Onteiening: Sperdatum vir besluit uitgestel

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlement het die sperdatum vir die besluit van die ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, met twee maande uitgestel.

Die komitee moes eintlik al teen die einde van vandeesmaand die voorgestelde bewoording van enige grondwetlike verandering aan die Nasionale Vergadering voorgelê het.

Openbare insette word tans landwyd aangehoor en die proses sou beslis nie teen die einde van vandeesmaand voltooi kon word nie. Onder meer het die ANC steeds geen voorstel vir die bewoording van ‘n grondwetlike wysiging ingedien nie.

Die nuwe sperdatum vir die afhandeling van die ad hoc-komitee se werk is 29 Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miskruier

God bly in beheer.

André

Die volkie kom agter dat hulle met vuur speel! From the frying pan to the fire……

daniel

Dit is iets wat permanent uitgestel behoort te word