Onteiening sonder vergoeding-kwessie by VN aangeroer

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die politieke party die VF Plus is vandeesweek in Genève, Switserland by die elfde sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede, om steun te werf teen die regering se planne vir onteiening sonder vergoeding.

AfriForum woon Donderdag en Vrydag die sitting by as deel van die organisasie se verskerpte internasionale veldtog om druk teen onteiening sonder vergoeding te mobiliseer.

Volgens Alana Bailey, wat die VN-byeenkoms in haar hoedanigheid as adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir internasionale skakeling bywoon, is dié organisasie se regspan besig met optrede om die grondwetwysigingsproses te stuit, maar internasionale druk is noodsaaklik om te verhoed dat die proses tog mettertyd deurgevoer word.

Die tema van vanjaar se byeenkoms van die Forum vir Minderheidsaangeleenthede is staatloosheid. Die VN noem dat dit ’n menseregte-saak is wat minderhede reg oor die wêreld buitengewoon fel raak.

Bailey beklemtoon dat AfriForum nie ’n verantwoordelike program van grondhervorming teenstaan nie. “Wanneer egter van die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper afgesien word, soos wat nou voorgestel word, kan dit net tot nadeel van alle inwoners van die land wees,” verduidelik sy.

“Minderhede in Suid-Afrika word tans die sondebok gemaak om die regering se onvermoë om grondhervorming behoorlik uit te voer, te verdoesel. In ’n amptelike verslag oor grondhervorming, uitgereik onder leiding van oud-president Kgalema Motlanthe, word erken dat nóg wit grondeienaars, nóg die Grondwet die rede vir die staat se mislukte grondhervormingsprogram is – dit is onder meer deur korrupsie en die staat se onbevoegdheid teweeggebring. Tog dui verskeie uitsprake van senior regeringsverteenwoordigers aan dat die voorgestelde onteieningsproses wit grondeienaars sal teiken. Hulle loop dus die gevaar om ʼn staatlose minderheid te word,” sê Bailey. “Hulle staar reeds groeiende druk teen hulle grondwetlik erkende kulturele regte, insluitend taal- en onderwysregte, in die gesig.”

Volgens Bailey is die risiko nie tot hierdie gemeenskap beperk nie. Elders het soortgelyke ideologies-gedrewe onteieningsprojekte tot die dramatiese groei van die wêreld se staatlose bevolking aanleiding gegee, onder meer deur die skep van groot getalle politieke en ekonomiese vlugtelinge. Hulle was ook nie net tot een groep beperk nie – alle burgers van die betrokke lande is benadeel. AfriForum is oortuig daarvan dat alle Suid-Afrikaners ’n duister toekoms tegemoet gaan indien die proses van onteiening sonder vergoeding deurgevoer word.

“Skade is reeds aangerig. Internasionale beleggers word deur die beleidsonsekerheid oor eiendomsregte in die land afgeskrik. Eiendomspryse daal en boere is huiwerig om infrastruktuur op plase te ontwikkel, wat ’n negatiewe invloed op voedselsekuriteit het. Kredietgraderingsinstellings soos Moody’s, finansiële inrigtings (insluitend die Internasionale Monetêre Fonds), meningsvormers en finansiële deskundiges het almal al kommer, gesteun deur betroubare navorsingsresultate bekendgemaak. Tog skrik dit die ANC-regering nog nie van sy selfvernietigende voornemens af nie. Dit is die verantwoordelikheid van die burgerlike samelewing om alles moontlik te doen om te verhoed dat Suid-Afrikaanse minderhede op groot skaal deel van die wêreld se staatlose bevolking word,” sê Bailey.

Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, het die afgelope week die Menseregteraad van die VN se Forum oor Minderheidsaangeleenthede ingelig oor vergrype van die ANC-regering, en in die besonder die vernietigende potensiaal van onteiening sonder vergoeding.

Groenewald het die VN ingelig oor die algemeen-onrusbarende ekonomiese situasie in Suid-Afrika, die huidige ekonomiese resessie, korrupsie en magsmisbruik deur die regering en die regerende party. Die kern van sy boodskap was dat daar is ‘n doelgerigte poging van die Suid-Afrikaanse regering is om minderheidsgroepe, en veral die Afrikaner, te ontmagtig en staatloos te maak.

“Regeringsleiers maak van die Afrikaner-minderheidsgroep die sondebok vir die huidige ekonomiese toestande, werkloosheid en armoede. Alle Afrikaners word as gronddiewe uitgebeeld en grond word voorgehou as die enigste oplossing vir al Suid-Afrika se sosio-ekonomiese uitdagings,” het Groenewald gesê.

“Teenstrydig met dit wat pres. Cyril Ramaphosa aan die internasionale gemeenskap gesê het, vind daar reeds grondbesettings plaas en boere en plaasarbeiders is kwesbaar vir toenemende gewelddadige aanvalle en moorde.”

Groenewald het gesê sy party beveel aan dat die VN ten volle ondersoek instel om die Suid-Afrikaanse regering onder druk te plaas om dié gruweldade tot ʼn einde te bring en die proses van onteiening sonder vergoeding te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Mooi só Afriforum!
Wat sou ons sonder julle gedoen het?

Geregtigheid ·

Dankie vir die groot werk wat julle doen on SA van ondergang te probeer red. Sterkte en hoop en bid dat julle stemme gehoor en gerespekteer word.

Ditan ·

Aggenee Afriforum! Om “verantwoordelike grondhervorming” te ondersteun skep ‘n president – want wat presies is dit? Die ANC en EFF glo beslis ook dat hul weergawe “verantwoordelik” is! Julle behoort álle vorms van enige identiteitspolitiek teen te staan – ook grondhervorming. Die grondhervormingsprogram van die ANC is niks meer as ‘n verskoning om alle grond onder staats beheer te plaas nie – noem dit dus wat dit is. Die ANC/SAKP alliansie is steeds oppad na totale kommunisme waar daar geen plek vir die Afrikaner is nie. Verder, goeie werk!

Johannes ·

Ditan, ek is ook half teleurgesteld oor hierdie benadering van AfriForum/VF plus, maar op die einde gaan hierdie stappe baie punte tel wanneer ons Boere uiteindelik drastiese stappe gaan moet neem om onsself en ons eiendom (en ons voortbestaan) te moet verdedig.

Erick ·

Jammer om te se, julle hap na pap. NIKS gaan hieromtrent gedoen word nie.

Dries du Toit ·

Erick nou wat stel jy voor. NIKS DOEN. Dit kos net dat goeie mense soos Afriforum en VF+ niks doen om onheil te laat seevier. Laat ons dan maar agteroor sit en pap hap Dan is ons nie ons eue naam werd nie

Johannes ·

Ek steun AfriForum en die VF plus 100%. Goeie werk! Alhoewel ek nie oortuig is dat die VN of die res van die wêreld regtig veel gaan omgee nie, glo ek hierdie stappe is nodig. Sou dit moontlik gebeur dat ons Boere onself en ons eiendom met drastiese optrede sal moet verdedig, kan die VN of wêreld (of wie ookal) nie omdraai en sê ons het hierdie saak nie op ‘n redelike en vreedsame manier probeer oplos nie.

Anoniem ·

Dankie dat julle probeer.Dit is maklik om knoppies in jou eie privaatheid en sekureteit te druk en gal te blaas oor hoe jy ontevrede is.Maar gaan loop die harde myl in die parlement en gaan praat voor die U.N(United nothing)Gaan sit jy en redeneer met n idioot Dan praat ons weer.

Anton ·

Dankie Afriforum en VF. Ek is ‘n lafhart en oorleef net net. Probeer my eie pootjie aan die gang hou.
Ek waag nie op kyk want al wat ek sien is die on goddelikheid in die staat en skole. Dit lei net tot chaos.
Ek bid dat die slapende leeu wakker gemaak word.
Net soos in die res van die Westerse wêreld.
“Christianity needs to rise to the occasion”.

Andre ·

Die 1994 Grondwet van SA is die FONDASIE van die regstaat. As jy aan die fondasie peuter is die kanse goed dat die hele staat (“gebou”) onstabiel raak en selfs ineenstort!

Die 1994 grondwet is ook die eindproduk van ‘n vredesooreekoms wat gesluit is tussen vele partye wat in ‘n oorlog gewikkeld was.

Met die beoogde eensydige wysigings aan die grondwet dishonoreer sekere partye die ooreengekome skikking van 1994 en dit veroorsaak dat die ander partye teruggedwing word na die pre ’94 oorlog.

Met die 1994 vredesooreenkoms (skikking) was onderlinge vertroue tussen die deelnemende partye, noodsaaklik om die skikking te laat werk. Tans blyk dit dat sekere elemente (faksies) nog nooit ingekoop het in die ’94 onderhandelde skikking nie. Hulle het die groot ‘okasie’ (KODESA ens) bloot misbruik as ‘n publisiteitsfoefie in hulle Marxisties kommunistiese propaganda veldtog.

Die onderlinge vertrouensverhouding tussen die ’94 deelnemende partye is tans onherstelbaar verbrokkel en sleep SA onafwendbaar na ‘n afgrond van etniese konflik, anargie en selfvernietiging.

Die “SA wonderwerk”, waarvoor Nelson Mandela en FW De Klerk die Nobelprys vir vrede ontvang het, is besig om klaaglik te misluk.

aj ·

Die 1994 Grondwet van SA is die FONDASIE van die regstaat.

As jy aan die fondasie peuter is die kanse goed dat die hele staat (“gebou”) onstabiel raak en selfs ineenstort!

Die omstrede wysiging van die grondwet waarvoor sekere groepe hulle tans beywer, bedreig die geloofwaardigheid van die totale Grondwet en die Regstaat.

Die ’94 grondwet was ook die eindproduk van ‘n vredesooreekoms wat gesluit is tussen vele partye wat op daardie stadium in ‘n oorlog gewikkeld was.

Met die beoogde eensydige wysigings aan die grondwet dishonoreer sekere partye die ooreengekome skikking van 1994 en dit veroorsaak dat die ander partye onwillekeurig teruggedwing word na die pre ’94 oorlog.

Met die ’94 vredesooreenkoms (skikking) was onderlinge vertroue tussen die deelnemende partye, noodsaaklik om die skikking te laat werk.

Tans blyk dit dat sekere faksies nog nooit ingekoop het in die ’94 onderhandelde skikking nie. Hulle het die groot ‘okasie’ (KODESA ens) bloot misbruik as ‘n publisiteitsfoefie in hulle voortstuwende Marxisties kommunistiese rewolusie.

Die onderlinge vertrouensverhouding tussen die ’94 deelnemende partye is tans onherstelbaar verbrokkel en dit sleep SA onafwendbaar na ‘n afgrond van etniese konflik, anargie en selfvernietiging.

Die “SA wonderwerk”, waarvoor Nelson Mandela en FW De Klerk die Nobelprys vir vrede ontvang het, is besig om klaaglik te misluk.

ertjie ·

Wat is grondhervorming en hoekom moet dit enigsins plaasvind?

m.d.r. ·

Net een vraag—
Maroela, weereens weier julle modireerders om my skrywe te plaas—-
dit lyk vir my of julle of nie die 20ste Eeuse geskiedenis ken nie, of te bang
is om dit te erken.
Hoe jammer tog……!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.