Onteiening: Wetsontwerp dalk reeds teen Desember gereed

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

ʼn Wysigingswetsontwerp om artikel 25 van die Grondwet te verander om grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, kan dalk reeds voor die einde van die jaar gereed wees.

“Ons verwag dat die wetsontwerp reeds teen die middel van Desember gereed sal wees vir publikasie in die Staatskoerant,” het Cedric Frolic, huisvoorsitter van die parlement, Woensdag tydens ʼn perskonferensie gesê. “Die publiek sal dus die res van Januarie beskikbaar hê om kommentaar te lewer.”

Die parlement se prioriteite oor die volgende paar maande is tydens die perskonferensie bespreek.

“Onmiddellik ná die sperdatum, sal die komitee weer vergader om die publiek se insette te oorweeg en dan openbare verhore te hou in die parlement en buite die parlement om die sienings in die geskrewe insette te bespreek.”

Die Nasionale Vergadering het ʼn sperdatum van 31 Maart aan die ad hoc-komitee toegestaan wat die wysiging moet hanteer om sy werk af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Koosman ·

Oom Fw en Oom Roelf se checks and balances skop nou mooi in !!

James ·

En hier kom die ZIM grype tuis. Boere moet nou planne reg he. Uur glas amper leeg.

Tonie ·

Dankie dan hou ek op om my huis te betaal
Ek betaal nie vir onsekerheid en zim geskiedenis nie

Johan ·

Dit sal die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek. Die russe het hulle destyds mooi geleer.

JV ·

Middel van Desember, baie slu van die regering. Dan is die meester mense op vakansie en die minste insette word gegee. So reg in hulle kraal

jaco ·

op vakansie terwyl SA se ekonomie op rommelstatus is en daar n ekonomiese resessie is en ALLES amper onbetaalbaar duur is???

Stan ·

Hulle is nou besig om te krap waar dit nie juk nie……. Hierdie gaan n lelike ding raak as die grondwet verander!!!

Koosman ·

Oom Fw en Oom Roelf se checks and balances skop nou mooi in !!

Geselsie ·

Ek hoop dit sal lelik raak, maar dink ons mense is eerder ń “walk-over”.

Pieter ·

Jip en ons blankes gaan soos gewoonlik wakker skrik as dit te laat is

Regs! ·

Kom probeer gerus my grond vat! Hoop julle lewensversekering is in orde!

John ·

Cyril het nog nie sy middernagtelike aankondiging nietig verklaar nie. So dit staan. Die Sjinese-kommune-plase is destyds deur Zuma voorgehou vir ‘n mega-boerderyplan vir wes van Johannesburg. Glo die prez dat swart werkloses op landerye gaan swoeg vir ander grootbase uit eie geledere vir ‘n tipe Sassa-inkomste? Wie gaan baas en wie klaas wees?
CR moet ipv atoomkrag eerder oor graan- en gasinvoere met Rusland onderhandel.

HK ·

Die grond kwessie gaan nog groot moeilikeid bring, wanneer die bom in SA gaan bars kan ons nie presies se nie. Oom Siener het wel op sy sterf bed gese sodra die ys begin smelt gaan dit gebuer. Nou ons weet al jare dat die pole begin wegsmelt, maar wat wel interessant is, is dat Ace Magashule se so paar maande trug gese het; “die ys in die anc begin smelt.” Of dit die ys is warrna siener werwys het sal ons nie met sekerheid kan se nie, feit bly bly staan die moeilikeid is oppad!
Bid, wees waaksaam en moenie mislei en uitgevang word duer die vyand soos Piet Retief was nie.

Feite ·

Al dui die realiteite op die slegste, hou maar duimvas en hoop op die beste moontlike vreedsame uitkoms vir die boere. Daar is geen ander uitweg, want diegene wie boere aanmoedig om weerstand te bied, sal self nie weerstand bied nie. Hulle sal gebeure net soos die polisie net monitor, videos maak en dit gebruik as propaganda. Die kans dat enige haan daarna vir die boere gaan kraai is baie skraal. Bitter min geregtigheid het tot dusver geskied vir die twee duisend plus wit kruise wat reeds geplant is!

jaco ·

banke het klaar gesê dat die onteiende ex-eienaar van die grond STEEDS aan die banke verantwoordelik is vir die terugbetaling van die uitstaande verband.

KrokodilBotha ·

Feite die meerderheid eet meer as die minderheid. Ons sal sien. Soos Zimbabwe is daar n nuwe vakansie dag opad.

Feite ·

@KrokodilBotha. Jy is reg, die meerderheid eet meer as die minderheid, maar dit is n feit dat die minderheid ook moet eet, al eet hulle minder as die meerderheid. Of onteiening vreedsaam gaan verloop of nie, grond gaan oorgedra word aan swart eienaars wie wit plaasbestuurders gaan aanstel om vir hulle te boer. Dit is die plan en dit beteken dat die meerderheid steeds meer gaan eet as die minderheid en dat die minderheid steeds minder gaan eet as die meerderheid, maar eet, gaan hulle eet, dis Virseker! Watse weerstandsplanne daar ookal is om n nuwe vakansiedag te Virseker gaan nie afkom nie en indien dit afkom gaan dit faal net soos diegene wie “kwansuis” geveg het om afrikaans by universiteite te behou, die Afrikaanssprekendes liederlik gefaal het en inderdaad daaraan aandadig is dat die afrikaanssprekendes hulle grootste erfenis uit die geskiedenis, naamlik die afrikaanse universiteite, kwyt is en dit alles vir die bou van n sakeryk uit afrikaanssprekendes. Nee wat ou KrokodilBotha, jy is besig om saam met die verkeerde ruiters perd op te saal, maar laat dit dan nou maar vir diegene wie nie wil luister nie n les wees en dus kan dit ook dien as n les uit die geskiedenis vir ons nageslagte! Daar gaan n nuwe vakansiedag aanbreek, maar nie die een wat jy jouself voorstel nie!

Plaasmeisie ·

Dankie Feite, jy som dit netjies op. Wanneer ons Boere hierdie snert lees dan wonder ons wat gaan gebeur! Is al die jare se harde werk, werk skepping aan behoeftiges en ure se bloedsweet in son, wind, reën, hael, koue, swak oeste, vee wat in jou hande vrek, verniet? Ons bou nie sakeryke op nie, ons gee om. Vir mens en dier. Boerdery is ñ omgee passie. Hoe kan iemand anders net op papier besluit dis nie meer joune nie?

HEKSE ·

lekker krismis kom vroeg die jaar vir party mense. nou gaan daar gebraai en gedans word tot na nuwe jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.