Onteiening skielik in vinniger versnelling

Argieffoto (Foto: goumbik/Pixabay)

Die proses om art. 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het skielik Dinsdag na ʼn vinniger versnelling oorgeskakel toe ʼn konsepweergawe van die grondwetlike wysiging deur die parlement se regsafdeling voorgehou is.

Dit het gebeur tydens ʼn sitting van die ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25.

Die voorgestelde aanvanklike bewoording van die wetswysiging lui ʼn hof mag beslis dat regmatige en billike vergoeding vir ʼn stuk grond wat in belang van grondhervorming onteien word, nul kan wees. Dit moet egter in ooreenstemming wees met nasionale wetgewing wat spesifieke omstandighede uiteensit waarbinne ʼn hof kan besluit dat ʼn nulwaarde regmatige en billike vergoeding kan wees.

Die parlementêre regsadviseurs het uitgewys dat niks in die proses uit die grondwetlike artikel gehaal word nie – bostaande word bloot bygesit. Dit sou beteken dat vergoeding vir onteiende grond die bedrag is wat óf deur die partye onderling, óf deur die hof bepaal word.

Die DA en VF Plus het dadelik beswaar gemaak dat die voorwaardes waaronder onteiening sonder vergoeding kan plaasvind, wesenlik oorgedra word op nasionale wetgewing, wat met ʼn meerderheid van 50% in die parlement aanvaar kan word – eerder as met ʼn tweederde-meerderheid.

Die ANC en EFF het toe die ander twee partye daarvan beskuldig dat hulle bloot hul voete wou sleep. Die ANC-LP en voorsitter van die ad hoc-komitee, dr. Mathole Motshekga, het boonop voorgestel dat die rol van die hof verminder word om geen spesifieke rol in die proses te speel nie, afgesien van die noodwendige mag van hersiening waaroor die hof beskik.

Hierteen het die DA en VF Plus nogmaals beswaar aangeteken, maar die aanvanklike aanduiding was dat die ANC en EFF redelik positief gestaan het teenoor Motshekga se voorstel – die ANC in groter mate as die EFF.

ANC-LP’s het trouens los en vas begin praat oor ʼn tribunaal eerder as die hof om oor grondwaarde te besleg, maar daardie gesprek is kortgeknip en die vergadering is tot Donderdag verdaag.

ʼn Ander punt het voor die verspreiding van die wetsontwerp ter sprake gekom toe ʼn brief waarin AgriSA vra dat die konsepwetsontwerp nie tydens die Kersvakansietyd vir openbare kommentaar voorgelê word nie, bespreek is.

Motshekga het besluit die wetsontwerp kan wel in hierdie tyd in die Staatskoerant vir kommentaar geplaas word, aangesien daar oorgenoeg tyd (sowat drie weke) in die nuwe jaar is om kommentaar te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

34 Kommentare

jf ·

die naiewe ou afrikanerkies gaan nou begin leer watse fout dit was om hul land aan kommuniste weg tre gee..

Sak ·

Is die lot waarna jy verwys nie teen die tyd al dood nie??

Kom oor dit. Dit is verby. Wat is jou nuwe plan? Net moun oor die ou afrikanertjiies??

Johan ·

Presies! Hoe het ons OOIT met terroriste en kommuniste onderhandel?

Agteruitboer ·

Regmatige en billike vergoeding vir sommige ministers behoort nul te wees! Onteiening van grond gaan beslis die Rand se waarde na nul verander! Dalk lyk nul beter as niks vir ons regering!

Kola ·

FW kom in!!.
Waar is daardie vurige FW wat mense aan die neus gelei het met sy Wigte en teenwigte, eie skole, eie woongebiede.
Hoekom het hy dit nie onderhandel nie.
Sy skaakspel was SWAK.

Pottie ·

Nee broer ou kaal kop sit lekker in sy huis in die kaap wat hy gekoop het met die 50 milj wat die korrupte ANC vir hom gegee het die rubbish

Sak ·

Jy herinner my nogal aan die ANC en EFF wat heel tyd by apartheid vashaak..

Kom oor dit. Dit is verby. Doen iets nuuts om verandering te bring of vlug landuit.

Johan ·

Kola, die tweede referendum soos belowe het nooit plaasgevind nie. Die Boere is uitverkoop deur die links liberales. Die huidige regime is onwettig aan bewind!

James ·

Hoekom betaal ek nog my huis af as hulle dit net gaan vat. Ek werk 2 werke om alles te betaal en dit gaan niks beteken nie.

Dries ·

Ag ou broer die ANC moet dan maar die bank ook betaal want ek sal oor my dooie ligaam nie die bank betaal nie wat gaan hulle doen die huis of plaas vat wat die korrupte ANC klaar gevat het sterkte vir die bank

Louise ·

Hier is ‘n slang in die gras. Chinese kolonialiste raak ongeduldig

Koos Kookwater ·

Is die ANC en die EFF besig om te krap waar dit nie jeuk nie?
Die boere mag dalk net omgekrap raak en “onvrantwoordelik” begin optree

Pieter ·

Ons blankes het nie ore nie koos ons wil nie standpunt in neem nie ons gaan slae kry ons slapgat blankes moet by die mense van hong kong gaan leer hoe word dit gedoen

Waarvan praat jy? ·

Watse boere? Verstaan jy dat die blanke net 8.4% van die land se bevolking is? Wat gaan ons maak? Die polisie, weermag ens. is alles in die ANC se hande. Ek is moeg daarvoor om die kommentaar te lees oor die boere sal dit of dat. Dis verby, ons sal nooit weer aan bewind wees van hierdie land nie, maak vrede daarmee.

Werner ·

Waarvan praat jy is dit nie vir jou snaaks dat 91.6% wette maak om hulle teen die 8.4% te beserm nie

John ·

Interessant dat alles wat die ANC aan raak die woord miljard insluit buiten wanneer van wit grond gepraat word. Hierdie wet gaan die vinnigste in die geskiedenis wees wat deurgedruk gaan word en die verval van die land gaan ook so blitsig ditto. Die groen monster is glo die ryding van groen mannetjies en tannietjies en baklei gaan die spul baklei oor wie waar gaan afsaal. Die hof wil ten alle koste uit die saak gehou word want die
0-faktor moet plek oophou die miljard-faktor wat dan moet inskop.

Jr ·

Ja OK waarvan praat jy -gaan sit in jou hoekie en dood gaan. As u nie wil baklei vir jou oorleweing en jou familie is dit jou saak. Die Britse mense het opgestaan teen n nasie wat oormatig sterke as hulle was en ge triompheer. Hou op om te kla. Op die oomblik is dit education en die wil om vreedsaam te lewe dat ons nie oor gaan na iets anderste. Ons het probeer weg kom van die Engelse en binneland toe getrek. Maar hulle het agter ons gekom en gedruk en gedruk totdat ons opgestaan het. Moenie die wil vir oorleweing onderskat. As dit gebeur kan jy besluit of jy uit jou hoekie wil kom

ET ·

Stem saam met jou jf. Plek is ook nou armer as tydens apartheid (onthou die groot rede was dat sanksies SA sou verpletter) ,kyk nou net wat het die ja stem vermag. Maak oorlog teen commies vir amper 30 jaar en dan gaan stem hulle ja vat maar nou oor.??????!!!!!!

Gaps ·

Die skelms in beheer gaan jou grond koop vir nul rand, dan vir een van hulle skelm broers gee en dan gaan daai skelm broer dit weer aan staat verkoop vir miljoene. So gaan di corruption net aan. Lekker in die land.

Ben Niemand ·

As ek sien wat ek terug kry vir my belasting geld, sou ek reken “Onteiening sonder Vergoeding” is al jare die norm van die land…

Johanna Botha ·

Ek vertrou die anc om dit ook optemors ….soos alles …eskom saa sabc …ag noem maar op …nine lost years onder zuma

Strandloper ·

Bla bla bla…praat help nie en sal ook nooit! Ons het te doen met dit wat ons teen geveg het en liederlik verloor het danksy daai blink ronde blink kop en al die ja broers. Die uitweg…vat jou goed en trek of pas aan! Ons het die grys goed…gebruik dit!

Strandloper ·

Mmmmm wees wys en gebruik daai grys goedtjies van jou om die saak om te draai. Statestieke bewys ons kan…

Doefie ·

Kyk ek was nog altyd ‘n positiewe, goedgelowige mens wat probeer en hard probeer om dinge te verander en my kant te bring. Maar naief was ek nog nooit. Daar is niks om te verander nie, daar is niks wat ons kan doen aan hierdie golf wat ons verswelg nie. Dit het my baie jare gevat om tot hierdie punt te kom. Al wat oorbly is om te probeer om hierdie golf te ry tot waar hy jou ookal vat en om nie te verdrink in die proses nie !

George ·

As ons eers saam staan en weer na die Here draai, inplek van ons eie ding te doen, sal die Here ons hoor en red van die vyand. Maar ons het die Here kant to geskyf en gee nie meerbom vir ons eie volk. Skrik Wakker Mense, staam saam metvdaai grys dingetjie…

Nettie ·

@George …. George … George ….. Die liewenhere kan sowaar ook nie ORALS wees en ORALS help nie. Dat die Afrikaners God se “uitverkore” volk is, soos die Israeliete was, is ‘n faux pas. REGTIG. Ons is 300% die minderheidsvolk in dié land, daarom is ons proteste soos om teen die prikkels te skop; enige een wat dink dat sy of haar kruisie op ‘n stukkie papier op stemdag (énige stemdag, ‘for that matter’) ‘n verskil gaan maak, moet Aarde toe kom.

Ek sê dit nou hard en prontuit: VERKIESINGSUITSLAE WORD GEKOOK. Mens kan niks glo wat die A en See mens wysmaak nie. As jy nie die geld het om landuit te foeter nie, is jou doppie geklink. Dan moet jy maar sit en bly sluk hier terwyl jy maar net hardop kan bid dat jy nie vermoor word net omdat jy blank is nie.

George ·

@ Nettie… Nettie… Nettie…. Dis mense soos jy… U gebrek aan geloof toon duidelik. Duidelik, ken U nie die Almagtige Krag van God. Probleem is, ons het ons belofte aan die Here gebreek van die 16de Desember.. Nou huil ons oor die gemors, maar ons glo nie…. Ag sies tog. Dalk moet jy trek na ander land.

TwintigTwintig Visie ·

2020 sal die jaar van wonderwerke wees want selfs die mees “positiewes “ sal dan 2020 visie kry en kan sê: Nou sien ons!

Kaal Keiser ·

..Zimbabwe my old friend..you’ve come to claim again…

Fanie Grobbelaar ·

Sak, klink my jy is oor dit . Laat ons asb jou nuwe plan hoor.

Lisabon ·

Ek wonder nou is “Sak” en “Zak” dieselfde persoon….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.