Onteiening sonder vergoeding: ‘Beloftes gaan nooit realiseer nie’

Deelnemers by die Heartfelt Arena in Pretoria. Foto: Reint Deikema

Solidariteit het Saterdag by die Heartfelt Arena in Pretoria ʼn voorlegging gedoen aan die paneel wat die landswye openbare deelname- proses behartig.

Werner Human, adjunkbestuurshoof van Regsdienste by Solidariteit, het gesê die kern van Solidariteit se insette aan die paneel is tweevoud.

“Eerstens is Solidariteit van mening dat die voorstanders van onteiening sonder vergoeding (OSV) se ondersteuning gesetel is in die beloftes wat met OSV gepaardgaan. Die beloftes is dat OSV voorspoed en ekonomiese sukses tot gevolg sal hê. Dit is daarom van belang om daarop te wys dat OSV nie soseer handel oor die begeerte om grond te bewerk nie, maar dat dit eerder gesien word as ʼn voertuig wat tot voorspoed en welvaart sal lei,” het hy gesê.

“Tweedens voer Solidariteit aan dat ʼn pragmatiese beskouing ten opsigte van OSV nodig is. Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit wat aan die openbare verhoor deelgeneem het, voer aan dat die geskiedenis OSV reeds geoordeel het, dat daar geen ekonomiese voordeel aan OSV is nie, en dat sou OSV op een of ander wyse gestalte kry dit tot nadeel van alle Suid-Afrikaanse burgers sal strek.”

Human het gesê Solidariteit stel dit onomwonde dat onteiening sonder vergoeding rampspoedig sal wees vir die land se ekonomie en verder dat, sou OSV slaag, dit Suid-Afrika jare terug sal plaas.

“Die wyse om die komplekse vraag oor grond te takel is eerder om private eienaarskap uit te brei aangesien dit reeds bewys is dat eienaarskap lei tot ekonomiese groei en voorspoed,” het Human bygevoeg.

•    Klik hier om Solidariteit se indieningsdokument wat op 15 Junie 2018 ingedien is te lees.
•    Klik hier om Solidariteit se inset wat voorgelees is tydens die openbare verhoor op 28 Julie 2018 te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Erika Pirzl ·

Maak die Wes-Kaap onafhanklik van Suid-Afrika … dan kan hul die res vat en deurtrek soos in Zimbabwe …

Dirk Breytenbach ·

Stem saam met onafhanklikheid maar dis ook nie haalbaar nie. Dinge het te ver uitgerafel in SA en verskeie volksgroepe eis eiendomsreg op en dit is ‘n resep vir ‘n ramp. OSV sal deur die president, ANC en EFF deurgevoer word en dan is daar chaos. BBBEE wat ook deur die DA ondersteun word het tot onrealistiese verwagtinge gelei. Die ANC regering kon nie vir agtergeblewe groepe waarde skep nie maar die blanke deel van die bevolking word nou geblameer wat gerieflik is vir die huidige regime. Net ‘n wonderwerk kan die land nou red.

Sieg ·

ANC regering= kommunisme en land diewe gaan voordat almal gaan gou baie honger word, dan gaan die poppe dans, lewens gaan absoluut niks werd wees nie & burgers sal uit gemoor word vir kos en anargie volg dan.

H.A. ·

Die land het nou miljarde ontvang .Daar kan mos nou plase gekoop word-of die plan is om alle plaas produkte in te voer. So boere is nie meer nodig nie. As daar iets is wat benodig word sal die nuwe Guptas voorsien. En moet tog nie vir ons vertel dat die miljarde ñ ekonomies goed vir die land is nie. Hoeveel miljaard gaan in die bekende donker put wegraak ?

jaco ·

Geagte ANC en EFF: herskryf asseblief RSA se grondwet en sit die volgende daarin: wit mense se grond in al die provinsies word onteien sonder vergoeding. Neem terselfdertyd wit mense se stemreg weg. Verskuif alle wit mense na die Wes-Kaap en maak die Wes-Kaap ‘n wit tuisland met beperkte selfregering. Laat ook buitelandse beleggings daar toe,dan het julle steeds ons belastinggeld. Kortom, straf die wit mense finaal vir apartheid met ‘n nuwe beleid van apartheid. Met so ‘n beleid as deel van ons land se grondwet, sal ons finaal weet waar ons met mekaar staan. Julle sal ook tot ‘n groot mate ontslae wees van ons rassisme, uitbuiting en wit monopolie kapitaal. Ons sal wel weer regkom.

snoefie ·

die meerderheid wat hulle tande sit en sluip in die hoop om n florerende te beerwe moet eerder die eff en die anc (een en dieselfde, twee verskillende name) vra wat dit hulle gaan kos om te boer op die plase wat nooit hulle eie gaan wees nie. as hulle dalk aanvanklik gratis kry, moet hulle glad nie verbaas wees as hulle op jaar 6 n eekeninf kry vir 6 jaar se huur, dadelik betaalbaar nie!

stella ·

Om net een dag op n plek te will wees was nie genoeg nie, almal wat wou praat het in vereeniging nie eens n beurt gekry nie, slegs n handjie vol blankes kon n beurt kry om te praat

Anner Anton ·

Probleem is daar word gelei met die idee van OSV. As daar n plan was wat sin op ekonomiese en bedryfsvlak maak oor hoe die voedselproduksie vergroot kan word en daardeur die ekonomie sekuur kan laat groei en dat onteiening sonder vergoeding n minimale en heel laaste stap net in sekere gevalle sou wees kon daar aan die plan geskaaf gewees het met eenvormige doelgerigte insette van almal. Soos dit nou is is die OSV ondier maar net gewone alledaagse diefstal wat blyk die enigste ambag is van die oorgrote meerderheid van ons bevolking. Dalk verdien hulle dan die gevolge van OSV.

Anton ·

Probleem is daar word gelei met die idee van OSV. As daar n plan was wat sin op ekonomiese en bedryfsvlak maak oor hoe die voedselproduksie vergroot kan word en daardeur die ekonomie sekuur kan laat groei en dat onteiening sonder vergoeding n minimale en heel laaste stap net in sekere gevalle sou wees kon daar aan die plan geskaaf gewees het met eenvormige doelgerigte insette van almal. Soos dit nou is is die OSV ondier maar net gewone alledaagse diefstal wat blyk die enigste ambag is van die oorgrote meerderheid van ons bevolking. Dalk verdien hulle dan die gevolge van OSV.

H.A. ·

Sit die wes-kaap uit julle koppe uit asb. Die grootste dwelm bendes regeer in die oos, wes en suid-kaap ! – en weet maar net dat die kleurlinge ook nie blankes verdra nie, dit is hoekom die anc begin oorvat daar.

Chris ·

Wat gaan maak n blanke by die sogenaamde verhore, hulle kry eerstens net n beperkte spreekbeurt met net n paar wat mag praat net om dan boonop dood geskreeu en uitgejou te word. Ek is seker hulle insette word nie eers aangeteken nie. In elkgeval dit is net n verkiesings foeffie die meerderheid gaan nog langer as lewenslank wag om iets van die staat te ontvang. Kom bewys my verkeerd

Eish ·

Ek dink tog jy is heeltemal korrek met jou afleiding. Met die Kaukasiërs op 7.8% van die bevolking en emigrasie op 21000 per jaar uit die groep, is die getalle negeerbaar.
Verder is dit die Landbouorganisasies wat moet insette lewer hier. Ek verstaan glad nie hoekom stuur ons die perd oogarts toe indien hy kla van tandpyn nie.

John ·

Ja sowaar, die Wes-Kaap is die laaste plek wat die ANC ooit sal afstaan. Hulle begeer dit self met ‘n seer hart. Arabiese rykes wil ook nog hier kom nesskop en die Guppies het glo reeds mooi plekkies met uitsig oor die see uitgesoek. Die Maleiers sal nimmer as te nooit wegtrek nie en die meeste is Moslems wat hul voorvades se grafte teen die heuwel aanbid. Daar is 35+ plakkerkampe wat aandag vra. Gaan AfriForum pa staan? En dan is die damme so plat soos ‘n pannekoek toegespoel wat dit panne maak. Ons voorsate kon dit nie mettertyd daar uithou met al die uitlanders nie. Indien daar Afrikaners is wat Mannenburg as hoofstad wil he en graag cowboys en crooks speel kan hulle gaan traai. Maar hul nasate sal beslis nie soos die voorsate uitdraai nie en hul toekoms sal soos daai beroemde snelweg sonder rigting na nerens afhel.

Vryheid ·

“Al is OSV Suksesvol sal dit RSA ver agter sit” wat maak dit saak aan die meerderheid daar buite, hulle het niks en het niks om te verloor nie. Al wie iets het om te verloor is die minderheid.

Erich ·

Afrika leiers het hulle nog nooit gesteur aan wat hulle besluite vir die land en die bevolking inhou. Kyk maar net in Afrika rond. Onthou, terwyl die gewone bevolking swaarkry word hulle almal deur die bank miljoeners of biljoeners.
Ons gaan dieselfde pad loop as die meerderheid Afrika lande en vir die volgende 30 jr gaan daar anargie in die land wees. Wag maar net vir die afhandeling van volgende jaar se verkiesing.

Poot ·

Erich
Sê bietjie waaaaaar kom jy aan 30jaar? Of is jy ook een van die siener van Rensburg skare?

ek vra jou ·

Waar is die laaste foto nou eintlik geneem? Is dit hoe min mense gegaan het? Wat sê dit dan? Ek vra net

Alida ·

Wat help dit om te gaan as jy nie spreekbeurt gegun word nie. Om daar na hulle snert te luister jaag net jou bloeddruk op.

Casper Labuschagne ·

Dit verg nie veel insig om te weet dat die plase van 32,000 wit plaasboere en eiendomme van 170,000 witmense nie effektief deelbaar is in 40 miljoen andere wat nie grond besit nie. Daarby kan niemand verduidelik hoe 2 miljoen nuwe bestaansboere dieselfde voedselsekerheid sal voorsien aan 56 miljoen mense wat tans deur 40,000 boere, waarvan 32,000 wit boere vir onteiening geteiken word, voorsien word nie.

Die enigste verwagte uitkoms van hierdie proses sal wees dat daar bevind word dat die eiendom van die minderheid aan die meerderheid uitgedeel moet word. Die rede vir hierdie populistiese proses van openbare verhore is juis sodat beredeneerde en logiese vertoë oor die hoog gesien kan word ten gunste van emosie en populistiese aansprake. Die hele proses van onteiening het ook meer daarmee te doen om die ANC steeds na die volgende verkiesing aan bewind te hou deur populisme as wat dit met die regstelling van werklike historiese ongeregtigheid te doen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.