‘Onteiening is spyker in ekonomie se doodskis’

SK Makinana, Pierre Vercueil. Dan Kriek, Annelize Crosby en Francois Wilken tydens Woensdag se mediakonferensie.

Dan Kriek, president van Agri SA, het Woensdagoggend tydens ʼn mediakonferensie in Centurion gesê dié landbou-federasie bly tot hul standpunt verbind om wysigings aan die Grondwet vir onteiening sonder vergoeding (OSV) te beveg.

Die grondonteieningsverslag is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering aanvaar en Woensdag deur die Nasionale Raad van Provinsies, wat beteken daar kan nou begin word om konsepwetgewing in die verband op te stel.

“Daar is twee dinge wat Agri SA ten sterkste sal teenstaan. Eerstens is dat die Grondwet vir politieke gewin gewysig word en tweedens dat ons weens aan ons standpunt téén onteiening sonder vergoeding, uitgekryt word dat ons teen transformasie en grondhervorming gekant is.”

Pierre Vercueil, Agri SA se adjunkpresident, het op sy beurt gesê dat landbou ’n besigheid is wat onder andere op beleggings staatmaak en dat dié wysiging sonder enige twyfel beleggingsvertroue in die sektor, sowel as in die land, sal skaad.

“As daar nie vertroue is nie, waarom moet beleggers dan in die sektor belê? Die hartseer van alles is dat ons baie jong boere verloor, bloot omdat hulle nie ’n toekoms in Suid-Afrika sien nie.”

SK Makinana – ’n boer van die Oos-Kaap en ’n bekende in die landboukringe – het prontuit gesê dat hy nie met die regering se transformasie- en grondhervormingsbeleid saamstem nie.
“Ek wil transformasie in die landbousektor sien, maar nie op die wyse waarop die regering dit tans benader nie. Hulle moet eerder die jeug van genoegsame finansiële en opvoedkundige bystand voorsien sodat hulle na die landbousektor gelok word.”

Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, voel dat ʼn mens by baie dinge kan inmeng, maar om met die voedselproduksie van ’n land te peuter, is beslis taboe.

“Dit is ’n tyd waar die nasie bankvas agter die boere moet staan. Ek wil dit net beklemtoon dat ons hier is vir die totale landbousektor en dat almal – swart én wit – moet hande vat vir die beswil van die hele land.”

“Maar moet boere voortgaan om te plant? Die antwoord is ja – ons het ’n verpligting teenoor die nasie om dit te doen. Tog is daar geen ander plek ter wêreld waar boere só vir hul plekkie in die son moet baklei nie.”

Die uitvoerende direkteur van Agri SA, Omri van Zyl, het in ’n persverklaring geskryf dat die beskerming van eiendomsreg kritiek is vir beleggings, voedselsekerheid en volhoubare landelike hervorming.

“Dit is nie wenslik of nodig om artikel 25 van die grondwet te verander nie. Agri SA hou vol daar sal negatiewe gevolge wees, waaronder die negatiewe impak op grondwaardes wat produksie-finansiering aan kommersiële en opkomende boere drasties in gedrang bring.”

Hy het bygevoeg Agri SA was op verskeie forums aktief om sy standpunt bekend te maak en het dié standpunt aan die parlement, regeringsamptenare, politieke partye en lede van die internasionale diplomatieke gemeenskap voorgelê. Hulle is ook deel van president Cyril Ramaphosa se adviespaneel om werkbare oplossings te ondersoek.

Vercueil het bygevoeg dat hulle ordelike grondhervorming ondersteun en dat Agri SA deel van dié suksesstorie wil wees, maar dat dit nie in ’n omgewing gedoen kan word waar die regering besig is om die vertroue van beleggers én die boere te verwoes nie.

“Om nie doekies om te draai nie, dit slaan letterlik ’n spyker in ons ekonomie se doodskis. Die lyn is in die sand getrek en Agri SA sal alles in sy vermoë doen om produsente se belange te beskerm,” het Kriek afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

leser ·

wie wil nou boer as die regering te enige tyd jou grond gaan vat nadat jy duisende rande in gesit het om iets aan aan die mense te verskaf
boere sukkel al klaar met dit wat hulle ingesit het en dit wat hulle terug kry om te oorleef en aan te gaan met ‘n “boerdery”

Emma ·

So gaan alles ten gronde hier gaan ons nog klippe kou, maar die regering dink net aan stemme dit is hoekom hulle hul nie eers steur aan die wat teen die onteiening gestem het nie. Die mense wil alles verniet he en nie werk daarvoor nie. As hulle nie hul sin kry nie vernietig hulle alles met optogte.

Cherokee ·

Suid Afrikaners, dit is wel so dat Australië ‘n gesogte bestemming is, maar Uruguay en Panama is slegs twee van veel meer opsies, waarheen emigrasie selfs makliker is en lewenskoste dalk ook goedkoper is.

Cobus ·

Raak net siek en sat vir die swart gallige mense wat altyd reg is om na n ander land te will hardloop.Het ons problem in die land …ja natuurlik will dit nie weg praat nie Maar moet ons ook nie blind staar teen die feit dat sekere ongereghede wel gebeur het.

Carl ·

Cherokee, ek stem saam met jou. Ons kyk nou al geruime tyd na Argentina maar die land het n inflasie koers van 32%, ook Paraguay en Uruguay., met inflasie koerse van 7%. Lg, lyk vir my na die beste opsie. Dit is maklik om daarheen te emmigreer. Die nadeel is dat mens Spaans moet leer praat. Tolla het gesê (soos met Russies) mens moet dit net stadig praat, dan klink dit darem soos Afrikaans.

Cherokee ·

Jy’s heeltemal in die kol Carl, met wat jy sê betreffende inflasie in Argeninië. Na bewering het dit ‘n hoogte van 60% bereik tyd gelede. Ons het nuwe uitdagings. Ek is siek en sat vir sissies wat, as die boere oor die Drakensberge trek, te geel is om nuwe paaie te volg en dan agterbly met die hoop dat hul gemaksones sal hou.

Ons is die gypsies, die nuwe sigeuners, en die laaste geslag Suid Afrikaners. As ons nuwe tale moet leer, hetsy Spaans, Portugeus of dergliks, doen ons so. In ons harte sal ons Suid Afrikaners bly.

Hoe nou..... ·

Die kaders wil net he maar weet nie wat om daarmee te maak nie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou waar is oom Angus en die miljoene “mighty men” om oor hierdie saak te bid? Toe hy by vorige geleenthede gesmeek het vir sy god se ingryping om wysheid vir die leiers van hierdie land………….het god hom geïgnoreer? Of wag hy nou om te sien of ons almal op die 16de by die Voortrekker Monument gaan opdaag? Die nare waarheid is dit: ONS het hierdie situasie toegelaat om te gebeur….en ONS sal dit moet verander, of aanvaar.

jaco ·

oom angus kan, as dit nou regtig sleg gaan met wit mense in SA, maklik teruggaan Skotland toe, want hy kom oorspronklik van daar af.
Helen Zille, wie se lawaai oor die onmenslike apartheidsbeleid aangehelp het om die ANC aan bewind gebring het, kan weer Duitse burgerskap kry deur albei haar oupas.
FW de Klerk se vrou is weer Grieks, so daars nog ‘n lekker “wegkomkans” vir hom en vir haar.
Mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder hulle monde hou oor wat fout is in SA en hoe dit kwansuis reggestel kan word, want hulle het die voorreg om maklik te waai wanneer alles begin skeefloop en gaan soos wat hulle nie wou hê nie.

Kobus ·

Moenie God probeer blameer vir ons mense se ongeregtighede nie. Hy bly getrou, die fout lê by ons. Kyk maar wat doen ons gedurende Kersfees vakansiedae en ander dae. Geen eer word meer aan die Here gegee nie. Ons begeerte is net om die vlees te bevredig en dan kla ons

Sarel ·

God laat hom nie voorskryf of aanjaag nie, al wat ons kan doen is om ons te verootmoedig , opreg te bid en weet dat God se wil en nie ons wil nie sal geskied en daarmee moet ons verlief neem . Hy ken al kaar die uitkoms waaroor ons nog kwel.

jaco ·

was daar al n pertinente uitspraak vanuit die ANC en die EFF oor stedelike grond? Ek besit 2 huise . een word verhuur. gaan net 1 onteien word omdat ek “geldgierig” is om 2 te besit, of gaan albei onteien word omdat ek wit is en moet “gestraf” word vir apartheid?
Moet ek nou verkoop voordat die mark in duie stort, of moet ek wag en sien?
en dan ook, het banke al aangedui of hulle nog lenings aan wit mense gaan gee wat nou wil eiendom koop?

Cherokee ·

Iemand anders het reeds hierdie vraag beantwoord deur te sê dat daar nooit gesê is as ‘n boer twee plase het sal net een gevat word nie. Selfs al het hy een kan dit onteien word.
Ek het 3 wonings en die onsekerheid om te wag of te beweeg knaag. Die eiendomsmark is nie goed ingestel nou nie, so oorhaastigheid kan ook ‘n fout wees. Vergelyk hoeveel rand kos een Aus dollar (of balboas of hryvnias) en besluit daarvolgens.

JJP ·

Baie bly om te sien dat AgriSa ook besig is om wakker te skrik.

se maar net ·

hulle probleem is dan ktiek.
Ook een van die wat glo alle lewende wesens op 2 bene het net goed in hulle, daars hordes wat net sleg in hulle het.
Haal net die glo in alles mooi en goed oogklappe af en kyk wat het in verlede gebeur en besef die tyd vir veg as jy wil in die hool bly kom vinnig nader

JaNee ·

Daar is nie meer ‘n toekoms in Hierdie pragtige land meer oor nie. Sodra die Artikel 25 van die grondwet verander word, is alle bates op die spel. Selfs stedelike gebiede kan dan geteiken word. Ag nee wat, ek en my gesin sal ook maar kyk waar daar vir ons ‘n ander heenkome is….ek is nie bereid om my hande af te werk en alles te verloor nie.

Karolis ·

Verseker. Ongeag of hul FISIES eiendomme vat, sal die onsekerheid rondom eiendomsbesit die finale doodskoot vir die ekonomie wees. Geen regdenkende mens/besigheid sal verder tyd en fondse in sake inploeg WETENDE dat dit op enige oomblik weggeneem kan word.
Ek en my vrou oorweeg sterk om Aus to te emigreer, nie net vir onsself maar ook vir ons kinders se onthalwe. Ons as ouers het ‘n verantwoordelikheid om hul ‘n toekoms te gee.

Siener van Melbourne ·

Janee, ek is in Australieë en wil net sê dat ons nie moet verwag dat die kaders sinvolle redenasie volg nie. Hulle is skurke wat n gulde geleentheid gebruik om politiek te gebruik vir hulle misdade. Die ANC het nie net n agenda nie maar is ook n klomp boewe. Hulle gaan doen wat hulle will om te bereik wat hulle wil. Jy is reg, daar is nie n toekoms nie. Ek is n oud Rhodesiër en Suid Afrikaner. Die skrif is op die muur. Leer by Zim. Dis afdraend al die pad tot in die rioolput.

humor ·

Die oomblik met oorgawe is nie n ander politieke party aan bewind gestel nie maar n dodelike vyand het oorgeneem en hulle het n gesamendlike vyand nl die blankes met enige besitreg. Die politiek het toe so ontaard dat die blanke ten alle koste terwille van politiekegewin vertrap moet word.

Die wit wolf ·

Maak staat op God en die Mauser!!! En nie op politieke uitwegte nie – kyk waar het demokrasie en politiek ons gebring, tyd vir minder praat en meer skiet kom nader….en hierdie “boere” van beroep is alleen lojaal en getrou aan geld, of dit nou subsidies van die ou regering of nuwe regering is – hulle sal hulle siele verkoop vir die regte prys! terwyl die mense wat boere van nasionaliteit hulle self besig hou met die toekoms van hulle volk!

Gatvol Boer ·

En nou sing Dan n ander song, kom ek leer vir jou n les Mr kriek, die hond wat die seerste byt is die een wat jy vertrou, jy het jou rug op ons gedraai, bly by hulle jou “hensopper”

se maar net ·

Hulle word mantel draaiers genoem, sal alles doen vir n hoop geld soos de klerk en kie sonder om n oog te knip

Toets Afrikaans ·

Skaal af met produksie. Produksie sloerstaking.
Die regering kan ons grond vat en die plase verwoes of ons kan die plase verwoes voor hulle dit vat.

jaco ·

hoekom het die ANC tot amper 25 jaar na hulle oorname gewag met onteining sonder vergoeding? Dis n aksie wat deel is van n onmiddelike rewolusie na oorname. in die sowjet-unie, china, kuba en oos-duitsland het sulke goed sommer vinnig na oorname gebeur – nie eers na 25 jaar nie.
As Karl Marx, Lenin, Stalin en Mao Tse Toeng kon sien hoe die ANC-SAKP se rewolusie nou al vir amper 25 jaar lank voortploeter, sou hulle gelag het en moed opgegee het met die ANC
Dis verstommend dat die ANC-SAKP blykbaar NIKS geleer het in die lande waar hulle in exile was nie: In Rusland, Oos-Duitsland, China ens was die rewolusies vinnig klaar – op die langste 10 jaar. Daarna was daardie lande ook SONDER:
stakings
beurtkrag
30% werkloosheid
plakkerskampe
swak vuil staatshospitale
voorstedelike treindiens wat uitmekaar val en waar treine gereeld afgebrand word
lae standaard onderwys waar leerders ook amper die “reg” het om onderwysers aan te rand
en so kan my lysie aangaan. rewolusie en kommunisme was nie net sleg nie. van die ouer mense in Rusland en Oos-Duitsland verlang vandag nog na die “goeie ou dae” van kommunisme.

Siener van Melbourne ·

Jaco gaan lees Martin Meredith se boek oor Zim en jy sal verstaan. Die kaders verloor steun en speel die ras kaart. Onteiening is al wat die swernote oor het om steun te kry.

Anton ·

Boer dan nou net om 4 miljoen mense te voed. Gebruik 50000 agterplase/tuine daarvoor. Boere word betaal vir hul werk en kennis. Boer nie meer vir 55miljoen mense nie. Laat hulle dit dan self doen… Lei mense van die Afrikaner gemeenskap op om boere se spanne te wees. Lei 200 000 op om verdediging/brandwagte en self opleiers te word.

DC ·

Die owerheid probeer bloot n punt maak dat hulle sal doen wat hulle wil. Kom ons maak n punt en sorg dat hulle grond kry waarmee hulle vir n eeu niks mee kan maak nie. Tweedens mobiliseer saam met internasionale boere dat stapelvoedsel weerhou word v sekere lande. Daar is so baie aksies wat geneem kan word. Doen dit net met oorgawe en as een man.

Stef ·

Niks het verander in 300 jaar nie. Net die skaal en kompleksiteit. Hoeveel keer het jy so gesing:
Op U almag vas vertrouend , het ons vadere gebou.
Skenk ook ons die krag o Here om te handhaaf en te hou.
dat die erwe van ons vadre vir ons kinders vir ons kinders erwe bly
knegte van die Allerhoogste teen die hele wereld vry
Soos ons vadere vertrou het leer ook ons vertrou o Heer
met ons Land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
As jy gekies het om hier te bly, sing weer en weer wat jy glo

Frieda ·

Wonder net as hulle voortgaan met grondonteining hoekom sal ek aanhou versekering, grondbelasting, banklenings betaal vorentoe op my huisie?
Vra nog wie se grond gaan hulle onteien wit mense? Hulle sal moet vat wat hulle kry die regering gaan nie meer inkomste he! Ek kan nie enigste een wees wat so dink…..

Susan ·

Nou is die tyd vir TLU om met Zim te gaan onderhandel. Ek hoor hulle soek die boere terug.. Die boere moet nie een vir een terugloop nie. Die keer moet ons onderhandel vir ‘n eie staatsgebied daar en dan kan ons daar ons eie stukkie land kry met voedselproduksie as voorwaarde. Zim is op sy knieë en bereid wees om vir ons selfbeskikking te bied in ruil vir kos.

JAN ·

En skielik word eiendomsregte verander in verbruiksregte. Hmm ? Eiendomsreg het geen meer sekuriteits waarborg nie.
Maar wat van die stam grond van die swart tuislande? Almal kan mos nou daar gaan plak.
En die Staatsgrond? Trustgebiede Myndorpe ens hmm
= SSA . Sovjet SA ?? hmm
Paramount Chief Goeiewil Swellentiny gaan verseker vasskop.
Maaaar die grootste grondeis is wettig aanvaar naamlik die ou Boererepubliek van Transvaal. 1846

Elsa ·

Die gereg staan bank vas saam die ANC. Ons mense moet saamstaan met die moeilike tyd voorentoe asb. Ons moet begin staan op ons regte. Ons moet ons eie plek kry in Suid Afrika. Net soos Oranje. Ons het mos die vermoe om dit te kan doen. Kom groot organisasies maak n plan vir ons Suidafrikaners. Ons kan nie al ons belasting betaal vir die mense wat ons aanhou afbreek nie. DOEN IETS VIR ONS

honourable member ·

Hierdie mense verstaan glad nie die impak van hierdie tipe besluite nie. Hulle staar hulle blind teen die feit dat n wit persoon se grond weggevat gaan word sonder enige vergoeding en dis dit, maar wie gaan voedsel voorsien in die toekom want hierdie mense het nie die kundigeheid of geld om grootskaalse boerdery te bedryf en n sukses te maak nie. Dis net rassehaat wat aangewakker word. Daar word in hulle koppe ingeprent om die witte te verdryf en uit te moor want ons het mos nou hulle vyand geword. Nee rerig mense kyk na die groter prentjie. Hulle kry alreeds so swaar en gaan nog swaarder kry want hier is geen werk meer nie en plaaswerkers gaan geen werk meer he nie.

Susan ·

Tyd om met Zim te gaan gesels oor ‘n eie grondgebied daar. Zim is op sy knieë. Hulle sal selfbeskikking vir ons gee in ruil vir kos.

Tilla ·

Ai mense, as julle enigiets van kommunisme geweet het, sou julle besef het dat dit glad nie oor grond gaan nie, maar die uitwissing van Christene.

Cherokee ·

Niemand stry met jou daaroor nie Tilla, maar dit verander nie die redenasie nie, behalwe miskien ‘n waarkuwing om nie na ‘n plek soos Sjina te verhuis, nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.