Lees ook:
“Onteieningswet ’n aanval op eiendomsreg”
Die kabinet het die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onteiening goedgekeur en dit sal nou in die parlement ter tafel gelê word.
Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag die aankondig gemaak. Die doel van die wysigingswetsontwerp is om die bestaande wet van 1975 te vervang en “die oorkoepelende wetgewing wat die onteiening van eiendom reguleer te belyn met die waardes en bepalings van die Grondwet”.
Die regering het in 2008 ʼn vroeër weergawe van die wetsontwerp probeer deurvoer, maar die plan is in die wiele gery nadat die grondwetlikheid daarvan bevraagteken is.
Die huidige weergawe van die wetsontwerp erken die jurisdiksie van die howe in die vasstelling van die vergoeding verskuldig vir onteiende eiendom.
Kritici sê hoewel dit ‘n verbetering is, sal hierdie verandering in die praktyk net tot voordeel strek van burgers wat potensiële uitgerekte litigasie kan bekostig.
Daar is ook kommer, aangesien die wetgewing die minister van openbare werke se mag om bates te onteien, uitbrei na alle staatsinstellings.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
50 Kommentare
Ek dink die tyd het nou aangebreek dat ons wittes en ons besighede almal ophhou belasting betaal. Ons kan nie aanhou om aan n organisasie geld te betaal wat net daarop uit is om ons uit te moor en van alles te beroof nie. Dit is presies wat nou met ons gebeur die wat dit nie kan of wil insien nie moet blind wees.
Kommunisme is niks – hierdie is wat ons voor moet bang wees! Hulle gaan VAT wat hul wil hê, dit opneuk soos hul reeds doen (diere laat vrek van honger en dors, landerye vergaan) en so sal ons naderhand geen voedsel meer produseer want die nuwe “boere” sal net rondlê voor die huise…
Lyk my die tyd vir baklei kom nader
SKOKKEND UITERS SKOKKEND.
Baie geskok oor die wet wat goed gekeur is. Beteken dit dan babies dat as jy meer as een residensiele eiendom het kan hulle dit van jou af wegvat? Baie van ons het ekstra geld in eiendom bele om eendag vir ons aftrede goed voorbereid te wees. As dit wel die geval is dat hulle dat kan doen gaan dit n gat slag wees vir die residensiele mark asook buitelandse investering.