Ontevrede ouers sluit Pretoriase laerskool

Polisie moes intree tussen die groep ouers en lede van ‘n jeugbeweging (Foto: Skermskoot van video op GAC Risk Solutions, Facebook)

Die polisie en verskeie sekerheidsmaatskappye is Maandagoggend na die Laerskool Danie Malan in die noorde van Pretoria ontbied, nadat verskeie ontevrede ouers in die gemeenskap dié skool se hekke gesluit het. Die polisie moes boonop ook ingryp nadat die groep ouers handgemeen geraak het met lede van ’n jeugbeweging.

Omtrent 25 ontevrede gemeenskapslede het omstreeks 05:30 die hekke reg rondom die skool met kettings en slotte gesluit. Hulle is glo ontevrede dat hul kinders nie plek in dié skool gekry het nie.

Die polisie, die polisie se eenheid vir openbare orde en verskeie sekerheidsmaatskappye is na die skool ontbied. Die skool het vanoggend reeds die leerders en onderwysers in kennis gestel dat hulle nie vandag (Maandag) skool toe moet kom nie.

Juan du Plessis, woordvoerder van die GAC Risk Solutions-sekerheidsmaatskappy, sê met hul aankoms op die toneel was die situasie oor die algemeen kalm. Die polisie het met die groep ouers probeer onderhandel en omstreeks 08:32 die kettings en slotte van die hekke afgehaal.

Spanning het tussen lede van die Bittereinders-jeugbeweging en ouers uitgebreek (Foto: Bittereinders, Facebook)

Net daarna het daar spanning tussen die groep ouers en lede van die Bittereinders-jeugbeweging uitgebreek.

Devon Hofmeyr, een van die stigterslede van dié jeugbeweging, sê hulle het na die skool gegaan om hul misnoeë uit te spreek oor die skoolhekke wat gesluit is. Nadat wrywing tussen die ouers en die jeugbeweging uitgebreek het, moes die polisie tussen die twee partye intree om te keer dat hulle handgemeen raak.

In ’n video wat op sosiale media gedeel is, is dit duidelik hoe die polisie verwoed die twee groepe uitmekaar probeer hou.

“Ons kon nie net staan en toekyk hoe ’n groep ouers die skool sluit en só die leerders se skooldag ontwrig nie. Die kinders het reeds minder skooldae vanjaar weens die Covid-19-pandemie,” sê Hofmeyr. “As die ouers kwaad is oor waar hul kinders geplaas is, moet hulle dit voor die departement se deur gaan lê.”

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê dat geen beserings aangemeld is nie.

Die situasie by die skool is tans onder beheer en die polisie is steeds op die toneel om die situasie te monitor.

Maroela Media het navraag aan die departement van onderwys gerig, maar wag nog vir terugvoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JohanR ·

Soe sluit die hekke en nou kry die kinders geen onderig. Wonder party keur wat kinders dink van groot mense?

Jannie van Niekerk ·

Glo my vry, dis EFF en ANC kadrs wat GLAD nie ouers is nie. Dis nte konfronatsie soek.

Cecilia ·

Die Kinders moet begin opstaan vir hul regte en daai betogers hof toe sleep vir skending van hul grondwetlike reg om onderwys te ontbang in n veilige omgewing!

'n Simpelman ·

Plaas hulle by Unie gebou betoog en hoor waar is die nuwe beloof de skole

Cecilia ·

Beloofde skole se geld is in d sakke vd ANC kaders wat d onnosele ouers bly voor stem.

Magda ·

Gaan betoog voor die Onderwys department NIE die skool nie, hulle is die onbevoegde klomp goed wat so iets laat gebeur – Eish!! Julle wil leer maar eintlik wil julle ook nie ne

Sarel ·

Toelatings word deur die Dept en Mr. Lesufi gedoen…weet die mense dit nou nog nie. Gasn betoog vooor die Dept se deur en los die skool.

Elize ·

Nou waar is mnr Lesufi? Hy sal moet skole bou dat dit klap.

Lourens CFG ·

Hy is te hard besig om Afrikaans by te kom om dan nog skole te bou. “Have a heart”. ;-()

Francois Le Cochon ·

Hulle verstaan nie dat jy nie 2 liter water in ‘n 1 liter bottel kan gooi nie.

Misky ·

Gaan drom buite Lesufi se huis saam en sluit sy hekke. Hy hou hom mos op met nonsens en heksejag na afrikaanse skole terwyl die “gemeenskap” hulle eie skole plunder en afbrand.

Jannie van Niekerk ·

Ek gee julle ‘n brief huis toe dat die witmenshater , Lesufi, die EFF en ANC lede wat NIE ouers is nie omgekoop het om dit te doen.

Erika ·

So Omdat “Sekere Ouers’ …. ontvrede is en hulle nie hulle sin kry nie is moet die ander ouers kinders se Onderrig En veiligheid Ontwrig word
Congratulations thats the Tipical way to solve disagreement -resort to violence when you cant reason you are setting a fine example to your kids ( who will probably do exactly the same … and wont contribute to the difference

Adeline ·

Vinger kommentaar… “HOME SCHOOL” Tuis onderrig is die beste – dit met my dogter gedoen en sy het van ‘n -C na ‘n A+ kind verander – sy het meer ondervinding opgedoen in die sake wêreld en in die gemeenskap want kon betrokke wees orals weens haar eie beplande doelstellings. Vandag is dit vir elke kind belangrik om eerder Tuis onderrig te kry om waarlik nie deur die gaos van ‘n sekere kultuur beinvloed te word nie. Sy is oorsee by ‘n universiteit direk aanvaar sonder om enige eksamen oor te skryf deur haar A+ punte en is ‘n reuse sukses kind op alle vlake.

Sêmanet ·

Is dit nie die ouers se plig om BETYDS aansoek te doen vir hul kinders nie? Aansoeke begin mos redelik vroeg genoeg, reeds sodat daar genoeg tyd is. Of is ek verkeerd?

Cecilia ·

Dis nou maar tipies d klomp. Betoog oor alles. Hulle as ouers het gesit en Snot osse bou toe kinders ingeskryf moes word. Nou wil hul ander blameer. Gaan na d dept se kantore en betoog daar.
Jy wil he j kind moet moedertaal onderrig ontvang so hkm dring j daarop aan om d kind i Afr/Eng medium skool te sit.
In 70’s en 80’s het d kaders ook skole afgebrand omdat dit nie in hul moedertaal was nie. Nou het hul skole in hil eie gebiede in moedertaal maar hul dring daarop aan dat kinders nou i engels moet skool gaan. Dis nou d kaders wat se ouers in 70’s en 80’s skole afgebrand het wat nou daai selfde ouers se voorbeeld volg.
D SA GAAN NOOIT REGKOM NIE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.