Onteiening: Openbare verhore in Limpopo en Noord-Kaap gehou

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik het Vrydag sy program vir openbare verhore vir Limpopo en die Noord-Kaap gefinaliseer.

Die komitee sal volgende week verhore in twee groepe hervat vir die oorblywende provinsies. Die afvaardiging van Groep A sal met sy openbare verhore in Limpopo begin en die afvaardiging van Groep B sal met sy openbare verhore in die Noord-Kaap begin. Die verhore is geskeduleer vir 22 – 25 Oktober 2020.

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die komitee, het gewys op die belangrikheid om die proses so vinnig as moontlik af te handel en gesê die komitee hanteer ʼn “sensitiewe saak wat vrede en maatskaplike kohesie moet bevorder”.

Die komitee het besluit om ʼn addisionele distrik by sy program in Noord-Kaap te voeg om die groot dele van die Noord-Kaap te dek en seker te maak dat soveel as moontlik mense die geleentheid kry om hul insette te lewer.

Die program is hier beskikbaar: https://tinyurl.com/yxafdylc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stefaan ·

Tyd en geld mors. Van wanneer steur die regering hulle aan enige insette van enige iemand. Dit is net oë verblindery.

Wikkelwillie ·

Hier kom sports. Ek hoor al die musiek. Poppe gaan dans

Dirk Mostert ·

Jy het dit mis. Die regering sal die georkestreerde ondersteuning spruitend uit die openbare verhore gebruik as motivering vir hul kommunistiese beleidsbesluite.

Jaco ·

Gaan dié onteiening sonder vergoeding net oor wit mense met landbougrond, of is wit mense se grond in stede en dorpe ook ter sprake? Ek besit 2 huise in stedelike gebied, so 25km van mekaar af. Gaan ek:
1. Uitgelos word?
2. Net 1 verloor met as rede dat dit onregverdig is om 2 te besit?
3. Albei verloor?

Dirk Mostert ·

Dis witmense wat alles sal verloor. Ek twyfel of Ramaphosa se plaas in gedrang is, of inheemse konings se voorregte.

Dirk Mostert ·

Die openbare verhore sal net die geleentheid bied vir busvragte ANC-ondersteuners om hul leke-opinies te lug. Aangesien hulle niks het om te verloor nie, maar wil kry wat aan ander behoort, sal hulle eenparig eiendomsreg wil vernietig, ongeag die globale ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika, soos disinvestering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.