Onteiening sonder vergoeding: Openbare verhore in KZN

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Openbare verhore of grondonteiening sonder vergoeding moet voortgaan, begin Woensdag in KwaZulu-Natal.

Die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee het in ʼn verklaring gesê die openbare verhore oor ʼn moontlike wysiging aan artikel 25 van die Grondwet, is vir Woensdag tot Saterdag geskeduleer.

Die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies het die komitee opdrag gegee om ondersoek in te stel of ʼn hersiening van artikel 25 van die Grondwet en ander betrokke klousules gewysig moet word om dit vir die staat moontlik te maak om, in openbare belang, grond sonder vergoeding te onteien.

Vier vergaderings is vir verskillende dele van KwaZulu-Natal geskeduleer: in die Zululand-distrik, die Mkhanyakude-distriksmunisipaliteit, die Umgungundlovu-distriksmunisipaliteit en die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit.

Die openbare verhore het verlede maand begin en word oor die land heen gehou. Dit sal na verwagting tot Augustus voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Die koning glimlag lekker. Hierdie verhore handel net oor wit grond in die gebied… nog meer vir die king en sy clan. Mens wonder oor Indierplase… of is hulle ook uitgesluit.

Paul ·

Hy lek sy lippe af vir nog grond wat na sy kant toe gaan kom, want verseker gaan hy nie stilsit nie, hy gaan dinge roer. ‘n Lekker meevaller.

Groenie ·

Ek het dan reeds oor die internet so ‘n uitslag gekry:
STEM OOR GRONDVERDELING SONDER VERGOEDING

PROVINSIE VIR TEEN
Oos Kaap 6 484 7 463
VryStaat 3 966 4 526
Gauteng 47 228 47 005
KZN 16 882 14 699
Limpopo 6 167 4 261
Mpumalanga 5 902 5 608
Noord-Wes 3 863 5 067
Noord Kaap 1 163 1 661
Wes Kaap 8 477 38 577
Buiteland 176 673
TOTAAL 100 317 129 549

Cherokee ·

‘..in openbare belang..’ Klink nie of die blankes meer van belang is in die openbare oog nie.

Gestremde ·

Hoop ou Julius is ook persoonlik daar om vir die Zulu’s te sê hul tyd is verby om grond alleen te besit en dat dit nou gedeel moet word….Watse rassistiese grap is die hele grondonteiening storie nie?

Ben ·

Hierdie is ‘n baie gevaarlik perd wat opgesaal word. Onthou die ANC gaan nie vir altyd in bewind wees nie. Die Koning se grond is miskien nou veilig maar wat van die volgende regering? As die deur eers oop is, is hy oop. DIe Koning Storrie is ook ‘n klomp bollie. Hierdie is ‘n demokratiese land en hy het geen reg nie. Dit is tyd dat sy mense titel aktes vir daardie miljoen hektare grond moet kry. Wat hulle wel kan doen is om ‘n reel te maak wat se dat slegs ‘n lid van die Zulu nasie die grond mag besit.

Nikita ·

Vincent Smith voorsitter van die komitee het n ruk terug uitstel gevra tot 28 Sept 2018 om terugvoering aan parlement te gee. As n mens artikel 25 van die grondwet sorgvuldig deurlees maak die klousule dit reeds moontlik vir grondonteiening in openbare belang. So as hulle net witmense se grond wil vat sal hulle n klousule moet byvoeg wat duidelik stipuleer dat grond wat reeds aan swartmense behoort nie onteien mag word nie maar artikel 36 maak dit nie moontlik nie. So waar as padda manel dra!

Wonder ·

Groenie, is dit hoeveel mense teen dit gestem het? Is daar soveel mense in hierdie land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.