“Onteieningswet ’n aanval op eiendomsreg”

Foto: Maretha Maartens

Foto: Maretha Maartens

Kommer heers oor die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika nadat die kabinet die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onteiening goedgekeur het.

Volgens Cornelius Jansen van Rensburg, AfriSake se uitvoerende hoof, beskou plaaslike én internasionale sakeorganisasies die groeiende onsekerheid insake eiendomsreg as faktore wat beleggingsrisiko’s verhoog.

“Hoewel die onteieningswet nog deur die parlementêre prosesse moet gaan, stuur die kabinet se goedkeuring daarvan ’n baie negatiewe boodskap aan sakelui uit.”

Janse van Rensburg sê in ’n onlangse verslag, getiteld: “South Africa: Monitoring the Cabinet, Election Promises and Legislation”, meen die Switserse bank Credit Suisse dat die nuwe onteieningswet “eiendomsreg ondermyn en kapitale beleggings in Suid-Afrika sal ontmoedig”.

Credit Suisse ontleed die wet soos volg: “Enige eiendom kan deur die tersaaklike minister onteien word ten behoewe van ‘publieke belang’ en herverdeling”. Enige vergoeding sal deur die staat bepaal word, en nie volgens markwaarde nie.

Volgens Janse van Rensburg het het Jeremy Cronin, minister van openbare werke, op 18 April 2013 die beoogde wetgewing as nóg ’n gereedskapstuk beskryf vir die doel van grondhervorming om gelyke toegang tot Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne vir alle Suid-Afrikaners te verseker.

“Verder het minister Cronin daarop gewys dat eiendom volgens die onteieningswet nie beperk is tot grond nie, maar alle vorme van eiendom. Hy het ook aangedui dat daar wel omstandighede mag ontstaan waarin die regering ‘André se bakkie kan onteien’ ten bate van openbare belang.”

In ’n verslag wat AfriSake in Junie vanjaar oor die toekoms van eiendomsreg bekendgestel het, word landsburgers gemaan teen die impak wat onder meer die onteieningswet op die land se burgerregte gaan hê. “Eiendomsreg en menseregte is onafskeidbaar verweef met mekaar. As die Parlement eiendomsreg aftakel, takel hulle ook die Handves van Menseregte af,” het Jansen van Rensburg gesê.

AfriSake sê hy is van plan om nou direk met parlementslede te skakel oor die groeiende aanval op eiendomsreg. “Parlementslede moet begryp dat hulle optredes in die volgende maande rigtinggewend gaan wees vir die toekoms van Suid-Afrika.”

AfriSake het reeds hul eiendomsregverslag aan meer as ’n duisend genoteerde maatskappye, oorsese beleggingsfirmas, ambassades en konsulate gestuur. AfriSake sal ook vroeg in 2015 ’n regsproses namens ’n aantal boere van stapel stuur met die oogmerk om eiendomsreg te beskerm.

Lees ook:
Onteieningswet deur kabinet goedgekeur
AfriSake stel vyfpuntplan bekend om eiendomsregkrisis af te weer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Hier kom groot probleme vir die wat eiendom besit.
Sal moet verkoop en dan huur maar wat van die wat van die verhuur geldjie leef.
Net God sal ons uitkoms gee.

Dave ·

Dit is al laat in die oggend. Tyd om wakker te word Fanie. Uit jou drome wakker te skrik en sin te praat.

Henkst ·

Suid-Afrika is ‘n Afrika sosialistiese staat, lees Julius Nyerere se Arusha verklaring.

Deon ·

Kan Nakantla nie ook onteien word nie? Dit is ook privaat eiendom.

Meisie ·

Hulle sal nie ophou nie voordat daar geen wit mens in SA is wat iets besit nie!!! Dit is hulle uiteindelike doelwit!!

Jan Kruger ·

I was born in South Africa and i have decided to pack up and leave SA and to read all this makes me wonder how many others will follow soon it might become like one of the neighboring states. I do feel sorry for those who have their life savings in those properties that is about to be taken, which in fact has a big asset for all who live in SA, just to think all the grain farms who feed the whole of South Africa. I am very glad i left SA and sad at the same time cause i was thinking to retire in my home country but now i think that has come to no option for me but to stay where i am and then retire in the country where i am now. Its sad really sad

Leon ·

Wel, die” bottom line” is daar was n referendum, dink dit was 1992. n Ja of n Nee. Dit was almal se demokratiese reg om sy stem uit te bring. Nou wonder ek vandag, hoeveel Ja stemme sou daar gewees het as hulle besef het dinge werk uintelik soos dit nou werk ( onteiening, “transformasie” en kader ontplooiing) en wat nog. Wonder ook hoeveel vd Ja stemme is al lankal oor die waters, opsoek na n beter lewe.
Sou die sanksies nie maar n beter opsie wees nie…….?
Dit is nou n bietjie laat vir “damage controll”
Die minderwaardige meerderheid is aanbewind!

HEVW ·

Leon, baie reg.Ons sit met die gevolge. n Massa goedgelowegis het hul aan hulle neuse laat lei. On voorwaardelike vertroue in destydse leiersfigure en angstig gekleef aan hul politike sentimente. Geweier om om enige verandering te maak. Die negatiwe gevolge is op vergadering na vergadering aan hul uitgespel, maar hul het minagtend nie die vergaderings bygewoon nie. En wat nou??????????

emile ·

Eiendom beteken enige eindom. Selfs jou spaargeld in die bank, jou besigheid, beleggings, pensioen?, enigiets.

Na 20 jr se betalings kos my huisverband my miljoene. Sal nie wil sien dat die ANC nou my huisie “in openbare belang” kom affirmative shop en my niks daarvoor gee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.