‘Onteieningswet sal in grondwethof beveg word’

LP's in die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

LP’s in die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede op 11 Februarie 2016 (Foto: GCIS)

“Die wetsontwerp op onteiening is een stap nader om as een van Suid-Afrika se gevaarlikste wette gepromulgeer te word nadat die Nasionale Vergadering dit gister met 202 stemme teenoor 88 goedgekeur het.” Dit is die mening van die burgerregte-organisasie AfriSake wat reeds sy regspan opdrag gegee om dié wet in die konstitusionele hof te gaan betwis sodra dit gepromulgeer word.

Volgens Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, sal die regering die proses nou so vinnig moontlik versnel om die wet goedgekeur te kry. AfriSake is van mening dat dit met die oog op die komende munisipale verkiesing gedoen word om stemme en steun vir die regerende party te verseker.

Die wetsontwerp bepaal onder meer dat die regering enige bate kan onteien as dit in openbare doel of openbare belang geskied. Aandele, intellektuele eiendom en regte verbonde aan eiendom kan dus hiermee onteien word. Daar word ook weggedoen met die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper wat bloot as een van die faktore om vergoeding te bepaal in ag geneem word.

“Met hierdie wetgewing kan die regering besluit wat jou eiendom werd is. As jy dit wil betwis, sal jy op eie onkoste moet hof toe – wat jou ’n aardige bedrag uit die sak kan jaag. Dit kan tog onmoontlik versoenbaar wees met die art. 25 van die grondwet,” het Pieterse gesê.

Lees meer oor die Grondonteieningswetsontwerp op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

PJ ·

Vat hulle AfriSake !!! Sal my finansièle bydrae maak vir die hof saak

DPJ ·

Die skrif is aan die muur en nie lank nie is alle eiendom in staats besit.

Werner ·

Afrisake. Laat weet net waar kan ons begin bydraes lewer vir finansiele onderstuening vir die saak…

Essie ·

Wat van plase of eiendom wat geërf is met die woorde “lewensreg” – (testament se bewoording? )

Piet ·

Lewensreg gaan niks help teen daai nuwe wet nie. Hulle kan maak wat hul wil dan

John ·

M.a.w die regering kan net in jou huis instap en vat wat hulle wil hê? Ek sien hierdie gaan nog groot moeilikheid veroorsaak.

Staan op ·

Ons almal beter gaan stem die jaar. Anders gaan als slegter raak

Anesta ·

Ek het sulke liefdevolle varkhondjies… Ek wil sien hoe stap hulle in my huis in…

Jan maak n Plan ·

John, ja hulle kan alles vat, al het jy een helse verband daarop, gaan jy met die verband sit en geen grond of eiendom. Staan op wat jy gese het is vreeslik baie waar. Ons regdenkendes wat baie het om te verloor sal beslis vanjaar moet gaan stem. Ek wens net Agriforum en Solidariteit wil saam n politieke party stig wat na ons belange kan omsien. En Anesta hulle gaan nog jou varkies ook wat jong. Ek het mos al lankal gese hier kom nog n Suid Zimbabwe.

humor ·

Anesta vergeet van jou varkhondjies dit sal ook onteien kan word. Dit is tyd vir n ernstige lewenshouding.

Ww ·

Eerstens Moet ALMAL VERSEKER gaan stem anders onder steun jy die ANC Tweedens Moet jy aansluit by AfriForum en deelnemend finansieel onder steun dis al hoop om te verenig

Dee ·

Ek daag elke keer die mense uit wat jou storie vertel om te verduidelik hoe die anc ondersteun word as jy nie stem nie. Niemand kon dit nog doen nie. Probeer jy om dit te verduidelik.
En moet nie Afriforum net onder steun nie, doen dit ook van bo en van alle kante.

Nugter ·

Dee,
Jy is heeltemal reg. ‘n Mens stem vir ‘n party, nie teen ‘n party nie. Ek het in 1992 die laaste keer gestem. Niemand moet vir my vertel dat ek daardeur, die ANC ondersteun nie. Deur te stem gee jy eerstens legimiditeit aan hierdie bose politieke bestel, en tweedens het jy mos jou “demokratiese reg” uitgeoefen en moet jy berus in die uitslag. En derdens, deur die uitoefening van hierdie “demokratiese reg” het jy geen morele gronde om oor die wanordelike regering te kla nie want dis mos waarvoor die ja-stem in 1992 gevra het, dan nie? Hoe plus-minus 4 miljoen blanke stemme dink hul kan ongeveer 25 miljoen anderskleurige/swart stemme uitstem, bly vir my ‘n raaisel…

Derrick ·

So selfs ‘n gedig of storie wat mens geskryf het, kan onteien word?

Dee ·

Verduidelik jy nou hoe dit in openbare belang kan wees of vir ‘n openbare doel kan geskied.

Gideon Roos ·

Hulle vat al ons Afrikaanse gedigte van die families af weg, en verbied hulle verspreiding, doen dieselfde met alle Afrikaanse materiaal, en dan sit ons sonder ‘n kultuur vir ons taal. Totsiens Afrikaans, totsiens afrikaners.

Vat dan ons eiendom, en ons salarisse, en totsiens almal wat nie met hulle saam stem nie. Hierdie word nog die nuwe Noord Korea, hou net dit dop.

Jef ·

Gelukkig het ek my huis 4jaar gelede verkoop vir n baie goeie prys en ook my aandele.
Inmiddels weer in aandele geinversteer hier in die buiteland, bly dat ek niks met hierdie onteieningwet te make het nie.

bielie ·

Sterkte afrisake Jul het u groot taak om vir ons boere te doen

Riaan ·

Die swart mentaliteit al weer eens, ons VAT net, of ons dit nou verdien of nie is irrelevant.. As ons van ‘n bestaande suksesverhaal ‘n groot gemors maak dan is daar altyd Apartheid om te blameer.

As ‘n swart nasie kan hulle NIKS opbou nie, maar treine, skole en ander geboue afbrand … dit kan hulle goed doen

Daan ·

Wat gebeur dan met verbandhouers se kontrakte by verskeie banke? Gaan die regering die uitstaande balans betaal?

Philip Kilian ·

Daar is net een rede waaroor al die boehaai gaan. Dis ‘n relatiewe klein faksie van die populasie wat so amok maak, en dit gaan ook gladnie oor die witmense of taal, of skoonmakers by die Universiteit nie, of treine of beelde nie. Hierdie haat, frustrasie en woede is die besef dat hulle hoop en verwagtinge met die oorgang na ‘n Swart regering en die beloftes van “Paradise for all”, verydel is, en dat hulle in der waarheid nou slegter daaraan toe is, met ‘n regering wat ‘n mislukking is. Hulle aanvalle is gemik op enigiets wat ‘n sagte teiken is, en wat die maksimum aandag trek. Let op dat hulle altyd in “power, by numbers”, optree. Daar is mos nie intelligensie voor nodig nie. En daarmee probeer hulle om arrogansie teen die witmensstelsel te monster. Dis egter ‘n valse sin van meerderwaardigheid, want hulle benadeel hulle eie groei en opleidings potensiaal.

Zirk ·

Mense, ons bly al 300 jaar + in hierdie land en ons verstaan nou nog nie die Afrika denke nie.
Onthou u nog Mandela het gesê Suid Afrika behoort aan almal wat daarin woon.?
Over geset syne, wat myne is, bly myne, maar wat joue is, is ook myne. Onthou dit asseblief.
En dis suiwer SOSIALISTIES.

Dan ·

Kan net raai WIE daarvoor gestem het. Wil alles verniet he, of vir eie gewin.

Johannes Meintjes ·

Die “onteieningswet” moet saam met die VN se Agenda 21 en NWO benaderings verstaan word. So, stadigaan, word die land voorberei vir uiteindelike oorname, soos wat reeds in 1994 in erns begin is.

John ·

Soos die wet tans staan, volgens ‘n onlangse hofuitspraak, erf die nuwe eienaar of selfs ‘n huurder die skuld van die vorige eienaar/huurder. Agterstallige rekeninge word die eienaar of huurder se probleem, Die uitspraak gaan glo in die grondwethof getoets word. Ek glo die nuwe eienaars van boereplase gaan nie die skuld van die boere betaal nie. Wie gaan? ‘n Bankkrot boer het niks. Die banke gaan dus groot skade ly. Wat is is die vlak onder rommelstatus? Ons gaan dit beslis toets, of as dit nog nie bestaan nie, gaan ons dit skep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.