Ontbinde lyk in rotskraak gevind

Die rotskraak waar die lyk gevind is. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom nadat ʼn man se erg ontbinde liggaam in ʼn rotskraak van die Weshoekberge langs Mount Fletcher gevind is.

Kapt. Raphael Motloung, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die liggaam is verlede Dinsdag omstreeks 13:00 in ʼn kraak tussen kranse gevind en deur die polisie na die oppervlak gebring.

“Die man, in sy laat 30’s, se identiteit is onbekend en sy liggaam het reeds begin ontbind. Die oorledene het ʼn swart hemp met ʼn vlootblou baadjie en rooi onderklere aangehad,” het Motloung gesê.

Volgens Motloung wil dit voorkom of die man op ʼn ander plek vermoor is en sy liggaam in die rotskraak gestort is. “Weens die erge graad van ontbinding, wil dit voorkom of die liggaam vir ʼn geruime tyd daar was,” het Motloung bygevoeg.

Dit is nog nie bekend hoe en wanneer die man vermoor is nie.

Enigiemand met inligting oor wie die persoon kan wees of die omstandighede rakende sy moord, word versoek om die konst. Rigala by 073 468 7176 of 039 2570 242 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ja, ‘n kraak gebeur net in ‘n mens se kop.

Pop ·

Weereens geen aanduiding van die ras van die man nie. Seer sekerlik bly daar iewers vel oor om te kan se.

@ LESER ·

Weet jy wat maak die RAS saak??? Komaan mense . julle is tog nie so dom nie. As jou oom verdwyn het . en jy hoor nou van iemand wat in ‘n ‘kraak’ gevind is . sal jy tog wonder of dit hy was as jy geweet het watter RAS hy was . as jy nie weet nie, blaai jy verby .. want jy kan nie na ELKE moordtoneel toe hardloop en kyk of dit jou oom is wat verdwyn het nie .. so as ons net die rassensitiwiteit kan los en weer PRAKTIES kan wees sal dit BAIE BETER GAAN en meer mense wat verdwyn het kan opgespoor word op die manier ..

Z ·

Wonder altyd waarom hulle nie ras sê nie. Sekerlik kan hulle dit sien, as hulle kan sien dat dit n man is… Dan het hy mos nie só erg ontbind nie.

k ·

Want dit is Suid Afrika. As mens ras noem, is jy mos rassisites. Kyk selfs wanneer daar van vermiste mense berig word, of selfs pink ladies blaaie uit gestuur word, ras word nie genoem, maar onderklere sal beskryf word….? Selfde met “suspects”. Ras mag nie genoem word nie, maar mens wil darem ook weet moet jy uitkyk vir iemand wit, bruin, swart, asies, ens.

krokind ·

Die man kon daar ingeval het? Hoe, met ‘n ‘erg ontbinde lyk’ kan jy so gou bepaal hy is vermoor? Super Speurwerk? Dan moet die skuldige naby wees. Kyk onder die bosse want wragtag. Dis ‘n kraak van ‘n insinuasie, wat nog te se rotsskeur!

Marinda ·

Hope they find out who he is, so his family can also get closure.
Maroela Media wil you please keep us posted on this story? It is always interesting to know if these cases are solved.

Mare ·

Yes maroela and while you ad it please ask permision to give the race of the person.

Zan ·

Die pelvis dui die geslag aan, die gebendere kan die ouderdom skatting bepaal het. verdere forensiese toetse kan die ras ens ook bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.