‘Onteiening sonder vergoeding ʼn gifkelk vir SA’

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Verskeie politieke partye en organisasies het uitgevaar nadat die Nasionale Vergadering die grondonteieningverslag aanvaar het.

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag die grondwetlikehersieningskomitee se verslag om die Grondwet te wysig met 209 stemme teen 91 aanvaar, en die ANC gaan Donderdag met ʼn parlementêre mosie aandui hoe hy die proses verder wil voer.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, het gesê die verslag is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en die gevolge van onteiening sonder vergoeding hang soos ʼn donker wolk oor Suid-Afrika se horison.

“Onteiening sonder vergoeding is ʼn kragtige instrument en dreigement in die hand van enige regering, totdat dit eindelik tog gebruik word. Dan word dit ʼn giftige kelk teen die lippe. Onthou hierdie woorde en waarskuwing.

“Onteiening sonder vergoeding het die vermoë om enige staat ʼn internasionale uitgeworpene te maak. Nie net president Donald Trump nie, maar selfs die egpaar Bill en Hillary Clinton het die ANC met hul besoek aan die land gewaarsku om nie die roete van onteiening sonder vergoeding te volg nie.”

Mulder het gesê die verslag is nie die produk van ʼn openbare deelnameproses, of van debat en ooreenkoms in die komitee nie en is fundamenteel gebrekkig. “Die land en die wêreld moet wéét dat die proses wat die komitee gevolg het ʼn blote charade was. ʼn Klugspel wat die geld en tyd van duisende mense gemors het. Die verslag is daarom nie die papier werd waarop dit gedruk is nie en moet verwerp word.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in reaksie op die parlement se aanvaarding van die grondwetlikehersieningskomitee se verslag aangedui dat dit nie die einde van die geveg is nie en dat AfriForum se stryd teen die aanvaarding van die verslag volstoom in die howe voortgesit sal word.

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die tweede deel van AfriForum se saak handel onder meer oor die gebrekkige proses wat die parlementskomitee gevolg het deur skriftelike besware teen onteiening sonder vergoeding te ignoreer.

Kriel het gesê sy organisasie is vasbeslote om te help toesien dat Suid-Afrika nie eiendomsreg vernietig deur middel van onteiening sonder vergoeding nie en te help keer dat Suid-Afrika dieselfde vernietigingspad as Zimbabwe en Venezuela loop.

“AfriForum onderneem daarom om elke moontlike meganisme tot sy beskikking te gebruik om in belang van almal in die land tot die bitter einde teen die ondermyning van eiendomsreg te stry,” voeg Kriel by.

Kriel wys daarop dat die Suid-Afrikaanse Grondwet en die beskerming van eiendomsreg wat daarin vervat is, die resultaat is van ’n onderhandelde skikking wat in 1994 bereik is tussen verskeie partye met die ANC en die destydse NP-regering as hoofrolspelers. “Indien die ANC-beheerde parlement sou voortgaan om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, sal dit ʼn duidelike aanduiding wees dat die ANC besig is om die 1994-ooreenkoms blatant te verbreek. Dit sal ʼn ernstige vertrouenskrisis tussen minderheidsgroepe en die ANC-regering tot gevolg hê,” sê Kriel.

Volgens Kriel sal AfriForum benewens die stryd wat plaaslik in Suid-Afrika in die howe en op ander platforms teen onteiening sonder vergoeding verder gevoer gaan word, ook voortgaan om sy pogings te verskerp om internasionale druk ter beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika te help genereer. “AfriForum het juis verlede week die saak geopper tydens die organisasie se deelname aan die Verenigde Nasies se Forum vir minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland,” sluit Kriel af.

Mmusi Maimane. Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê wat Dinsdag in die parlement gebeur het, beklemtoon die omvang van die krisis wat Suid-Afrika in die gesig staar.

“Die ANC en EFF het saamgekom om ʼn foutiewe verslag goed te keur. Suid-Afrikaners moet woedend wees. Wat die meeste mense nie wil verstaan nie, is dat die ANC en EFF se beleid van grondonteiening sonder vergoeding een doel dien: om mag van individue af te neem en meer mag aan die staat te gee. Die ANC en EFF wil Suid-Afrikaners – swart, wit, Indiër en bruin – huurders van die staat maak. Hulle wil nie hê jy moet eiendom in eie reg besit nie.”

Maimane het gesê grondonteiening sonder vergoeding is nou in die parlement deurgedruk en die volgende stap is om dit wet te maak. “Wat keer die ANC en EFF se koalisie van korrupsie om daarna saam te werk om die myne, die banke en gesondheidsorg in Suid-Afrika te nasionaliseer?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Werner ·

Glo nie die massas gaan wag vir die wet nie kan ons maar regmaak vir besettings

Anoniem ·

Donkerwolke dreig, net soos vroeër in Zimbabwe ! Hier kom iets LELIKS ! Maar o-nee ons wil graag weer die WIEL oor ontwerp !

Trojaanse Donkie ·

Kon nou Kallie, begin nou dieselfde veldtog tee RSA wat die NP laat tuimel het teen ANC. Vandag het ons die wereldse se beste sosiale media platforms en ‘n hoop kritiek so hoog soos Tafelberg onm te gebruik. Begin net met “femicide” 5 keer hoer as wereld gemiddeld

B-man ·

Die hele Zim is al klaar hier, wat praat jy?

Ek sê: stuur die res ook en gee Zimbabwe vir ons. Oor tien jaar sal hulle weer wil teruggaan…

RJS ·

Johannesburg word in die donker gelaat…
En dan val die emmer bloed om…

Die tyd kom nader en die blokkies val mooi in plek.

Gwen ·

Waarom kry dr. Mulder nie ’n foto nie? Die berig skop met hom af.

Oom Jaco ·

Lankal gewaarsku dit gaan kom… in ’92 met die referendum al… maar toe gaan stem die “meeste” van ons mos “ja”… Moenie nou kla nie, nou moet ons baklei (soos ons blykbaar sou moes maak indien die “nee” stem in ’92 gewen het…).

James ·

Daar neem jy die woorde uit my mond. Die paniek wat nou begin ontstaan weens Eskom en die Grondwetwysiging is realiteit wat inskop na 24 jaar se rus, dof en loom, in die sonnedroom..

Ek wonder of daar oor die volgende paar maande WEER neerhalig gepraat sal word oor mense wat kragopwekkers , sakke meel, blikkieskos, parrafien, petrol, hout, gas en ammunisie begin opgaar?

Waarskynlik nie. La-la Land se einde is op ons.

Jaco ·

Nee wat…meeste mense wat Ja gestem het, is reeds landuit en het ons nou gelos met die gebakte pere..My ouers, my hele familie het nee gestem..ek was toe net 5 jaar oud maar sou beslis nee gesê het.

B-man ·

“Swart , wit, Indiër en bruin huurders” en die eienaars – Chinese

De Villiers ·

Eerstens wonder ek wat sê FW de Klerk nou van hierdie sirkus na die KODESA-beraad in die vroeë negentigerjare. Tweedens was die destydse KP teen die KODESA-onderhandelinge gekant, en het hulle die NP-regering gewaarsku oor die nagevolge. En dis presies wat nou gebeur, want dit waaroor hulle gewaarsku het, begin nou in alle erns bewaarheid word. Niemand van die linksgesinde partye het tot dusver erkenning aan die KP gegee oor die meeste van hul waarskuwings gerealiseer het nie. Die NP het selfs so ver gegaan deur hul kiesers te mislei tydens die referendum in 1992, net vir stemme. Nou pluk ons die vrugte daarvan.

H.A. ·

Die EU het die onteiening goed gepraat. En Engeland se premier eintlik ook maar. Wat nog van die ander lande ?

Koos de Meyer. ·

Gelukkig gaan die ja stemmers saam met ons swaar kry. Party van die wat ons land verkoop het is ongelukkig nie meer daar nie.

Loeis ·

Ek ken ‘n paar van hulle wie die land verlaat het. Hulle werk hier is mos nou gedoen.

En nou? ·

Draai die soustrein geldkraantjie toe. Belasting weerhouding in Trust en laat alle belasting en erfbelasting daarin betaal en beheer word. Dis al taal wat hulle verstaan, raak aan hul geld en hul oë raak wild.

Forkeeps ·

Dit was al van lankal af die beste idee, belastingweerhouding, maar hoe doen mens dit wettiglik? Almal se dit, maar niemand doen dit nie. Hoe en waar begin mens?

RG ·

Sover my kennis strek moet dit deur ‘n organisasie soos bv. Afriforum of regs firma bestuur en administreer word sodat ‘n Trust rekening geopen word waarin belasting nog steeds betaal word.
Waar is die gemeenskappe wat reeds hierdie proses gevolg het waar munisipaliteite nie dienste lewer nie.
Deel bietjie julle ondervinding asb.

Manie ·

duisend hoeras vir jou. As geld ophou instroom sal stemvee hulle leiers uitwis, Probleem opgelos

Cherokee ·

As antwoord aan De Villiers. As jy die kennis gedra het sou jy geweet het dat die KP ‘n breinbaba was van die NP as doel om die regsgesinde stem te verraai. Jy soek erkenning aan die KP? Terwyl die KP bloot agter die HNP angepraat het? En ‘n party gestig het met basies dieselfde konstusie maar die HNP opponeer het in verkiesings anders as die referendum. Die probleem met politiek is omdat onkundiges se kruisie net so veel werd is as diè van wat weet. Het die KP ooit erkenning gegee aan die HNP, aan Mnr Jaap Marais en Dr Albert Hertzoght omdat hul vroegtydige waarskuwings gerealiseer het? Nee, nooit nie.

De Villiers ·

Cherokee, die Konserwatiewe Party (KP) het afgestig van die Nasionale Party (NP) aangesien die NP se siening onder PW Botha meer liberaal geraak het, en die KP ‘n republikeinse siening ingeslaan het. Dus is jy totaal verkeerd om na die KP as ‘n breinbaba van die NP te verwys. Jou aanname dat die doel van die KP was om die regsgesinde stem te verraai, is absurd. Jy maak ‘n klomp ander aantyging wat nie gewig dra nie.

Cherokee ·

Helen Suzman se Progresiewe Party wat geveg het vir dìt wat die land nou het, het van naam verander nam DA en nou stem vele wat hulself as ‘konserwatief’ probeer voorhou, daarvoor, in navolging van Helen Suzman en VanZylSlabbert.

Maritza ·

Chero-like-jouself-kwaai, meeste van die tyd praat jy die grootste snert ooit….. maar Die ne….. hier vertjel jy n waarheid…… jy sit sommer die kat en die brak op sy plek! Well done in n baaaaie lang twakpraat tyd!

kyknou ·

Vir die wat dink dit gaan nie gebeur nie:
Dit is besig om te gebeur.

Vir die wat dink hulle het nie die nodige 2/3 (66%) stemme om dit te kan doen nie:
Hulle het 70%,
Soos gedemonstreer in die artikel. 209/300 = 69.66%

Loeis ·

Kallie, die “onderhandelde skikking” is juis wat die ANC se bewind ingelui het. Het jy al gedink dat ‘n skikking dalk in wese ‘n fout was?

John ·

Dis weer die blond.. die blou, dis die verskroeide veld en die kaal lug en en ‘n eensame boer op verre vlug… Dis al. Wat meer kan ons redeneer? Al probeer om ‘n klip om te praat om anders te dink? Selfs ‘n dronke dink helderder. Maar dit gaan ook nie beter elders in die wereld nie… Ons beweeg na ‘n nuwe paradigma en die rande het skerp snykante… soos die valbyl destyds…

braperd ·

Vir die wat dink dit gaan nie gebeur nie:
Dit is besig om te gebeur.

Vir die wat dink hulle het nie die nodige 2/3 (66%) stemme om dit te kan doen nie:
Hulle het 70%,
Soos gedemonstreer in die artikel. 209/300 = 69.66%

B-man ·

MM sal nie só ‘n fout maak nie. Daar is na my wete 400 setels.
209÷400 = 52.25 %
Dan kom die ouens met minder setels by waarvan EFF die grootste bydra kan wees, maar gelukkig wil hulle nie. Dan is daar altyd díe wat buite stemming bly wat dalk ook nie gereken is nie.

T. Strydom ·

Kyk maar na lande in Afrika waar daar geen kolonialisme was nie; hongersnood,armoede en onontwikkeld. Zimabwe het bewys dat daar altyd net n klein groepie bevoorregtes is wat baat, die massas vrek van die honger. Malema dink jy kan grond eet. Sonder harde werk bring grond geen geld in nie. Afrika sal maar altyd afhanklik wees van voedselhulp, skenkings en donasies van Amerika en Europa. Waarom vlug so baie Afrikane dan na Europa as dit so goed gaan op die Afrikagrond, Malema?

Andre ·

Die 1994 onderhandelaars het nie by die Piet Retief voorval geleer nie.

Jerry ·

Dit is en bly die ANC en EFF se strewe om ten volle beheer oor die ekonomie te verkry. Die EFF is soos die haastige hond wat sy bek gaan verbrand, terwyl die ANC weer geduldig is om die demokratiese prosesse met meerderheidsteun in te span ten einde eers die ekonomie te versterk alvorens daar wettiglik en volgens die wil van die meerderheid genasionaliseer sal word. Die ANC wil sosialisme en nasionalisering laat slaag, nie soos in die geval van Zimbabwe, misluk nie. Wat ookal die opposisie en die buiteland se, skryf, doen en voorskryf, die onvermydelike, naamlik n kombinasie van kapitalisme en sosialisme en gedeeltelike nasionalisering, sal uiteindelik deur NDR programme, demokratiese prosesse en die wil van die meerderheid sy beslag in SA vind. Die demokratiese prosesse trek stadig maar seker die tande van die opposisie en burgerregte organisasies wie noodgedwonge na die pype van die ANC en EFF dans! Aanduidings wys egter daarop dat agv onrealistiese korttermyn verwagtings wat geskep word, links en regs van die politieke spektrum, die moontlikheid bly bestaan dat dinge ter enige tyd lelik skeef kan uitdraai vir alle Suid Afrikaners.

domgeploeg ·

Die anc besit al 24 jaar als maar het dit nog nie besef nie. Soos n klomp hoenders in n hok so beskruif ek die anc.

Kabous ·

Die ANC kan nie eers ʼn rioolplaas bestuur nie, nou hoe dink julle gaan hulle onteiening bestuur?

Lankal ·

Die hool is lankal een groot gifkelk. Gelukkig is ons op pad uit.

Emma ·

Ons beleef klaar die gemors wat die anc beheer. Dit gaan definitief nie beter raak nie die plase war hulle al so oorgeneem het wys ons n paar voor en na fotos. Ek dink hulle behoort hulle te skaam. Alles moet in hue skoot val verniet niemand wil besef jy moet werk wat jy wil he in die lewe nie. En vir julius wil ek se ek besit nie eiendom nie maar ek het gestem teen onteiening sonder vergoeding want ek weet wat gaan kom soos almal net hulle WIL dit nie insien nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.