Onteiening: Staat het reeds 9,8 miljoen hektaar grond onder kuratorskap

Argieffoto (Foto: Michal Jarmoluk/Pixabay)

In reaksie op ʼn parlementêre vraag deur die Demokratiese Alliansie, het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling onthul dat die staat reeds 9,8 miljoen hektaar grond besit wat geregistreer is onder kuratorskap.

“Hierdie skokkende onthulling kom te midde van die ANC/EFF se koalisieplanne om ʼn klousule in die artikel 25-wetsontwerp in te sluit vir staatskuratorskap, wat in effek niks meer is nie as ʼn verskuilde poging om alle grond te nasionaliseer en dit onder beheer van die staat te plaas,” het Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Die feit dat die staat 9,8 miljoen hektaar grond onder sy beheer het, terwyl ons talle gemeenskappe landswyd het wat al dekades lank sukkel om hul grondeise te skik, onthul die skynheiligheid en oneerlikheid van die ANC-regering om werklike grondhervorming na te jaag.”

Steyn sê die jongste onthulling deur die departement wys op die onberade najaag van ʼn wysiging aan artikel 25 van die Grondwet deur die ANC en EFF om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak en dat dit slegs “ʼn populistiese, maar gevaarlike slenter is om die grondkwessie te gebruik as ʼn wapen om politieke mag te bekom”.

“Deur te erken dat hy op 9,8 miljoen hektaar grond sit, terwyl grondeisers sonder grond bly, het die ANC eintlik bevestig dat die grootste struikelblok vir grondhervorming nie die Grondwet is nie, maar ʼn gebrek aan politieke wilskrag.”

Steyn sê die DA sal Dinsdag die hoofkantoor van die departement besoek om eerstehandse inligting in te win oor die databasis van sy grondbesit. “Die chaotiese grondadministrasie-stelsel in die land is nog altyd voorgehou as een van die redes waarom die regering nie grond aan gemeenskappe kan oordra nie. In plaas daarvan om klaarblyklike tekortkominge in grondhervorming aan te spreek, soos die chaotiese grondadministrasie-stelsel, wil die ANC eerder die Grondwet sy sondebok maak en die deur oopmaak vir ʼn strydlustige EFF wat die fondasies van ons demokrasie wil afbreek deur die artikel 25-wetsontwerp.”

Sy sê die DA sal alles in sy vermoë doen om dit te voorkom, omdat dit Suid-Afrika in die afgrond in sal stuur, sal verwoes wat oor is van ons ekonomie deur beleggers af te skrik, alle vooruitsigte op groei sal vernietig en miljoene mense in uiterste armoede sal dompel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Herpiet ·

Dis net ‘n kwessie van tyd.
Die kommuniste het dit reeds lankal besluit.

annie ·

Die ANC soek ontwikkelde grond en eiendom, nie vernielde en verskroeide aarde uit eie hand nie. Daarvoor moet wit eienaars ontwapen en onteien word. Alle eiendom, nie net plase nie… Alles…

Pieter ·

Ekonomies gevestigde plase wat nog iets beteken want dit lyk maklik om iets wat werk af te breek. Op bou is nie die doel nie

Pietertjie ·

Mens noem dit Kommunisme. Dis waarvoor die K in SAKP staan.

Grassie ·

Ek stem saam met Herpiet. Ek glo hierdie besluite is al lank gelede reeds in die binnekringe van die ANC geneem – voor 1994 reeds.

My siening ·

Hul soek die plase soos hulle met BEE die privaat sektor kaap, die ANC IS SKELM VERBY, maar wag hulle wil sluk wat hulle nie kan kou. JULLE ANC EN EFF GAAN JULLE AANHANGERS LAAT VREK VAN DIE HONGER!!

Persheks Adri ·

Al die stukkies val in plek. Grond, pensioen, beleggings, eiendom en wapens en ek’s seker daar is nog wat kort op die lys… Nog groter rede hoekom ons die vuurwapen wet moet baklei! ANC julle krap aan ons blankes hou aan om ons te ondermyn ons gaan nie terug staan nie! Boerevolk word wakker!!!

Thom ·

” ons gaan nie terug staan nie ” ____ Adri ek is bereid om te lei en / of te volg maar moet net nie van mense verwag om met ‘n windbuks en die bybel teen vuurpyle te veg nie !

Pieter ·

Kom vat my grond vat net my verband saam. Ek sal nie die bank betaal vir grond wat ek nie meer besit nie. Wat gaan die bank doen my plaas vat wat ek nie meer besit nie.

Rian ·

Pieter, hulle gaan banke ook nasionaliseer, dan behoort die verbande aan hulle.

Herpiet ·

En as jou verband opbetaald is dan gaan jy verder by die staat jou eindom huur wat jy klaar betaal het

Jacobus ·

As jy die chaos in die kantoor vir vuurwapenlisensies sien is dit ANC se kortpad om eiendom te gryp. Aktekantoor waarskynlik net so chaoties! Vernietig net die papierwerk.

Manie ·

In my opinie glo ek nog altyd Die ANC en die EFF is kop in een mus.
Die EFFis gestig as populistiese party wat wil lyk asof hulle teen die regering is, maar in werklikheid doen hulle al die Radikale vuil werk van die ANC. Dit wil dan lyk asof die ANC onder druk is om toe te gee en dit is presies wat hulle wil hê! Kyk maar na al die gevalle waar EFF betrokke is. Hulle doen en sê net wat hulle wil en daar is geen nagevolge nie!
Sou enige ander party soos die EFF optre sou hulle vervolg word, en in die tronk gestop word.
Asseblief kiesers word wakker en staan saam!

Anoniem ·

Kommunisme. Dit is waartoe hierdie Regering afstuur. Hoe op deesaarde kan daar na ‘n “familie Vergadering” gesê word “God Bless” en dan voer hulle sulke kommunistiese gebare uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.