Onteien grond wat “met geweld gesteel is”, sê EFF-student

Lees ook:
Steve skryf ope brief aan Jaco Oelofse oor sy EFF(ense) denke

Jaco Oelofse. Foto: @EFFTuks op Twitter.

Jaco Oelofse. Foto: @EFFTuks op Twitter.

Grond in Suid-Afrika moet aan die “regmatige eienaars” terugbesorg word, aangesien dit “met geweld gesteel” is, sê Jaco Oelofse, die EFF se sekretaris by die Universiteit van Pretoria.

“Die grond is met geweld gesteel. Daar moet nie vergoeding wees nie en dit moet aan die regmatige eienaars terugbesorg word,” het Oelofse in ʼn onderhoud met Sapa gesê.

“Dit beteken egter nie dat grond nie met witmense gedeel kan word nie. Maar voor ons daaroor praat om grond met witmense te deel, moet ons eers daarop fokus om witmense te kry om eerste grond te deel.” Hy sê alle wit Suid-Afrikaners hoort in die land.

Oelofse is sedert Oktober 2013 ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en sedert Februarie ʼn lid van EFF-Tuks. Die 23-jarige is ʼn filosofie- en politiekewetenskap-student. “Daar is geen ander opsie as nasionalisering nie.”

Oelofse sê hy het die EFF gekies aangesien daar geen ander party is waarvoor hy kan stem nie. Hy sê die EFF bied ʼn beter keuse rakende staatsbestuur en verseker ʼn meer bemagtigde bevolking.

Oelofse sê as ʼn Marxis identifiseer hy met die EFF. Hy sê sedert hy begin studeer het, het sy belangstelling in “radikale teorie” toegeneem.
“Ek vereenselwig my met ʼn radikale party wat die belange van die vertraptes, armes en stemloses op die hart dra.”

“As ʼn gay persoon glo ek ook die EFF is die regte party aangesien hulle loshande die mees progressiewe beleid rakende geslag en seksualiteit het. Die EFF veg vir die gelyke behandeling van almal. Ons kan nie groepe wat op die buiterand van die samelewing is, uitsluit nie.”

Hy sê behalwe vir die EFF is daar geen ander studente-organisasie wat openlik en met “radikale ambisie” teen wit heerskappy, patriargie, seksisme en homofobie veg nie.

Oelofse sê die EFF sien die wortel van die probleem, en nie net die oppervlakkige kwessies nie – volgens hom is dit hoekom die party gewild is.
Volgens hom het die EFF het hom met “ope arms” verwelkom en hoewel hy “ooreenkom om te verskil” met sommige van sy vriende en familie, ondersteun sy ouers sy politieke standpunte.

EFF-Tuks het tydens Woensdag se studenteraadverkiesing die posisie van adjunkpresident ingepalm, het hy gesê, maar hulle is nie tevrede daarmee dat AfriForum Jeug die portefeulje vir transformasie verower het nie.

Oelofse beweer EFF-Tuks het baie ondersteuning op die kampus, maar dat daar ook studente is wat nie van hulle hou nie. “’n Groep wit manlike studente het my ʼn bloedverraaier en ʼn moffie genoem. Nie baie oorspronklik nie, maar hulle het probeer.”

Oelofse sê hy het nog nie vir Julius Malema, leier van die EFF ontmoet nie, maar dat hy graag sal wil.

“Die media is effektief daarin om ʼn sterk swart stem te demoniseer. Ek dink hy is ‘n uitstekende leier en presies die soort leier wat hierdie land nodig het,” het Oelofse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

gert nel ·

Moet hom nie kop toe vat nie. Hy is verlore in sy eenvoudigheid.

Izak ·

Jy word baie betaal om twak kwyt te raak!! Jy moet wakker skrik!!!

Charmaine ·

Nou bring die bewyse jou deurmekaar tor, maar daar is nie….!!!! Alles wat ons in die lewe wil hê moet ons koop met hard verdiende geld..!!!!!

alet ·

Hy weet hy gaan nie werk kry as hy klaar is met sy studies lekker ou g@@ kruiper laat lees jou kop.Hoekom studeer jy nie vir n. Kop dokter want almal van hulle se breins groei vas

rienie ·

Ag sies tog ek voel vir jou. Jy mag maar net te laat wakker skrik.

Estelle ·

stem saam al die kommentaar bo! wonder wat gaan die eff’etjie doen as sy best bud julius sy ouers se huis of grond toe-ein!!! hy is letterlik/geestelik en liggaamlik nie die skerpste potlood by Tukkies nie!!

rienie ·

Hy is omtrent verward. Ek voel regtig vir hom. Hoop hy sal wakker skrik.

pop ·

Shame die arme kind. Daar is niks erger as n dom mens wat dit nie weet nie!!!!!!

Hettie ·

Die armsalige het hy al ooit gehoor hoeveel blankes is deur swartmense vermoor nog voor die boereoorlog. Lees n bietjie op oor die groot trek jou verwarde skepsel dan sal jy miskien begrip he oor wat in Suid afrika aangegaan het.
Siestog ons sal maar vir die verwarde siel moet bid want dit kan hy nie.

ben ·

moet hy nou nie geskors word nie…..ek dink nou aan die twee studente by hul privaatfunksie wat geskors is…..

PR mc Kay ·

Ek vang hom Ben . Maar hy is nie met hot chocolate gesmeer nie .

robby ·

Boetman hoekom het jy nie gekyk dat JUJU nie jou foto verkeerd om op die plakaat sit nie? As jy dit nie raak gesien het nie is jy en JUJU ewe dom. Of is dit n selfie wat jy iewers in n toilet spieël raak geneem het?

Bielie van die Bosveld ·

Die “man”? Hy lyk vir my veels te veel na ‘n (jy weet wat).

Sug ·

Dis hartseer. Daar bestaan ‘n moontlikheid dat die waarheid nie in sy leeftyd tot hom sal deurdring nie. En ongelukkig gaan dit lei tot ander se ondergang.

Riaan ·

Ek het geweet TUKS se toelating vereistes het aansienlik gedaal maar ek het nie besef dit is so laag nie.

Hennie ·

Weet die verwarde siel wat hy kwytraak? Weet hy aan wie die Grond oorsproklik behoort het en waar is die bewyse. Voorheen was daar ook eise ingestel maar die sogenaamde eienaars wou nie die grong terug he nie, net die geld daarvoor. (Wat se dit vir jou) Hulle, en die arme ou skepseltjie, wie se ma seker nie weet dat hy verdwaal het nie, weet gladnie wat om met die grond te doen wat hulle so eis nie.Hulle is besig om die hande af te kap wat die bevolking voed. Skrik wakker vaakseuntjie!!!!!!!!!

Willie ·

Jy pee pee nie eers skuim nie dan maak jy sulke dreigemente. Kom probeer boetie.

Leonie ·

Shame. Die idioot! Het hy vergeet hy is ook wit?? Ons werk al die jare vir wat ons het. Meeste boere het nie net plase en grond gekry nie. Pateet!!

petra van vuuren ·

sjeim! die arme ding! so asof hy weet wat jare trug gebeur het!!!!!!!!!!!
net so dom soos julius malemmer!

Estelle ·

sjoe die ou is stupid verby, kyk die pet op sy kop (agterstevoor) verkeerd opgesit, maar hoedtjie wil hy dra lol!!

carel ·

Jis mense as iemand dom is moet hy dit darrem nie so vir alaml wys nie?

1) Oelofse – – jong ek probeer nogal oopkop oor dinge dink – maar waar het witmense grond met geweld afgeneem? (ek praat nie van waar die regering mense geskuif het nie – en die mense se grond is al teruggegee?
2) Weet jy wat die traktaat is wat Retief met Dingaan ooreengekom het? (as jy nie weet nie Dingaan het grond geruil by Dingaan)? Weet jy wie Dingaan is?
3) Ek het grond – ek het dit 10 jaar terug gekoop? Wat maak ek nou as jy dit wil ontein?

Lyk my jy is nie jou ma se slimste kind gewees nie? Leer die geskiedenis dan maak jy daarna stellings.

SNEL ·

Ja-nee, hy is op aaptwak. Kort hy n pigment of wat, want geen witmens sal sy volk so in die rug steek nie. Is jul seker dis nie n April’s fools joke wat bietjie laat kop wys nie. Goeiste boetie, jy moet hoop jy skrik wakker voor dit te laat is.

Spokie ·

Ai, ek wonder wat gaan hy se as sy ouers of famillie se grond weg geneem word met geweld?

kt ·

Ek glo nie hulle het iets nie want dan sou sy pa hom sweerlik n klap gegee het. Hy wil seker eis. Aap, hy moet tog kyk. Hy is WITTTT!

Chris ·

Is reg so seentjie, Gee terug die grond wat JY gesteel het, Het jou Ma jou nie geleer dis lelik om te steel nie? Sies man!

Net Ekke ·

Lelik is een ding, maar ONNOSEL is ‘n erge siekte!!!!!!!!!

Jaco ·

Jaco Oelofse jy weet nie waarvan jy praat nie man. Word wakker man. Dis ons grond wat ons bewerk en op gebou het en nou wil jul als net vat ,oor my dooie ligaam. Werk vir jul geld en koop jul eie plek man en los nou die Boere en die Moorde. Julle blaas als net warm en krap n leelike sweer wat gaan ontplof.

leon Jordaan ·

Die ou is `n idioot!
Hy is net so verward soos sy makkers! Die EFF like nie whities nie!

kt ·

Arme verwarde drommel soek net aandag. Ignoreer die mannetjie asb en moet sy gesiggie tog nie weer gebruik om jul nuusblad te besoedel nie!!!

HEVW ·

Stem hoegenaamd nie saam met die man nie. Maar wees versigtig, ons moet nie te versekerd wees nie. Iets waarsku my daar le baie,baie donker tye vir ons volkie voor. Ons sal op alle fronte moet veg vir ons selfbehoud. Die tyd om te droom in ons gemaksigtigheid is lankal verby.

PR mc Kay ·

Reken bietjie .Swot hy dalk onderwys ?hy wys ten minste sy werklike kleure ,ander doen nie .

Chris ·

Die jeug van vandag het GEEN idee waarvoor ons ouers en groot ouers so hard baklei het nie. Praktiese voorbeeld: as daar ‘n stuk grond is en Piet kry snuf in die neus dat daar goud in die grond is, en hy BETAAL miljoene om masjienerie op te rig om die goud te delf…. Aan wie behoort die goud? Aan die een wat gehelp spit het? Of die een wat die belegging gemaak het? Dink maar daaroor.

Hennie ·

Wat ek ookal sê kan nie verbeter op wat reeds hierbo gesê is nie! “Well done”!.

LEON VAN RENSBURG ·

WEET DI MENSE WAT HUL VRA AS EK VANDAG N PLAAS KRY MOET EK DAARVOOR
WEG HARDLOOP HET NI EERS DI GELD VIR TREKKER WAT NOG VAN KENNIS
DIE VERSOEKE IS NET OPSTOOK EN DI POT KAN DALK OORKOOK

riekie ·

ag nee die ou is nie lekker nie , moet nog grootword. Weet hy nie dat boere jare terug by die indoenas gekry het met vergoeding aan die swart mense. Wat van jare se swoeg en sweet om jou plaas op te bou , was dit nou verniet. Laat die regering al hulle ongebruikte grond aan swart mense gee sonder vergoeding, sodat hulle self daarvoor kan werk.

Marlize ·

Seuna – gaan lees jou geskiedenis en jou Bybel. jy het blykbaar nog baie om te leer!!!!

AP van Schalkwyk ·

Haai man . Ek weet ons woon in n vrye land en jy het die reg om te kies vir wie jy wil ondersteun op politieke vlak. Net so is dit my goeie reg om van jou te verskil . Dit is nou op politieke vlak, net so kan ek ook nie vir jou se saam met wie jy in die bed moet fillafooi nie. Dit is jou besluit…..maar ek dink dat jy seker kleintyd nie genoeg van vader en moederleiding ontvang het nie..nou probeer jy afwys……..Gaan so voort. Jy maak nou net jou naam poefies!!!!!!!
Laat net asb weet waar al die grond is wat soo.. wreedaardig van die oorspronklike inwoners gesteel is?
Jy ken mos die geskiedenius se jy…….Wie was die oorspronklike inwoners….Was dit die SAN of Khoi mense. Volgens jou argument moet hulle dit mos kry?? en ak sien nie n enkeleverwysing na hierdie mense in jou skrywe/ artikel nie……Droom voort i

Martin Vosloo ·

As oudtukkie is dit ernstige skok om te verneem dat die huidige Adjunkpresident van Tuks se Studenteraad n lid van die EFF is. Dit is seker heel moontlikl as daar sulke Afrikanerverraaiers soos Oelofse n student is op die kampus. Dit is duidelik dat hy gatkryp vir n joppie in Mallema se regime wat alles wil nasionaliseer en alles waarvoor die Witman al die jare hard gewerk het wil kaap sonder om dit deur harde werk te verdien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.