Onteiening: Organisasies reageer oor groen lig vir grondwetwysiging

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die ANC het Donderdag bewerings deur opposisiepartye verwerp dat die proses, wat daartoe gelei is dat ʼn voorlopige verslag Donderdag deur LP’s goedgekeur is om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, net kunsmatig was.

Die grondwetlike hersieningskomitee het aanbevelings aanvaar dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word en die ANC, EFF en National Freedom Party het die wysiging ondersteun. Die DA, VF Plus, Cope en ACDP het die wysiging teengestaan.

Demokratiese Alliansie (DA)

Thandeka Mbabama, DA-LP, het gesê alhoewel die grondkwessie ʼn “delikate en sensitiewe kwessie” is, word dit nou deur die ANC en EFF gebruik as ʼn “politieke speelbal” voor aanstaande jaar se algemene verkiesing. “Die ANC en EFF het hierdie verslag gestoomroller ondanks foute in die prosedure.”

Sy beweer daar was talle foute in die proses, gegewe die feit dat die meerderheid van persone wat geskrewe kommentare ingedien het, teen ʼn grondwetlike wysiging gekant was. “Honderde duisende geskrewe kommentare is verwerp en daar was boonop grootskaalse intimidasie en ʼn geboelie met voorvalle van rassistiese voorvalle tydens die openbare verhore.”

Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF)

Die EFF, die party wat die mosie eerste in die nasionale vergadering ingedien het, het die besluit verwelkom. “Die land het al lankal vir ʼn beslissende generasie gewag wat die dekolonisasieproses wat grond betref, sal konsolideer. Met die EFF is dit binne vyf jaar vermag,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Vryheidsfront Plus (VF Plus)

Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het gesê die geveg om grond en onteiening sonder vergoeding begin nou eers.

“Die VF Plus was deurlopend aan die voorpunt van die stryd teen onteiening sonder vergoeding en sal voortgaan om die ANC en die EFF hierin te opponeer. Die party sal voortgaan met onder meer internasionale bewusmaking van dié aangeleentheid en sal op 27 November vanjaar, wanneer die verslag van die grondwetlike hersieningskomitee in die parlement gedebatteer word, weer aan die voorpunt staan van hierdie stryd om eiendomsreg in Suid-Afrika,” het Mulder gesê.

Die moontlikheid van ʼn regsproses om die besluit van die komitee ter syde te laat stel, is ook ʼn opsie aangesien die proses wat die komitee gevolg het, gebrekkig was, en deurspek van foute. “Hierdie optrede van die ANC-regering wys opnuut dat die publiek nou moet opstaan, betrokke moet raak en saam met die VF Plus terugslaan teen die ANC wat Suid-Afrika op ʼn pad van totale vernietiging lei.”

Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het die beslissing van die grondwetlike hersieningskomitee ten sterkste veroordeel en stel dat die besluit dreig om Suid-Afrika na ʼn mislukte staat te voer.

Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, verduidelik dat die besluit ʼn bespotting van die administratiewe proses maak wat duidelik net skyn was. “Hierdie besluit kan daartoe lei dat eiendomsreg tot niet gaan en daar bestaan wesenlike twyfel oor die voortbestaan van die oppergesag van die reg in Suid-Afrika.”

Solidariteit is van mening dat hierdie besluit drastiese gevolge kan inhou vir die redelike toepassing van die reg in Suid-Afrika. “Wanneer die Grondwet geen werklike perke op die mag van die owerheid plaas nie en die wil van die mense – soos geïllustreer word deur die 64% van die geskrewe kommentare wat teen die wysiging gekant is – sowel as internasionale erkenning van die belang van eiendomsreg nie so ʼn proses kan halt nie, watter wigte en teenwigte bestaan dan werklik om te verhoed dat die staat burgers se regte skend?” wou Human weet.

Solidariteit ondersoek tans alle moontlike regstappe en sal hul strategie oor hoe hulle van plan is om die besluit te beveg, later bekendmaak. Human voer aan dat die inhoud van die wysiging bepalend sal wees, maar het beklemtoon dat feitlik enige voorstel afbrekend sal wees vir die regstelsel en gevolglik ook vir die welvaart van Suid-Afrikaners. “Daar is ontelbare maniere waarop hierdie wysiging Suid-Afrika in die afgrond in kan stuur, en uiters beperkte – indien enige – moontlikhede vir verbetering. Wat belowe word, is welvaart, trots en menswaardigheid, maar wat geskied is eerder ʼn sentralisering van geweldige mag in die staat om ongekende beheer oor burgers uit te oefen,” het Human verduidelik.

Ten slotte veroordeel Solidariteit die onvanpaste gedrag van president Cyril Ramaphosa tydens die openbare deelnameproses. “Ons het gesien hoe Ramaphosa ʼn aankondiging gemaak het voordat die proses voltooi is; ons het gehoor hoe die president onrusbarende ras-retoriek gebruik en wit mense daarvan beskuldig dat hulle diewe is en hulself skuldig gemaak het aan die erfsonde.

“Thabo Mbeki, in sy gelekte skrywe, was oënskynlik reg gewees om reusekommer uit te spreek oor die ANC se gewilligheid om ʼn party vir alle Suid-Afrikaners te wees. Solank as wat politieke partye nie alle Suid-Afrikaners wil verteenwoordig nie en slegs vir Afrikane oor die algemeen en swart mense in die besonder werk, sal alle Suid-Afrikaners hieronder ly, want herverdeling werk nie – dit het nog nooit in ʼn klassestelsel gewerk nie, en dit is geensins beter wanneer die regering dit op ras baseer nie.

“Soos die wêreld reeds met afsku verneem het, sonder eiendomsreg sal alle Suid-Afrikaners ook, soos diegene in Venezuela en in die destydse Sowjet-Unie en ander lande, ly onder geweldige armoede en hongersnood – buiten, natuurlik, die politieke elite wat hulself van onteiening, genasionaliseerde gesondheidsorg deur die NGV en tientalle ander drakoniese beleidsrigtings kan vryskeld,” het Human gesê.

Sakeliga

“Die grondwetlike hersieningskomitee se aanbeveling dat die Grondwet gewysig word om onteiening sonder vergoeding toe te laat, ondermyn Suid-Afrika se konstitusionele legitimiteit. Die rede is dat konfiskasie, in die sin wat die parlement in gedagte het, ʼn aantasting is van die dieper idee van konstitusionalisme self.”

Só sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie Sakeliga, na aanleiding van die aankondiging van die komitee se aanbevelings.

Le Roux sê Sakeliga sal voortgaan om hierdie wysiging van die Grondwet teë te staan, aangesien die voorgestelde wysigings fundamenteel onaanvaarbaar bly.

Vir ʼn opsomming van Sakeliga se argument oor die gevaar van onteiening sonder vergoeding vir konstitusionalisme, internasionale reg en die ekonomie, lees hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Pieter ·

DA se bydrae is niksseggend…hul ondersteuners verdien hierdie besluit.

RG ·

Ons het al alles gehoor wat hier gesê is. Sê eerder presies hoe julle dit gaan beveg en laat ons as burgers weet wat van ons verwag word om te help!

Jollie ·

Gaan ons darem nog tv’s hê om boer soek ‘n vrou te kyk?

Veritas ·

Jollies, watter boer praat jy van? Daar gaan nie meer soiets oorbly nie.

Sdl ·

Klink na kunsmatige intelligensie. Die grondwet ‘ made in China’ ??

Allesisrond ·

En so moet ons maar weer die geweer optel teen die kommuniste. 1994 was ‘n klug…

Al ·

Wat kommerwekkend is, is dat eiendomsreg erg geskend gaan word – want eiendom sal meermale onteien word – in magsugtige en korrupte amptenare se hande val.
Watter bank gaan lenings toestaan as eiendomsreg nie verseker is nie?
Almal gaan verloorders wees in die verandering van die Grondwet.

Vrystater ·

Lyk my dit gaan “boer soek n plaas” wees een van die dae.

Arak ·

Jammer Solidariteit, daar was nooit teenwigte nie. Dit was ‘n blatante NP leuen. Sal graag wil hoor wat Roelf en FW vir hulself te sê het. Kom Theuns Eloff van die FW de Klerk stigting, vertel ons dom mense, hoe wonderlike dinge nou gaan wees. Vertel ons weer hoe wonderlik is ons grondwet…

Tokkelos ·

FW waarsku nou teen ‘n bloedbad en anargie. Gaan lees daar op sy stigting se blad.

Chris ·

Ou Roelfie praat niks sleg van die oneiening sonder vergoeding nie, ek ook nie reguit nie. So ek is oortuig hy vee sy boude daaraan af.

Zebra ·

Die Chinese het klaar geld gee hulle soek nou grond om hulle besigheid en fabrieke te begin

RG ·

Fabrieke?! Wanneer hulle klaar is met SA sal dit lyk asof ‘n molplaag die land getref het van al die mynhope!

Johan ·

Net so… Die grootste misdaad van die mens in die laaste 6000 jaar. Politikuste moet Besems gegee word dat hulle eerder ons strate skoon hou vir R150 per dag.

Stella Berning ·

Ons het almal geweet hulle gaan voort. Wat verder gaan gebeur is nou n kwessie.

Kaso ·

Toemaar Oom effie se teenwigte sal ons red moenie worry nie .Waar is die nuwe nasionale party nou ? Ons is blatant voor gelieg !!!

PIENKIE ·

Ons is lankal gewaarsku dat dit wat in Zim gebeur het, hier gaan plaasvind. Maar almal het in lallaland geleef as die sogenaamde reenboognasie. Nou ewe skielik is almal verbaas. Die honeymoon is verby.

Gottie ·

Die DA baklei te veel onder mekaar en is onkant betrap met die een.

Jean ·

EWC is deel van die 2de fase van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR). Die 1ste fase is bevryding en die 2de fase is kommunisme. Die ANC het die NDR erken deur die 1955 Vryheidsmanifes tydens die ANC Morogoro Konferensie in 1969, asook die totale vernietiging van wat genoem word as ‘n Colonialists of a Special Type (CST) wat verwys na alle Suid-Afrikaners van Europese afkoms. Die ANC erken die SAKP NDR-plan elke vyf jaar in sy strategie- en taktiekdokumente, soortgelyk aan die Sowjet-5-jaarplanbeleid. Soos uiteengesit in die 1989 SAKP-papier The Road to Power, gebruik die ANC die proses om die NDR te implementeer deur die balans van magte toets, deur die verskeie plaaslike en internasionale omstandighede te evalueer en om die verskillende fases van die NDR te implementeer wanneer die omstandighede voordelig . As die ANC met weerstand ten opsigte van die fases van NDR-implementering ontmoet word, gaan dit gewoonlik ‘n stap terug, met die geloof dat dit in die toekoms sal voortduur. Die Kommuniste toets tans die Balance of Power op beide die internasionale en plaaslike vlak rakende die implementering van grond onteiening sonder vergoeding soos in die geval by die Clintons. Dit doen dit ook plaaslik deur verskeie konseprekeninge openbaar te maak en die reaksie van die SA publiek daarop te evalueer. Dit het dit ook gedoen deur middel van die verhore van die land, en ook wat die kommuniste graag Left Populaire Fronts (LPF) noem basies alle organisasies wat linkse leunende sienings hou.

Die waarheid ·

Hierdie moet nou vir ons die finale rooilig wees en ons moet nou uit ons blokke kom. Beginklein groepe vorn met jou familie en ware vriende en voer gespekke. Nie om n braaivleis vuur met drank nie. Stel doelwitte op en funksioneer as n eenheid. Soek dan ander groepe met dieselfse doelwitte ens. Nee wat nou moet ons begin. O ja en skuif die draadsitters of “dit sal nooit gebeur groepe “eenkant toe.

Joe ·

Ons as blankes het net een party wat ons voor kan stem, en dis die VF. Ek erken ek het DA gestem net om die munisipale verkiesing te help wen teen die ANC, maar nou is hulle net so korrup.

Pietverdriet ·

Hang af wat die VF+ se verkiesings manifes sê….sover is dit nog net Die Kaap Party wat wil veg ver onafhandlikheid v d Kaap provinsie….al uitweg nou in my opinie.

Frik ·

Front Nasionaal dalk beter…hul staan vir selfbeskikking. Te veel SAkaners vind te egter te gesellig aa deel van die “reënboognasie”. Aan hul is geen salf te smeer nie.

Johan ·

Hoop hul vat die ouens in stede se huise ook. Elke eienaar kan v him n swart eff of anc huisgesin huisves in die stede. Dan is hul naby skool klaar met krag , water en hul bly verniet. Dos mos baie beter.

Jeremia ·

Daar is reeds vóór ’94 gewaarsku teen die plannetjies van die anc. Noudat die land bykans leeg geplunder is, finansier anc se ou kommunistiese bondgenoot, China, hierdie oorname.
En die eff is as die rooi militantes voorgestoot om hulle soort druk hieroor uit te oefen.
Waar is diegene nou wat die “rooi gevaar” so belaglik probeer maak het?
Die Chinese gaan nie kos of geld vir mahala gee nie.
Ons is nou by ‘n skaarste aan kos en dan met die voortslepende droogtes by hongersnood.
Waar is diegene wat altyd sê Afrikaners kla net? Ek wil jou/julle sien met geld in die hand, maar geen kos om te koop / kry nie.
O, ons water / riviere / damme is reeds liederlik besoedel. Laat my dink aan Siener se voorspelling dat die land ‘n mishoop sal word/wees.

Jakes ·

If you vote me I will gift you this and that and all be coming free……. Is al waaroor dit gaan. Gaan vra maar vir Bears en russels hoe die mense na 94 verkiesing hulle free toasters en vrieskaste kom soek wat hul belowe was….

Carl ·

Kom ons raai van die boere gaan seker nou ophou plant. Eienaars gaan nie verdere verbeteringe aanbring op eiendom nie. Besighede gaan nie uitbrei nie. Dit sluit aan by ‘n droom van baie jare gelede. “Ek het geloop in ‘n dorp wat leeg was. Ek het ingeloop by die bakkery en dit was leeg. Daar was geen brood asook geen vuur en die hout wat tevore daar was nie. Dit was verlate asof niemand daar was in jare. “

Sarel ·

Weer eens word die bal in die publiek se hande gegooi om die uitstel tot na die verkiesing teen geweldige koste deur die howe te bewerkstellig. Terselfde is dit dan ook n geleendbeid om die opposisie in die verkiesing te diskrediteer. Dit gaan alles om stem werwery en het niks met die landsbelang te make nie .

Staak saam ·

Dryf dit na n punt toe, die oud boere republieke was internasioenaal erken voor britse oorheersing, alle organusasies en partye wat onteiening teenstaan moet net hulle seën toese onder een party en dryg, sodra onteiening verder gedryf word roep ons die republieke weer uit.

So maklik soos dit, nie heeltemal nie maar dit sal die hok goed skud.

Piet parys ·

Ja dit het mens van die ja stemmers wat alles geglo het wat FW regering hulle belowe het . Piet Retief het die fout begaan om met swartes te onderhandel en wat het met hom gebeur. Gelukkig het ek nog nooit vir Np gestem nie . My stem was vir die KP en toe tot nou VRYHEIDS FRONT

PJ ·

Ou frikkie en sy trawante mos gesè hulle moes onderhandel ( hulle lieg land weg gegee) om chaos te voorkom wonder wat hulle dit noem wat nou in die land aangaan harmonie en dai wigte en teenwigte nooit realiseer nie leuenaars verraaiers

Emma ·

Hulle gaan grond kry maar waar kry hulle water om te boer. Gaan die anc dit ook verniet gee .

Pieter ·

Duidelik net weer `n bewys dat mens nou vir die VF+ moet stem, die DA staan vir niks meer nie. Ek sal nie verbaas wees as MM saam met die EFF gaan smelt nie. Moet nie volgende jaar jou stem vir iemand gee wat niks vir jou gaan doen nie.

Frik Lotz ·

Ja nee wat, stem eerder VF Plus. Die DA is hopeloos en beteken niks nie!

B ·

Ja Dan Kriek en Agri-SA, NOU krabbel julle paniekerig terug en reik links en regs verklarings uit. Waar is die opgehemelde helde en detente nou? ?

Harry ·

Hulle moet maar eiendom vat en sien wat gebeur, want hierdie keer is hul omring deur witwolwe en het geen beskerming as hul deur die neutrale langplaas met hul voertuie ry nie – dit gaan omtrent ‘n feesmaal vir die wolwe wees!

Andre ·

Mense moet jul nie bekommer nie! de Klerk se teenwigte gaan hier inskop en ‘n utopia verseker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.