Onteieningswet: EFF is ontevrede

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die proses oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, is besig om in al meer omstredenheid omhul te word.

Die publiek het tot die einde van die maand om kommentaar te lewer op die bewoording (en dus die gevolge) van die voorgestelde grondwetwysiging.

Maar nou het die EFF begin beweer daar is ’n slang in die gras. Hulle beweer vuilspel omdat die voorgestelde wetsontwerp net voor Kersfees in die Staatskoerant gepubliseer is. Die EFF meen omdat soveel mense dan met vakansie en minder op hul hoede is, verteenwoordig die tydsberekening ’n poging om die grondwetwysiging ongesiens by die publiek verby te smokkel sodat hul reg op deelname ondermyn en hul opinie nie gehoor word nie.

Die vreemde aspek van hierdie EFF-reaksie is dat die tydsberekening van die konsepwetsontwerp se publikasie die EFF verras, aangesien die besluit oor die publikasiedatum eenparig, openlik en in die openbaar geneem is deur die ad hoc-komitee van die parlement. Dié komitee skryf die wetgewing en die EFF se onderleier, Floyd Shivambu, is ’n lid hiervan.

Dit sou die EFF dalk minder verras het as hulle die vergaderings waarop die besluite geneem word minder gereeld misloop, of in geval van afwesigheid bloot die beskikbare notules aanvra om uit te vind wat hulle misgeloop het.

Intussen het 88% van mense wat aan ’n aanlyn peiling oor die kwessie deelgeneem het, hulle teen die wysiging van die Grondwet uitgespreek. Hoewel dit tot groot opwinding en publisiteit aanleiding gegee het by dié wat met die 88% saamstem, is die peiling lukraak en onwetenskaplik, onder meer omdat dit nie ewekansig of verteenwoordigend is nie.

Die syfer van 88% kan in elk geval binnekort dramaties verander aangesien die EFF ’n versoek aan hul ondersteuners gerig het om in groot getalle aan die peiling deel te neem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Jakes
Voorleggings, insette en navrae oor die konsepwetsontwerp ter wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik kan per e-pos gestuur word aan [email protected]. za of dit kan gepos word aan mnr. V. Romano, 3e vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad, 8000. Voorleggings en insette kan in enige van Suid-Afrika se elf ampstale gedoen word.
Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Johanna Botha ·

Hulle kan jy nie tevrede stel nie …wys een ding wat al opgebou is …presies daar le jou antw !

Edward Shawe ·

Om die grondwet op onteiening sonder vergoeding te verander gaan die regering in n baie swak internationale situasie plaas. Hierdie regering is nou besig om sy eie kop in n hang tou te plaas met die Internationale hof.

barend v d westhuizen ·

eff is n klom mense wat alles wil he en net verder hulle sakke kan vil en hulle teer op mense wat nie behoorlik in gelig is nie

JP ·

Die EEF is gedurig besig om die daar gestelde ooreenkomste te ondermyn, hulle self het niks bygedra tot opbouing van die land nie, nee eerder breek en brand hulle alles wat duur tot stand gekom het af

Maans ·

Dit is vir die rede dat daar nie n eff of n anc in SA moet wees. Voëls van eenderse vere met altyd verskuilde motiewe

Heksie ·

aai die klomp darem. so gierig soos nog iets. maar nog nooit het ek gesien hulle ondersteun mense in nood nie, of deel kospakkies uit nie, of help ander wat water en kos nodig het as daar vloede is nie, jy sien net nooit n rooi pet nie, selfs nie een BLF ondersteuner ook nie, waar kruip hulle weg, in hulle huise met shampanje in die een hand en kaviaar in die ane ene

Antoinette ·

Hulle weerspreek hul eie grondwet. Dubbel standaarde…. miskien moet hulle die grond eis wat die staat het en boere uitlos

Mariska ·

Ons sal maar net almal moet gaan soek na waar ons moet gaan stem en almal stem. KOM ONS ALMAL GAAN STEM EN STAAN SAAM!

Pierre Joubert ·

Die probleem is dat Malema geen verstand het nie ook nie betroubaar is nie hulle lieg en wil die blankes onderdruk maar hy wat op facebook kla dat hulle duisende C V s weg stuur maar geen werk word aan hulle gegee nie maar hy is die een wat die grense oopgstel het saam met Zuma en dit wys ons net hoe dink hulle ,die imigrant werk vir R30 n dag want hy wil net oorleef ons mense wil nie werk nie maar soek net geld en as sy maag vol is wil hulle verhogings he en as hy nie sy sin kry nie staak hy en brand en verwoes alles het julle al gewonder hoekom Medupi en Kusile na twaalf jaar nog nie klaar gebou is nie Maar dit is mos maklik om hulle probleme wat hulle oor hulle self gebring het op die blanke af te skuif . Wys my een gebou of enigeiets wat hy al in sy lewe opgebou het niks maar niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.