Onteiening sonder vergoeding: ‘Ramaphosa kies ANC bo land’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle, GCIS

Verskeie organisasies het reageer nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand aangekondig het dat die regerende party besluit het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Ramaphosa se aankondiging is gemaak slegs ’n dag ná die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gewaarsku het dat die voortslepende debat oor onteiening sonder vergoeding buitelandse beleggers kan afskrik.

Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het gesê dat die ANC by monde van die president, Cyril Ramaphosa, Woensdagmiddag by ʼn mediakonferensie sy ware kleure getoon het.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, voer aan dat verskeie uitlatings deur die regerende party die afgelope twee dae dit duidelik gemaak het dat die parlementêre proses eintlik net toneelspelery was. “Die aanvanklike besluit soos vervat in die ANC se beleidsdokumente word steeds deurgevoer, maar die openbare verhore was maar net vir die skyn, terwyl die eintlike besluit deurgedruk word,” het hy gesê.

Volgens Mulder is die tydsberekening ook baie interessant: Gister het die IMF gewaarsku dat onteiening sonder vergoeding ʼn beleggingsrisiko is, terwyl die ANC vandag aangedui het dat hulle nie omgee nie. “Die boodskap wat aan buitelandse beleggers oorgedra word, is een van onmoontlikheid. Die boodskap is: ‘Kom belê hier sodat ons jou eiendom later sonder vergoeding kan neem.’

“Tesame met die onsekerheid wat in mynbou oor die mynbouhandves heers, nuwe rekordvlakke van werkloosheid en trae ekonomiese groei, is dit roekeloos van die regering om bloot voort te stoom met so ʼn skadelike beleid,” het Mulder bygevoeg.

Volgens hom sien die publiek roekelose swart nasionalisme en ʼn ANC wat ʼn swak, populistiese en rassistiese beleid gaan implementeer ten koste van die land, sy mense en sy toekoms. “Dit is ook waarom geen rasionele, ekonomiese argument vir die ANC steek hou nie omdat dit nie oor die ekonomie gaan nie, maar oor ras. Dit spreek die duidelikste uit Ronald Lamola se stelling wat by vandag se mediakonferensie gemaak is, naamlik dat grond nie voor die voet onteien kan word nie, want dan gaan swart mense ook hul grond verloor. Dit is net in Suid-Afrika wat rassisme as versagtende omstandigheid gesien kan word,” het Mulder gesê.

Hy sê voorts dat die beleid ʼn fundamentele verandering van die Grondwet verg en dat die bewoording krities gaan wees. “Dit is slegs ʼn roekelose party wat die Grondwet sal verander as deel van ʼn verkiesingsveldtog.”

Mulder voer aan dat om finansiële stabiliteit, beleggersvertroue en voedselsekuriteit op te offer vir ʼn verkiesingsoorwinning, ʼn teken van desperaatheid is. “Hierdie desperaatheid, tesame met swart nasionalistiese denke, gaan lei tot meer rassespanning en gelaaide retoriek teen minderhede in die aanloop tot die verkiesing. Die ANC het sy ware kleure getoon – alles en almal sal roekeloos opgeoffer word in die naam van korttermynpopulisme.”

VF Plus

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê Ramaphosa se aankondiging laat gisteraand dat die ANC sal voortgaan met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, is ʼn verdere bewys dat hy gekaap is deur die Zuma-faksie binne die ANC en dat hy die belange van Suid-Afrika ondergeskik stel aan die belange van die ANC.

“Hoewel dit geen verrassing vir die VF Plus is nie, maak die tydstip van die aankondiging ʼn klug van die openbare verhore oor die aangeleentheid, asook die verdere parlementêre prosesse van die grondwet-hersieningskomitee wat ʼn verslag moet opstel oor die moontlike wysing aan artikel 25 van die Grondwet,” het Groenewald gesê.

“Met hierdie aankondiging sê pres. Ramaphosa en die ANC dat ongeag die aanbeveling van die grondwet-hersieningskomitee, hulle wel die Grondwet gaan wysig. Dit word van ʼn president van ʼn land verwag om uit te styg bo partypolitiek en in die beste belang van die land op te tree. Hierdie wysiging gaan potensiële beleggers verder afskrik wat tot gevolg gaan hê dat die ekonomie benadeel gaan word wat nog groter werkloosheid in Suid-Afrika gaan veroorsaak.”

Pres. Ramaphosa as ʼn sakeman weet dat dit nadelig sal wees vir die ekonomie, meen Groenewald. “Dit is bevestig deur oudminister Trevor Manuel wat gesê het Suid-Afrika sal sukkel om beleggers te kry indien onteiening sonder vergoeding ʼn werklikheid word. Voedselsekerheid sal ook sonder twyfel in die gedrang gebring word.

“Wanneer die beginsel van onteiening sonder vergoeding eers deel van die Grondwet is, het dit die potensiaal om anargie en grondgrype, soos in Zimbabwe gebeur het, te veroorsaak omdat sekere politieke partye ʼn verwagting van grondbesit en gepaardgaande rykdom by die massas skep. So ʼn situasie sal dan moeilik beheer kan word.”

Die VF Plus gaan nou amptelik ʼn klag indien by die Verenigde Nasies (VN) se Menseregtekommissie vir die oortreding van artikel 16 van die VN se Handves en Internasionale Deklarasie van Menseregte wat private eiendomsbesit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied.

AfriForum

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag begin om ’n videoboodskap wyd onder internasionale beleggers, graderingsagentskappe en regerings te versprei.

In dié video versoek AfriForum beleggers om druk op die Suid-Afrikaanse regering en president Cyril Ramaphosa te plaas om van hul planne af te sien om eiendom sonder vergoeding te onteien. Dié videoboodskap is vanoggend vervaardig in reaksie op Ramaphosa se aankondiging gisteraand dat die regerende ANC-party besluit het om die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys in die videoboodskap daarop dat Suid-Afrika internasionale beleggings broodnodig het en dat Ramaphosa vroegtydig deur beleggers gewaarsku moet word om die skending van eiendomsreg te voorkom. “Die geskiedenis wys dat internasionale beleggers, ongeag wat AfriForum of enige iemand anders sê, nie bereid is om in ’n land te belê waar eiendomsreg nie beskerm word nie. Daarom is internasionale druk nóú reeds nodig om te voorkom dat beleggers nie afgeskrik word nie.”

Kriel wys in die video daarop dat die miskenning van eiendomsreg katastrofiese gevolge in lande soos Venezuela en Zimbabwe gehad het. Hy voer voorts aan dat die huidige werkloosheidskoers van 90% in Zimbabwe bewys is dat die miskenning van eiendomsreg nie net diegene nadelig raak wat eiendom besit nie, maar almal. “Internasionale beleggers word dus gevra om in belang van miljoene Suid-Afrikaners in te tree om ’n ekonomiese katastrofe te help voorkom.”
Die feit dat Ramaphosa die besluit aangekondig het om die Grondwet te wysig nog voordat die openbaredeelnameproses afgehandel is, wys volgens Kriel daarop dat die huidige deelnameproses ’n klug is. “Om reeds ’n besluit te neem voordat die deelnameproses afgehandel is, gee aan AfriForum sterk regsgronde om die openbaredeelnameproses in die howe ongeldig te laat verklaar,” sê Kriel.

TLU SA

“Sedert wanneer is die Suid-Afrikaanse Grondwet ʼn mandaat vir radikale transformasie soos wat Ramaphosa beweer?” is die vraag van TLU SA se president, Louis Meintjes.

“Die Grondwet is veronderstel om die fondament van ʼn regstaat te wees wat nie alleen die samelewing teen rasse-oordondering en -uitbuiting moet beskerm nie, maar wat moet sorg dat die oppergesag van die reg seëvier. Nou word die numeriese meerderheid van die land se rassesamestelling misbruik om onder die dekmantel van ‘demokrasie’ ʼn stelsel te bewerkstellig wat steeds neerkom op ‘diefstal’. Om eiendom sonder enige vergoeding te vervreem, bly ‘diefstal’ in enige taal en as sulks is dit die blatante anti-tese van verantwoordelike regering,” het Meintjes gesê.

Hy meen die gemak waarmee “ekonomiese groei” as dryfkrag vir die wysiging van die Grondwet voorgehou word (terwyl meeste kenners van mening is dat onteiening sonder vergoeding in terme van die huidige bewoording in elk geval moontlik is) word as “sout in die wonde” geag.

“Waar gaan onteiening sonder vergoeding eindig?” wil Meintjes weet. “Soos dit tans daarna uitsien, is die bedoeling om privaatbesitreg met alles wat dit behels, bloot te stel aan onteiening sonder vergoeding. Geen duidelike perke gestel in terme van doel, omvang of tydperk nie, impliseer ʼn blywende swaard oor die nek. Benewens dit, maak dit die hele proses van openbare konsultasie ʼn betreurenswaardige klug. As daar ooit uiters kortsigtige en betreurenswaardige beleidsbesluite was, dan beleef ons dit onder die huidige bewind. Die uiters kortsigtige en ongegronde verwagting dat hierdie stap deur verantwoordelike regerings van ander lande verwelkom sal word en dat dit binnelandse ekonomiese groei en internasionale aansien sal bevorder, is kleinlik kortsigtig en lagwekkend.

“Hierdie wending in regeringsbeleid dwing landbouers en landboubesighede wat tot nou gesorg het vir voedselsekerheid, die verdien van waardevolle buitelandse valuta te midde van ʼn tanende ekonomie, stabiliteit in landelike gebiede en werkverskaffing in die platteland om ernstig te herbesin oor die toekoms”.

Afrikanerbond

Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, sê egter Ramaphosa se aankondiging, dat die ANC grondwetwysigings gaan deurvoer om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, kan nie ʼn skok vir iemand wees nie.

“Dit is lankal reeds duidelik dat die ANC met sy rug teen die muur staan wat grondhervorming en ander beleidsaspekte aanbetref. Dekades se wanbestuur, mislukkings, korrupsie, beleidsomekerings, ideologiese verwarring en verwerping van enige goedbedoelde advies en duidelike en bewese grondvoorstelle het die ANC in ʼn posisie geplaas waaruit hy nie meer kan ontsnap nie,” het Schoemand verduidelik. “Die enigste ontsnaproete is om ʼn moontlike konstitusionele krisis te skep deur wysigings aan die Grondwet aan te bring. Ongelukkig kan niemand se versekeringe dat dit nie groter onsekerheid of ekonomiese rampspoed sal bring nie, geglo word nie.

“Die ANC se vermoë om suksesvol grondhervorming binne ʼn raamwerk van onteiening sonder vergoeding te doen word deur sy eie rekord van regering ondermyn. Enige grondwetwysiging gaan ʼn bal aan die rol sit om ander mislukkings ook met verdere wysigings te verdoesel.”

Schoeman het bygevoeg dit is werklik verstommend jammer dat Ramaphosa sy eie integriteit op die spel plaas om die ANC te probeer red. “Met hierdie besluit het die ANC alle ondernemings en versekeringe tot niet gemaak en parlementêre prosesse gesystap en futiel gemaak. Tradisionele leiers moet ook nie meer te seker wees van enige ondernemings wat op ʼn kantlyn aan hulle gemaak is nie.”

Hy het gesê wat duidelik geword het met die aankondiging is dat die ANC ʼn onomkeerbare proses van politieke herskikking begin het om Malema en die EFF aan boord te bring. “Hiermee word ʼn boodskap aan elke Suid-Afrikaner gestuur dat geen waarborg in die Grondwet meer veilig is nie want politieke belang weeg swaarder as konstitusionele belang en grondwetlike regte en waardes. Eiendomsreg is die eerste grondwetlike reg om te sneuwel.

“Politieke herskikking van die hele politieke landskap is nou onafwendbaar. Die ANC en sy politieke kornuite het gekies om die Vryheidsmanifes met sy verouderde waardes en ideale bo die Grondwet te stel. Ons politieke herskikking gaan nou duidelik wys op die Vryheidsmanifes- (Charteriste) volgelinge aan die een kant en dié wat die grondwetlike waardes bevorder. Hierdie nuwe patriotiese en demokratiese front ten gunste van die Grondwet kan nie anders as om oor ou en gevestigde politieke lyne te beweeg en die Suid-Afrika te bevorder wat in 1994 voorsien is nie, en dít sal parlementêre en buite-parlementêre instellings insluit. Ongelukkig kan die ANC nie meer deel wees van die ideaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Paul ·

Jy mag niks meer sê, jy is klaar gepraat
Dis n hartseer saak wat ons almal raak
Want die groot verraad kom van uit ons eie mense

Want die een skeur die woorde van n ander op
En gebruik dit net vir sy eie lot
En ‘hy’ staan vir niks, nie soos ek en jy nie

Ek weet dit sal verander
Die wiel sal eendag draai

Sing, Afrikaner Sing
Laat jou stem gehoor word
Laat jy nooit verdwyn
Ooh
Sing, Afrikaner Sing
As ons almal een word
Kan ons die stilte breek.
Afrikaner Sing

En dit lyk dalk vêr, maar dis voor jou deur
Kan jy sien hoe die wolwe mekaar verskeur
En daar’s niks my vriend, niks wat dit kan keer nie

Want die dag sal kom dat die koning val
En hy plek moet maak vir ‘n Generaal
Wat hom uitoorlê, met sy eie mense

Want alles moet verander
Die wiel sal eendag draai

maar alles het verander
is dit klaar te laat?

johan ·

Ek wonder of CR vir Suid Afrika te koop aangebied het aan die Chinese laas week toe BRICS vergader het en ESKOM deur hulle gered is. Indien wel – dink ek nie die wit man is meer hier in SA nodig nie. Die Chinese sal effektief al SA se minerale hulpbronne kan vergin. Wonder net hoe ons werkers gaan oor die weg kom met Chinese. Ek dink nie meer hier is salf te smeer hier in SA nie.

Rynhardt ·

Pieter Groenewald, baie geluk groot leier, dat u na 24jaar agter gekom het dat Ramaphosa, Anc belange eerste stel bo SA!Weereens,baie geluk Groenewald!??????????????Verras ons verder!

Arak ·

Skuus Rynhardt, maar waaroor verkwalik jy Pieter Groenewaldt? Hy was tog nie deel van die “broeders” wat die land op ‘n skinkbord vir ‘n “soetkoek” verkoop het nie. Is jou ongelukkigheid nie bietjie misplaasd nie?
Verder is dit dalk tyd dat ons eerder uit die laer skiet as wat ons na mekaar in die laer skiet. Dit is tog duidelik hoe groot die oormag is en hoe die vyand ons haat. Help nie ons verkwalik mekaar oor die verlede nie, die tyd is nou om eerder saam te staan teen die aanslag.

RM ·

Die aanslag kom vir die minderheid en net die wat klaar binne ‘n laer sit sal dit maak. Ek bekommer my sommer naar. Luister mooi daar is geen plan vir minderheids groepe nadat die grong gegryp is. Geen plan nie, want die probleem is klaar opgelos. As ons weg is, het ons nie grond nodig nie. Bou huise? Nee wat, vat huise. Zimbabwe wys mooi vir ‘n mens hoe hierdie verhaal gaan eindig. Dit nogal op ‘n dag waar CR EWC hier begin.

Die Stem ·

Mens sou verwag dat n president weet wanneer om die land se baadjie en wanneer om sy party se baadjie, aan te trek.
Onverskoonbaar.

Verder gaan die ekonomie definitief die verloorder in die speletjie wees.

Willem ·

Bye, bye Miss American Pie
Drove my Chevy to the levee but the levee was dry
And them good ole boys were drinking whiskey and rye
Singin’ this’ll be the day that I die
This’ll be the day that I die

Johan H. ·

Vergelyk nou die ou met Presedent D.Trump.. Is dit nou ons beste, ??sies Kyk wat het Mnr Trump in so kort rukkie vermag,

Elizabeth ·

Trump die man se feite is onwaar. Hy besig om ń groot gemors te maak. Hoop die EU kan genieg druk plaas. BRICS is geldeassers.

jankoos ·

Pres Trump is die beste ding wat met die VSA en die wêreld kon gebeur ons sou bevoorreg wees om so n Presedent te hê, ingesluit die veradelike np presedent van SA

Landi ·

Het nou net gelees dat Lamola van ANC sê dat huise in dorpe en stede wat aan blankes behoort ook onteien gaan word. Kry julle maar gereed mense dan sal die skok nie so groot wees nie.

Maryna ·

Hulle het groot planne met ons. Lees Malema se amptelike verklaring oor Ramaphosa se besluit. Ons gaan na ‘n ge-allokeerde gebied geskuif word! Dan sal jy verstaan dat hulle ons huise ook gaan vat en waarheen ons dan gaan. Dit klink vir my soos konsentrasiekamp waarheen ons gaan ?

RM ·

‘n Nare verassing wag ons in, geen wonder die ANC bly stil. As die huise eers leeg staan dan is te min behuising mos opgelos.

LB S ·

Gisteraand op ENCA het een of ander “grootkop” van die ANC juis gesê hulle sal NIE die mense in die stede se huise vat nie. Dalk moet mense ophou terreur saai.
Ek sê nie alles sal oraait wees nie, gladnie, maar daar moet nie onnodig vrees aangejaag word nie.

LB S ·

Bog! Ek het nou net die artikel gelees waar juis Lamola sê dit sal nie so gedoen word nie.
Hou op kwaad en bangmaakstories versprei!

boggom ·

Ja nee so skiet hy almal insluitende die massas swartmense wat enige iets sal glo wat hulle voorgehou word vierkantig in die voet. Die grap is dat die massas eerste daaronder gaan ly en dan het hulle nerens verder suid om te hardloop nie. Afrika sal kripeer dis vir seker. Maar wysheid het al die anc leiers bewys tot nou toe is nie iest wat hulle besit nie.

JK ·

Dan versout ek die grond en brand my huis af. Bank moet maar elke sent wat ek betaal het terug betaal, want dán het hulle vir my onwettig verkoop.

Koos de Meyer. ·

As ek so kyk skep die ANC nou ‘n proses om ‘n bloedbad in hierdie land te veroorsaak. Hulle gaan nie net ons grond vat nie.

Johann Holtzhausen ·

Ek stem saam! Baie van hierdie kommentaar is oorgawes in beginsel. Wat het geword van ons gedetermineerdheid om nie toe te laat dat ons so geboelie word nie?Baie “voorspel” al wat met “ons” gaan gebeur! Is daar dalk mense wat dit wil waag om te voorspel wat vir die vergrypers wag?

Joey ·

Ek wens ek kan sê wat op my hart is, maar ai nou is die tronke reeds so oorvol. Daar gaan nie vir my ñ matrassie wees nie

KoosGrapJas ·

Almal moet dit verstaan: Hierdie gaan nie oor grond of oor enige belang by die meerderheid van SA nie, die hele sirkus gaan daar oor om in mag te bly. Dwars deur Afrika behou diktators en “demokratiese leiers” mag deur chaos en armoede te veroorsaak, dit bring die mense in opstand en so doende kan die “leier” dan die weermag en polisie gebruik om die mense te onder druk en in mag te bly, die geskiedenis herhaal maar net weer.

humor ·

Hierdie brawade is te danke aan die muishondlande se onlangse besoek. Daar is beloftes gemaak wat streng geheim gehou moet word. Die VSA en Europa is nou skielik nie meer onmisbaar nie. Talle dekades se geskiedenis bewys dit. Kommunisme het een Afrikaland na die ander ingepalm totdat daar n band om Afrika gespan is. Nou is die suidpunt die totale soet oorwinning en dinge moet nou vinng gebeur. Deur al die jare het tyd nie n rol gespeel nie. Dit is nie n profeet nodig om te se hoe SA oor 20 jaar gaan lyk nie en wie die inwoners daarvan sal wees nie.

Ek Stem Saam ·

So almal wat na 1994 gebore is het ook reg op grond eise ongeag watse kleur, of is daar sekere voornemens deur ANC ? Of geld dit net vir die Masse.

Hm ·

Die politieke speletjie om stemme te kry gaan soveel mense se lewens verwoes en die persone wat eiendom en land kry gaan niks daarmee maak nie, en verder in armoede in verdrink dus gaan niemand ekenomies daaruit baat nie… Maar dan dis seker nie doel nie, die doel is oog vir n oog en ongelukkig is die blankes wat die dinge aan die swartes gedoen het lankal in hul grafte en ons hoeveel generasies later moet nou daarvoor boet.
Ek weet nie of ons simpel is om te gesê het dat ons in SA wil bly nie…tyd sal seker leer en wie weet waar SA oor 20 jaar gaan wees dieselfde waar Zim is?

Cobus ·

De Klerk en sy “broeders” is seker in hul noppies met wat hul vermag het met hul wigte en teenwigte

Sputnik ·

Landi, waar lees jy oor die huise in dorpe en stede – gee bietjie ‘n behoorlike verwysing, of is dit duimsuig?

R de Koker ·

Ons leef al sedert 1994 in ‘n kommunistiese land. Die meerderheid mense in die land wil dit net nie raaksien of erken nie.

Ruiklont ·

Is dit dalk die Chinese wat die ANC se reddingsboei gaan wees wannneer die ekonomie in duie stort weens buitelandse beleggings wat nie meer sal plaasvind nie?

Nikita ·

Kenya skuld China $5,3 biljoen…Angola skuld China $25biljoen. Zambia, Congo, DRC, Chad, Niger, Nigeria ens….almal van hulle swem in skuld na die Chinese. Eskom het pas n lening met China onderteken van $3biljoen. En China het ook net onder $15biljoen belegings met CR (SA) aangegaan. SriLanka kon nie hulle skuld aan China betaal nie, hulle moes hulle 3 semistaatinstellings insluitend hulle hawens oorhandig aan China. Die Chinese vry al lankel na SA. n Chinese gee met een hand en neem met twee hande!

Sputnik ·

Dit voel of ‘n duisend ysige hande my hart druk! Ek het nog altyd gesê as ons net 10% die pad van Zim stap is ons gedoem. Nou lyk dit of ons veel meer daardie rigting inslaan. Daar gaan die Rand, daar verdwyn buitelandse beleggers! Elke Jan Rap en sy maat sien hom/haar as ‘n (bestaans-)boer op ‘n lappie grond!

Casper Labuschagne ·

Die Afrikaner sal eers verset toon nadat alles verloor is. Tot nou toe het ons almal te veel gehad om te verloor en ons het eers ‘n kans gegee vir vrede eerder as oorlog. Die Afrikaner sal wel op ‘n punt kom waar hy soos Simson die pilare van die tempel omtrek en uit die puin van Suid Afrika sal selfbeskikking volg. Die scenario is dalk ons waarskynlikste hoop.

V. Venter ·

Nee dis eintlik ‘n goeie ding. Op die oomblik word ons uitgemoor en ons kan ons nie eers verdedig nie.

Poetta ·

Ja dis klaar te laat. Daar was te veel gesing en te min gedoen.

Koos ·

Ek besit 2 huise. Een word verhuur. Gaan net 1 onteien word of albei? Wanneer moet ek verkoop? Nou of na die verkiesing in 2019?

Donald ·

Altwee en jou voertuig. “Property”. Dalk jou vrou ook. Die regering sal volgens wet vat wat hulle wil en nie In staat wees om die massas te keer om te vat wat hulle nie wil nie. Wanneer alles so vervalle is sal moordbendes met bakkies en gewere op daag. Jy gaan jou mooi blou-oog dogter in die dak moet weg steek. Julle mense moet begin wakker skrik….

Nagmerrie ·

Ek brand my huis af. Hou reeds die petrol daarvoor aan.

TW ·

Die hartseerste van als is dat ons dit oor ons self bring. Ons het geen respek meer vir ons huwelike. Rond slaap is aan die orde van die dag. God het nie sy rug op ons gedraai, ons het ons rug op hom gedraai. Die oplossing is eenvoudig. Bely jul sondes en aanbid weer vir God. Maar nee ons mense gaan ook mos nou na Sangomas toe. Ons spreek self n vloek oor ons volk uit. Net die ware God kan ons red. Maar ons hardloop soos afkop hoenders rond terwyl die andwoord n bybel en gebed ver is.

antionette ·

Corne, so waar oorlog veg vir wat joune is is al wat oorbly. MAG DIE WIT MENSE VAN SA NOU HANDE VAT EN SAAM STAAN AS N NASIE.

En ons wat nie meer in SA woon ek doen n beroep op almal van julle…
BID MENSE LE HIERDIE MENSE BY JESUS SE VOETTE NEER.

Bitter hartseer…..

Adrian ·

Die anc manifesto is nou in werking … onthou pw botha het altyd gepraat van die swart gevaar ,,, wel dit is nou. Die anc is n marxistiese kommunistiese organisasie (lees jy max du preez) wat die manifesto gaan voltrek. Persvryheid gaan sneuwel, eiendomsreg gaan weggedoen word, alle bates gaan gevat word dan bly daar net een ding oor…. oorlog

John ·

Ag nee, Paul. Wil jy mense tot selfdood dryf. Het jy ‘n Bybel? Is hierdie ‘n outokrasie? Dit is maklik om te bewys die blonde groot, Germane, die sg Vandale, in 429 nC al gevestig was in Algerie en omtrekke met Kartago as hoofsentrum. Hierdie groep het die magtige Romeine oorwin. Volkekunde is saam met die badwater uitgegooi om die verlede tot niks te maak verdamp. Kultuur, aard is aangebore en borrel uit sodra mens asemhaal. Die wyse waarop die ANC-bevrydingsgroep te werk gaan, skakel eerste-regte-berederings uit en fokus op getalle-mag. Aanwas is demokrasie; meer babas meer regte. Meer werkloses is meer mag vir reg op woede wat altyd rig op iemand anders se skuld wat boet. Raka is in die kraal. “Seblief Raka, kan ons nie seblief ‘n paar ou hutjies, die oues in die vlei, kry nie. Ons sal vir jou werk; djou aanbed. De K is steeds ons leier; ja hy, jou ou ryk vriend. Se net wat onse mense moet doen. Gee ons ‘n ou grondjie; vir die Afrikaners-eek en ons sal tevrede wees, soos altyd… selfs van ons godsdiens afsien… Ons sal leef en sterf vir djou Suid-Afroka-e-e.
En dit is hoe die deKM-demolishers €£$ Ltd so maklik met Afrikaner-papbroeke kon ploeg. Die land kort net ‘n vlam. Boem!

Johnny ·

Ongelukkig gebeur dit wat ek gevrees het nou. 10 jaar gelede het ek dit sien kom en ge-emmigreer. Mense het my uitgekryt as chicken en softy. Ek sal nou wil hoor wat is diegene se kommentaar vandag? Die water is naby kook. Wat dink julle gaan gebeur die nag nadat die wet verander is?

leon ·

Johnny, ek is bly vir jou. Wat gaan ons doen. Maar weer die wa deur die drif sleep. Ons geskiedenis is nie van 1994 af nie. Ons is deel van hierdie land van stryd vir amper vier honderd jaar.

Ons gaan egter julle in die buiteland se hulp nodig kry. Praat uit, vertel ons storie van oorgawe in 1994 en die agterlike verraad van die anc. Die reenboognasie wat nooit bestaan het nie en die plunder van alles van waarde. Skryf op sosiale media en ander platforms.

Anoniem ·

En so gaan S.A ten gronde niks gaan oorbly van die land ak’s kan afgevuur word verkragting skuet die hoogtes in plaasmoorde is die vooloper op statistiek werkloosheid skiet die hoogtes in transitorooftogte se getalle styg daagliks kinders word vermoor hoe ver moet dit nog gaan in hierdie land grond sonder onteining gaan hongersnoot die land laat tref. WHAT A SHAME !!!!!!!! SIUD -AFRIKA ROEP NA GOD VIR UITKOMS BLY OP ONS KNIEE

Willem ·

Ek sien elders word berig plakkers het gister op Wesselsbron grond op ‘n boer se plaas begin uitmeet en die boer met die dood gedreig as hy hulle sou probeer stop.

Jacques ·

Dit help nie om nou die verlede te blameer nie , ons moet nou na die toekoms kyk .
Dit is net vir my erg dat CR vir die hele volk blatant gelieg het toe hy ingehuldig is as president deur te se hy sal die land en sy mense dien . Snert man .

Wonder ·

Ek verstaan die redenasies van almal wat teen die onteiening sonder vergoeding is. Trevor Manuel is 100% reg dat dit beleggers gaan afskrik. Wat is UAE en China se beleid daaromtrent waar Ciril groot toekomstige beleggings gekry het? Beide lande word nie demokraties bestuur nie. Moet ons nie antwoorde soek oor hoe die voornemende beleggers hulle lande bestuur nie?(ANC denkwyse)

Fochviller ·

As ek ‘n boer was en hulle kom eis my grond sal ek alles maar alles afbrand. Soos Nagmerrie hier bo sê sal ek ook maar ‘n ou kannetjie of twee petrol aankoop. Ek sal eerder kyk hoe brand my huis af as wat ek moet toe sien hoe hulle my hard verdiende geld deur hul dinges trek soos wat hulle die land ook deur hulle dingese getrek het.

Charmaine ·

Ek stem ons plekkie is geplunder tot op die grond sit in n twee stryd om te bou of of dit net so te los stem sal ook alkes afbrand last hulle van voir af dan bou en die mas self opkom

Rasper ·

Ek sien die kommentaar van RM raak. Wat is die plan met die mense wie se grond hulle gaan afvat? Toe dit nog “gewillige koper/verkoper” was, kon die boere geld belê en daarvan leef. Wat nou? CR sou net dit gedoen het as al sy agterdeure ge-“cover” was. China het seker klaar gesê hy sal instaan vir die beleggings wat gaan loop. Brazilie het seker klaar gesê hulle sal die nuwe boere kom oplei. Rusland en China het klaar belowe hulle sal by die UN alles veto wat SA in die moeilikheid sal laat kom. Ons Afrikaners se arrogansie het gemaak dat ons in hierdie moeilikheid sit. Altyd gedink ons is slimmer as die res. Wanneer gaan ons erken dat hulle ons uitoorlê het. Wanneer gaan ons erken dat Afrika anders werk. Cyril het sirkels om Roelf Meyer gehardloop met die onderhandelinge. Nou hardloop hulle weer sirkels om ons. Ons wou niks doen nie, want ons het te veel, (geld), gehad om te verloor. Nou kan ons niks meer doen nie, want ons het alles verloor.

Willem ·

Moenie alleen voel nie, ek het al klaar alles verloor. Solidariteit, Afriforum en ander doe so voort met jul goeie werk.

Gerhardb ·

Wonder wat gaan my Verband Bank se as ek gedwing word om op te hou betaal vir my Huis..en as almal stop om te betaal vir alle eindomme / huise plase / grond wat nog verbande uitstaande het. Nie omdat ons nie wil betaal nie maar gedwing word ?? Anargie..

Donald ·

Hulle gaan die banke ook laat nasionaliseer en jou maak betaal.

Andre ·

RSA gaan die pad van Zimbabwe. Onbewame leiers, verkiesingbeloftes, korrupsie, misdaad, dreinering van die Staatskas. Niks meer om te gee. Verander die geskiedenis. Vat die boere se eiendom om die massas gelukkig te hou terwyl die land nog verder gedrein word. Hulle lewe op leuens.

Inge ·

So m.a.w. hulle gaan ons stedelike huise ens ook vat sonder vergoeding. Dit gaan groot moeilikheid veroorsaak!

Casper Labuschagne ·

@Inge – Eiendomsreg sal nie meer bestaan nie en sal ter enige tyd deur ‘n proklamasie ontneem kan word. Jy sal dalk nog enkele jare jou huis, jou bankrekening en jou pensioenfonds of enige ander eiendom tot jou eie voordeel kan gebruik, maar hierdie is Afrika, na Ramaphosa kom iemand anders en na hom iemand wat nog meer militant is en dan besit geeneen van die wit minderheid enigiets nie. Dit is die werklikheid wat ons nou in die gesig staar.

Sonder eiendomsreg is dit neusie verby vir die wit minderheid – die enigste faktor wat maak dat ek en jy rustig kan slaap is dat ons die geld het om in veilige woonbuurte agter veiligheidsmure te woon. Neem die sekuriteit van ons eiendom weg en waar sit ons dan?

Jacques ·

Inge – Dit gaan nie sommer net vir vat wees nie , dit gaan op erger dinge uitloop . Ek werk 11 ure n dag sonder oortyd en toelaes ens , vir dit wat ek het en nou wil hulle net kom vat ? Ek het vir hulle nuus en dit is alles baie slegte nuus . Die regering kla elke dag oor werkloosheid , maar hulle die afdeling wat dit juis aanblaas en aanhelp . Hulle skep die verwagting dat dit nie nodig is om te werk om huise en motors ens te besit nie , gooi n paar kilpe en brand n brandweerstasie of |SAPD kantoor af en siedaar daar kry ons alles . Die wiel draai , en God slaap nie .

Se maar net ·

Net toe ons dink ons is ontslaan van die Zuma era en dit soos n berg van ons skouers af is en SA hul vertroue in CR plaas, het hy ook sy ware kleure gewys. Hier kom n burgeroorlog.

Casper Labuschagne ·

Voeg gerus my persoonlike kommentaar by, “Op 1 Augustus 2018 weet ek dat dit die regte besluit was om Nee te stem in die referendum van 1992 omdat daar ‘n beter bedeling moes wees waar selfbeskikking vir die Afrikaner op sy eie grondgebied gewaarborg was. Dit het 26 jaar geneem, maar die regerende party het in die een hofsaak na die ander in of die appèlhof of die grondwetlike hof feitlik elke onderhandelde minderheidsreg uitgewis en nou sal die grondwet ook dan gewysig word om finaal die laaste minderheidsregte te ontneem.”

Dit is vandag asof alle mag bloot oorgegee is aan ‘n revolusionêre party wat sosialisme nastreef en fanaties gesteld is op vergelding teen hul wit onderdrukkers, asof daar nooit in die verlede ‘n onderhandelde skikking bestaan het nie.

Realis ·

Die nag wat die oorname kom is nader as wat ons dink. Dit moet gebeur voor die verkiesing. Alle kommunikasie middele, selfoon, telefoon en internet sal afgeskakel word sodat niemand iemand anders kan waarsku nie. Die enigste kommunikasie sal tweerigting radios wees. Gewapende militêre groepe sal orals ontplooi word om enige weerstand geweldadig te onderdruk. Wanneer ons opstaan vir werk het dit reeds gebeur.. Ek bid uit my hart uit dat dit nie gaan gebeur nie, maar die geskiedenis in ander kommunistiese lande bewys dat dit waarskynlik is hoe dit gaan gebeur.

Casper Labuschagne ·

Wees nugter, verwag die ergste en berei daarvoor voor maar hoop en bid dat dit nooit sal gebeur nie.

Ek dink egter dat hulle in tipiese Afrika styl sal begin by die plase met die meeste beeste op, die groot Vrystaatse saaiplase sal later kom want om ‘n suksesvolle megaboer te wees is oneindig moeiliker.

Maar elke plaas wat onteien sal word sal ‘n propaganda triomf vir die regerende party wees want onteiening is nou die tema van hul verkiesingsveldtog. Sekerlik sal die oorname van een of meer plase daagliks voorkom want sodoende kan daar in elke distrik en munisipaliteit deurgaans groot vieringe plaasvind. Naweke sal meer plase onteien word ter wille van die verkiesingsveldtog. Ek vermoed dat die verkiesing in Augustus 2019 gehou sal word so ek skat sowat 500 tot 1,000 groot plase en stedelike eiendomme sal teen daardie tyd onteien wees.

Maar daarna kom onteiening onder die gesag van munisipale en provinsiale regerings. Vir dekades al loop inspekteurs op dorpe en plase en meet elke enkele gebou en struktuur op, kwansuis vir erfbelasting. Dus is daar verseker ‘n databasis op munisipale vlak wat alle eiendomme in die hande van die wit minderheid aandui en daardie data sal die kern vorm van hoe onteiening op plaaslike vlak sal geskied.

Sommige sal die gebruik van hul huise, plase en besighede vir langer kan geniet as andere. Maar uiteindelik is dit vir ons almal neusie verby.

jaco ·

hoe gaan n gratis oordrag van eiendom werk as daar nog skuld op die eiendom is
1. gaan die bank wat die verband hou net eenvoudig geignoreer en sommer ook genasionaliseer word?
2. gaan die bank die verkoper, wat deur die staat gedwing is om die verkoper te wees, verantwoordelik hou vir die uitstaande skuld, of gaan die bank die uitstaande skuld van die nuwe eienaar eis?
Ek het nog n hele lys vrae, maar ek werk deur die dag. daars nie tyd om onteieningsverhore/inligtingsessies by te woon nie. Ek wonder net of al die goed behoordlik deurdink is.

Casper Labuschagne ·

@Jaco, presies net soos in Zimbabwe. Die regering ignoreer die uitstaande skuld of verbande wanneer hulle onteien. Die finansiële instelling omskep dan die verband in ‘n lening sonder sekuriteit en gebruik dan die regsproses om die uitstaande skuld in te win. Gevolglik sal ons nie net ons grond verloor nie maar ook totale bankrotskap in die gesig staar.

Dit is die huidige werklikheid. Almal rondom my en sekerlik ook rondom jou ignoreer hierdie werklikheid, maar hoe gouer ons besef hoe ernstig ons penarie nou is, hoe gouer sal ons ‘n ruggraat vind om hierteen op te staan.

Koos ·

Sjoe, wat ‘n negatiewe, ruggraatlose spul kommentaar waar almal ook wil afbrand soos die massas in die tentoonstelling van hul onbeskaafdheid reeds voorbeeld stel.

Wees ‘n slag nugter en staan vas in jou geloof en kyk na Bo waar jou hulp vandaan sal kom.
Moenie jouself laat afdaal na die vlak van hulle wat nie jou verhewe waardes ken of wil ken nie.

Soek die oplossing binne jouself waar jy weet wie jy is, in Wie jy glo en weet dat jy nooit verlaat sal word of in die steek gelaat sal word nie.

Derf ·

Besig om joode se getuie uit die tweede wêreld oorlog te lees… “Soos kinders besig is om te wirg aan die galg, roep mense uit, waar is God, hoekom laat hy die toe? Ons was net glad nie voorbereid vir hoe wreed die wêreld regtig was”

Casper Labuschagne ·

@Koos, jy is 100% reg. Maar gaan asseblief na die buiteland en bid daar vir ons uitkoms, van die hoeveelheid Christene wat in Afrika biddend op hul knieë doodgekap is legio. Hier plaaslik moet ons eerder ‘n pragmatiese weg volg soos met Coert Steynberg se standbeeld van Sarel Cilliers in Kroonstad waar Sarel Cilliers met sy regterhand na bo en ‘n Bybel in sy linkerhand vir God vra om uitkoms. Maar sy regtervoet bly ook stewig vasgeanker op ‘n kanon. Ek sou sulke pragmatisme sterk aanbeveel in hierdie tye.

MAGDA ·

Ek dink ons moet weer op ons kniee kom en op kyk na Bo waar ons hulp vandaan kom.

Adriaan ·

Hierdie is taktiek om stemme te werf vir die komende verkiesing. Deur die massas te paai met beloftes van gratis grond kan hul verseker wees hul steun sal skerp groei. Ek glo ook dat wysiging van die grondwet dalk nog voor die verkiesing gaan plaasvind.

Deur enige grond/eiendom oop te stel vir onteining skaf jy feitlik alle eiendomsreg af – wat NIE goed vir die ekonomie kan wees. Dit SAL VERSEKER beleggervertoue ‘n massiewe knou gee – en sodra dit gebeur, gaan almal in SA daaronder ly, wit, swart, ryk en arm. Hierdie politieke skuif op hul part gaan ons land duur te staan kom.

Die paw-paw gaan voor einde 2019 die waaier tref, merk my woorde…. maar ons moet nou nugter wees en kophou – tref voorsiening vir alle moontlike scenarios sover jy kan.

Marnus ·

Waar is jou bewyse dat dit verkiesingsfoefie is? Omdat Max du Preez so gesê het? Maak gereed!

JvdW ·

Ons gaan regtig niks he. Dis soos ‘n plaag wat oorvat. Klomp komando wurms. Niks goeds kan hieruit kom nie. CR is eintlik al die pad net ‘n wolf in sheeps-clothing gewees.

Ben ·

Die swaard sny 2 kante toe. Waneer die konstitusie verander word betekenen dit dat regerings na die ANC, ‘n gegewe feit, die tradisionele leiers se grond sal vat. Kyk hoe maklik het die Zupta en Gups die land gekaap. Wat ek se is dat die Zulu koning sy grond klaar verloor het. CR se belofte geld net terwyl CR daar is, dws as hy daarby gaan hou. As die regereing van die dag eers sy grond het dan hoef hulle ook nie meer vir hom (Tradisionele leiers ens) ‘n maandelikse toelaag te betaal nie. Baie groot koste bespaaring as hulle die tradisionele leiers se toelaag nie meer hoef te betaal nie. Hierdie is ‘n deur wat die ANC net so hard gaan byt, hy (ANC) gaan wens hy het dit nooit gedoen nie!!!. Geen regdenkende mense gaan hier investeer nie. Dit gaan ook vir China baie geld kos – China wil die Kaap he vir strategiese militere belang dan kan hulle Amerika (US) se vloot beperk. Maar die US sal maar die gevolge leer as jy jou bondgenote in die rug steek en Satan (666) se agterstewe soen.

FM ·

Skaam jou Cyril. Jy lieg vir die mense, want lyk
my jou “ouer people” is nie die witmense nie. So jy is net die president van n sekere deel van die bevolking. Is jy nie veronderstel om die president van almal in die land te wees nie? Jy raak nou al meer n volgeling van die eff, zuma en blf. Maar mense moet nie die invloed van hierdie kommunistiese Brics lande onderskat nie. Ek glo hulle wil hul politieke stelsel op SA afdwing in ruil vir lenings ens. So eintlik is Ramaphosa en die anc volgelinge van die eff. En die eff volg n kommunistiese beleid waar alle grond aan die staat moet behoort.En malema is die groot rassis. Ramaphosa en die anc het hul rug op die weste gedraai. En China is te gewillig om geld aan SA te leen. Ramaphosa kom nog nie agter dat China n verskuilde agenda bedryf nie. Hy is wat my betref n swakkeling en dis net mooi die teenoorgestelde wat baie Suid- Afrikaners gedink het.

jaco ·

Hoe kan ‘n bank my dwing om ‘n lening terug te betaal as ek nie my huis met die verband op wou weggee nie, maar deur die staat daartoe gedwing is? Dis mos onregverdig.

Joshua ·

Waar is die VryheidsFront+ tydens al hierdie grond berade want al wat ons op tv sien is net valse propaganda, dreigemente en haatspraak deur swartmense ( EFF, ANC, PAC,BLF) op die witmense-waar is die VryheidsFront se verteenwoordigers by hierdie grondberade wat moet opstaan vir ons?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.