel ‘n ondersoek doen. Dit moes a groot skok vir die famielie gewees het.

Toney ·

Independent On Line publiseer totaal ‘n ander weergawe van hoe en deur wie die ontbinde lyk gevind is.

Basjan ·

Dis nou èèn ding van ons mense : Ons kan koppe bymekaar sit! Ek put vanoggend weer groot genot uit die oorsake en oplossings wat deur die skrywers van “Kommentaar” beredeneer
word. Sommige meer sinvol as ander, maar nog steeds : Ons raak betrokke.

Alida ·

n ontbinde liggaam ruik nie lekker nie!! Is daar fout met die mense reuk sintuie wonder ek. Mens ruik n dooie dier n km ver wat nog van n mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.