Onteiening sonder vergoeding ‘baat niemand’

(Foto: StatsSA)

Die burgerregtegroep AfriForum sê die ANC se stelling dat onteiening sonder vergoeding weer ondersoek moet word, is ʼn blinde najaag van ideologiese denke wat tot nadeel van die samelewing in geheel sal wees.

Die organisasie sê hy is reeds besig om saam met verskeie kundiges ʼn omvattende plan vir herstel – wat onder meer op die ekonomie fokus – op te stel wat eersdaags aan die regering oorhandig sal word.

Vonke het die afgelope week weer in die parlement oor die kwessie gespat. Emosies by die vergadering, wat eintlik gehou is om die ad hoc-komitee se mandaat oor die verandering van art. 25 van die Grondwet te verleng, het soms hoog geloop.

Die DA en VF Plus het teen die herinstelling van die komitee gestem, terwyl Cope en die IVP gekant is teen die verandering van die Grondwet, maar ten gunste van die herinstelling van die komitee.

Die EFF het op sy beurt aangevoer nie eens die nuwe koronavirus kan onteiening sonder vergoeding keer nie.

Verskeie politieke partye het aangevoer die moontlikheid van onteiening gaan beleggers verjaag en dít op ʼn tydstip dat die land dit broodnodig het.

AfriForum sê die Covid-19-pandemie en die regering se “irrasionele inperkingsregulasies” het ʼn geweldig negatiewe uitwerking op die land gehad. Die organisasie sê wat Suid-Afrika nou nodig het, is verantwoordelike optrede wat ekonomiese groei sal stimuleer om die private sektor toe te laat om die skade te probeer herstel.

Die organisasie sê dit vereis groter sekerheid oor eiendomsreg en ʼn regulatoriese raamwerk waarin entrepreneurskap met opbrengste beloon word, pleks daarvan om deur die staat geteiken te word.

“Ervaring het gewys dat kaders en politieke vriende van die regerende party die enigstes is wat by beleidsidees soos onteiening sonder vergoeding baat – en selfs vir hulle is die voordeel bloot tydelik omdat die regering se vriende nie van ekonomiese inkrimping geïsoleer is nie,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Eff weet nie wat om hulle aangaan nie. Al wat hulle weet is om rassisme te bevorder, en haat te handaf.

Hendrik ·

EFF weet presies wat aangaan. Hulle is maar net die handige verlenging van die ANC wat hulle rol uitstekend speel. EFF maak die geraas, ANC se dan”kyk daar wat soek die mense van SA”. Dan gee die Afrikaners en die res, maar nog ‘n stukkie toe. Die ANC eindig dan elke keer met meer as wat hy gehad het. Sukses.

JohanR ·

Is daar DOM op my voorkop geskryf? Waar sal al hierdie plaase wat gevat is met onteining sonder vergoeding gaan? Dit sal gaan na die ANC ministers, burgermeeters, munisipale bestuurders, families, vriende en soe aan en soe aan. Wat oorbly sal ‘n EFF hier en daar kry. Dink ek het gelees van Grace Mugabe wat rondgery het in Zimbabwe en vir haar die sappigste plaase uitgekies het. Wonder of ons minister al ‘n lekker sappige plaas iewers uitgekies het, vir wat hulle NIKS hoef te gedoen het nie, niks voor moes betaal nie, maar kan net intrek. Daai probleem is dat sonder die wit boer se hand op die plaas, is hy binne 12 maande ‘n vark hok. Vra maar vir Thandi Modise die Spreuker van Parlement. Sy spog blykbaar met ‘n plaas wat vervalle is. Wonder hoeveel ander ANC grootes op die oomblik het plaase sodat hulle kan spog, maar op daai plaas is daar net stof, en niks anders gebeure nie? Nee wat ANC’s, kos en drank grooi op ‘n boom daar by Woolworths!

Hekwag ·

En die dag as hulle begin kripeer van elende (en dit GAAN gebeur), DAN is die wit boer weer welkom!

Werner ·

Dit baat die ANC ministers solank hulle die gepeupel gelukkig hou met komunistiese uitsprake en die vir hulle stem het hulle nou nie juis n saak met Afriforum en voedsel sekerheid nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.