Onteieningswet voorspel nog ‘moeilikheid’ vir SA

huis eiendom

(Argieffoto)

Vrystaat Landbou (VL) waarsku opnuut dat die aanvaarding van die Onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm die weg gaan baan vir verdere korrupsie op ʼn skaal wat nog nie gesien is nie.

“Eiendomsreg word bedreig en steeds stoom die regering voort op ʼn ideologiese pad, ongeag al die uitdagings wat die land in die gesig staar,” sê Francois Wilken, president van VL.

Die organisasie het sy teleurstelling en kommer te kenne gegee nadat die Nasionale Vergadering (NV) Woensdag ten gunste van die omstrede onteieningswetsontwerp gestem het.

Verskeie opposisiepartye, onder wie die DA, VF Plus, ACDP en IVP, het onsuksesvol teen die wetgewing probeer walgooi.

Die Nasionale Raad op Provinsies moet die wetsontwerp nou goedkeur.

Wilken sê druk deur die regering om verdere mag te bekom om bates sonder vergoeding te kan onteien, gaan die land nog verder in die moeilikheid bring.

“Die huidige kragkrisis asook die bek-en-klouseeruitbreking in onder meer die Vrystaat, is alreeds wesenlike uitdagings wat ernstige nagevolge vir voedselsekerheid inhou,” sê hy.

Wilken sê klousules wat tydens openbaredeelnameprosesse deur georganiseerde landbou, opposisiepartye en die burgerlike samelewing geopper is, is in die problematiese bepalings van die wetsontwerp “steeds rede tot kommer”.

Gernie Botha, uitvoerende hoof van VL, sê die omstredenheid van die wetsontwerp berus steeds in die definisie van onteiening. Die bepalings oor nul vergoeding en die geleentheid vir misbruik, hou veral vir grondeienaars ʼn wesenlike gevaar in.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê ook die grootste uitwerking gaan op handelsbanke, finansiële instellings en private eienaars wees.

“Ondernemings wat ontwikkeling in die land wil doen, sal twee keer dink,” het Groenewald gesê.

Wat die “oneerlikheid van die wet” betref, moet gekyk word na die wetlike definisie van “eiendom”. Dit sluit ook roerende en intellektuele eiendom in, wat in die gedrang kan kom, sê hy.

“Die waarheid is dat die wet vir die ANC nie gaan oor grondhervorming as sodanig nie. Dit gaan oor die mag wat grondbesit bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Althes ·

In elke staatsinstansie is daar grootskaalse korrupsie. Selfs die Vrede suiwelprojek is gekaap en opkomende boere is finansieel ontneem.

Hierdie gaan definitief ook oor magsvergrype gaan. Die staatsamptenare gaan hulself bevoordeel.
Grace Mugabe was ñ sprekende voorbeeld van hoe die staat homself kan vergryp ten koste van sy burgers. Sy het destyds swart burgers se grond onteien sodat sy haar wildsplaas kon vergroot.

Ons moet saamstaan. Hierdie ideologie gaan nie werk nie.

Groen Ghoen ·

Die lesse wat uit die NP se roemlose oorgawe te leer is, is dat die ANC nie vertrou kan word nie asook dat hulle nie afgesien het van hul drome om ‘n sosialistiese staat te skep nie. En Ramapromises? Hy praat uit twee monde; wat het hy gedoen om hierdie wegholtrein te stop?

Althes ·

My observasie is dat hy moontlik veg vir politieke oorlewing. Ongelukkig is daar te veel gierige plunderaars in ANC en majorities rule.
Ek glo daar is goed in hom, dat as sy hande nie so vasgebind was nie, dat SA n suksesstorie sou wees

Adri ·

Die “meerderheid” het mos gestem vir kommunisme. Hier het ons met kommunisme in sy wese te doen.

SjN ·

Hulle is geldhonger, nie grondhonger, boerdery is te harde werk, soek opgeboude plase om te plunder.

Swerwer ·

Kommunisties georienteerde Regering. Niks sal nooit genoeg wees vir die kommuniste nie.

Bernard ·

Is daar steeds mense – Max du Preez uitgesluit – wat glo dat hierdie kleptokratiese ANC ‘n moderne staat kan bestuur.

Martin ·

Suid Afrika is die enigste land in die wêreld waar ‘n korrupte regering met so ‘n dom besluit “onteining sonder vergoeding” tevore kan kom en wegkom daarmee. Die buitelandse liberales kyk anderkant toe en buitelandse beleggers sal eenvoudig nie meer hulle geld in ons land belê nie. Ongelukkig is daar omgekeerde rassisme en haat teenoor die blankes in ons land. Al ons staats instansies is bankrot agv wanbestuur deur die regerende party.

Jaco ·

Mark my words: volgende word die Reserwebank volledig ‘n staatsentiteit en word meeste privaat banke genasionaliseer.

Hendrik ·

Die regering is gedwonge om hd kommunistise besluite soos onteiening sonder vergoeding te neem. Ook was die hofuitsprsaak “kill the Boer” noodsaaklik want die vlogende verkiesing is ophande. Dit voorspel niks goeds vir ons blanke bestaan in hd dierbaar vaderland nie.

Hendrik ·

Ons onomkeerbare ondergang is verseker want dit le in die hand van die oewerlose massa dwaas. Die meerderheidstem word verseker deur n eenpartystelsel in n veelvolkige bestaan. Die onafhankle bestaan van die Blanke bevolking is eenvoudig net onmoontlik.

Pampoenboer ·

Ek vergiftig my grand en blast my huis op so sal hulle vir jare niks daar kan plant nie

Mariana ·

Ons almal weet dat die ANC gaan maak soos hulle wil al is daar besware van oral en almal. Dit is mos hoe hulle dit doen. Kyk maar na als wat onder hulle tot niet gegaan het, hulle is die land se grootste probleem

Schalk ·

Die burgers gaan in opstand kom. Die as wat smeul gaan begin gloei en net die verkeerde poging to onteining gaan die vonk veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.