Ontevredenheid oor ‘skokkende’ voordele vir raadslede

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het uitgevaar teen ʼn voorstel van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) dat die voordele van burgemeesters en raadslede aansienlik verbeter moet word.

The Star het Donderdag berig ʼn omsendbrief wat Salga verlede weke bekendgestel het, dui aan dat raadslede, speakers en burgemeesters volgens dié voorstel ʼn R3 400-selfoontoelaag sal ontvang, asook ʼn verdere R300 se data per maand, beter behuisingsvoordele en lyfwagte.

Die voordele, wat tot 1 Julie 2017 terugdateer sal word, is deur Des van Rooyen, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, in die staatskoerant gepubliseer.

Simon Mathe, Samwu se algemene sekretaris, het in ʼn verklaring gesê hierdie voordele is “skokkend” gegewe die feit dat onbeperkte selfoonkontrakte (wat data en onbeperkte oproepe insluit) minder as R2 000 kos. Mathe het gesê dat hierdie voordele dus eintlik ten doel het om raadslede se salarisse te verhoog aangesien hulle nooit op oproepe van gemeenskapslede reageer nie.

“Munisipale werkers moet die werkgewer subsidieer deur hul eie selfone te gebruik wanneer hulle hul pligte uitvoer. Hierdie is die mense wat moet seker maak dat Suid-Afrikaners dienste ontvang, maar hulle word nie eens van behoorlike persoonlike beskermingstoerusting voorsien sodat hulle hul pligte kan uitvoer nie,” het hy gesê.

“Die skokkendste onthulling van hierdie voorstel is dat burgemeesters, raadslede, speakers en hul adjunkte outomaties sal kwalifiseer om lyfwagte te kry sonder dat enige risiko-assessering gedoen word. Dit is ʼn blatante misbruik van hulpbronne wat andersins gebruik kon word vir dienslewering en beter vergoeding vir munisipale werkers.

“Hierdie voorsiening is ook oop vir misbruik deur rade aangesien daar nie ʼn maksimum aantal lyfwagte vasgestel word nie, gegewe die voorval by die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit waar 20 lyfwagte vir een individu toegeken is.”

Die omsendbrief het ook getoon dat burgemeesters gratis akkommodasie ten koste van belastingbetalers sal geniet, terwyl raadslede ʼn behuisingstoelaag van meer as R6 500 sal ontvang.

Raadslede sal verder R1 024 per dag betaal word vir elke sitting van die distriksmunisipale rade bykomend tot hul maandelikse salarisse. Mathe het gesê ʼn toelaag vir hierdie sittings is nie logies nie en sal die indruk skep dat munisipaliteite soos maatskappyrade is waar individue betaal word om raadsvergaderings by te woon.

“Ons sien hierdie voordele as ʼn vermorsing van hulpbronne en doen daarom ʼn beroep op rade om in die belang van gemeenskappe dit nié te implementeer nie. Inteendeel, hierdie voorstel moet teruggetrek word deur die owerheid wat dit in die eerste plek in die staatskoerant geplaas het,” het hy gesê.

Hy het gesê ter voorbereiding van die tweede ronde van onderhandelinge sal Samwu Salga daaraan herinner dat hierdie voordele ʼn aanduiding aan munisipale werkers is dat “armoede” as ‘n verskoning nie meer aanvaarbaar is nie.

“Deur hierdie voordele aan raadslede beskikbaar te stel, het munisipale werkers nou tot die gevolgtrekking gekom dat daar inderdaad geld is om te voldoen aan die eise wat hulle gestel het,” het Mathe gesê.

Samwu en Salga sal einde Januarie vir hul volgende ronde van onderhandelinge vergader. Samwu eis ʼn 15%-salarisverhoging en wil vanaf Julie 2018 ʼn nuwe minimumloon van R10 000 per maand hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

bgj van der westhuizen ·

wel wel dit gaat lekker in die land onthou net een ding dit is belasting betaler se geld wat gemors word ons kan dalk begin om nie meer betaal nie en wat dan

Elle ·

Ek lees R6 500-00 behuisingstoelaag per maand vir Raadslede( boonop die res van die voordele ) en R1 024-00 per sitting word uitbetaal. Gooi in daai lyfwagte en ander voordele. Ai man, kom ons stuur almal ons CV’s .

Johan ·

Botomless pit….waar daar net geld met emmers ingegooi word…..

zoom zoom ·

Hel die Des is ‘n slim man as dit kom by somme. Waar dink die man waar moet die geld van daan kom. Stadsrade kan nie eens hulle water en krag rekeninge betaal nie. Kan nie glo so man in ‘ n pos waar jy iemand met vaardigheid benodig. Dink net wat se gemors sou gebeur het as hy sou aanbly as min van fin. Hierdie stuur af om nog meer wan betaling.

Hanna ·

Absolute klap in die gesig van elke belastingbetaler (en armes)! Lyfwagte? Vir wat? Waarvoor is hulle bang? Hulle eie mense… Ja, so ry die trein, so ry die trein: die Suid Afrikaanse soustrein!

Gerrit ·

Belaglik ,hulle word reeds goed betaal vir wat hulle doen spandeer die geld om opgraderings te doen aan die infrastruktuur en die water probleem aan te spreek voor almal met n wes kaap probleem sit dan praat ons nie eers van veiligheids voorkoming bou van groter tronke ,hospitale ,skole ens nie .nee nee nee.

Izak ·

Dink is nou tyd dat alle munisipale belasting betalers staak met betaling indie voortgegaan word met hierdie vermorsing van belasting betalers se geld

Fourie ·

Des van Rooyen! Né! How more absurd can it get! Die voorgestelde bevoordeeldes doen reeds niks behalwe om op fotos te staan en pryk agter die WERKERS se handearbeid. En direkteure met vaste aanstellings! Munisipaliteite is ook maar net ‘n goudpot vir die boonste vlak amptenare! Vat hulle gerus vas SAMWU!

At ·

Salga is n klomp patete…verryk hulself en raadslede, asook top amptenare. Vir die amptenare wat werk moet doen is daar nie selfone nie.

Johann Marx ·

Hoekom het elke dorp en stad ‘n munisipaliteit nog nodig? Verwyder hulle. Elke woondbuurt kan sy eie diens verskaf, sy eie infrastruktuur onderhou, en as dit nodig raak kan ‘n Stadsbestuurder en woonbuurt-verteenwoordigers groter projekte laat doen deur aangestelde kontrakteurs (wat net betaal word as die werk gedoen is). Munisipaliteite is die grootste geld-morsers in ons ekonomie……….

MANIE ·

Dit is so snaaks dat veral anc so vreeslik bang word vir hulle eie mense as hulle in enige gesagsposisie kom

Chrisjan ·

Ek dink dis tyd dat SAMWU en die belastingbetalersverenigings om n tafel sit.

MARELIE LANDMAN ·

Vodacom se Unlimited Voice kontrak met 10gig data kos ongeveerbR1800, hoekom is R3400 dan enigsins nodig?

Renette ·

Ek woon oorkant n raadslid van ons munisipaliteit, Dinsdag het vuilgoed lorrie 2 keer by sy huis kom stop om sakke te laai maar ander huise sin gelos. Later het munisipale loodgolieters opgedaag om sy dreine te kom oop maak. Dis by sy privaat huis

Coenie ·

Dit is n skande name en shame hom en as dit n DA raadslid is word hy more met eerste daglig voor n vuurpeleton terug gestel.

jaco ·

Lede van provinsiale parlemente en van die nasionale parlement in Kaapstad kry nog baie meer. En onthou nou, dis vir ALLE lede. So die lede van die ANC, DA, EFF, IVP, VF-Plus en selfs die “wedergebore” Christene in die ACDP, swem almal lekker in die geld. Eintlik bou elkeen maar sy eie mini-Nkandla. VER meer mense as net Zuma is dus eintlik skuldig aan korrupsie en vermorsing van geld afkomstig van getroue belastingbetalers.

Dewald du Plessis ·

Dis waar wat jy sê Jaco. Baie mense wat so uitvaar oor hierdie belaglike byvoordele het nie hierdie ding so mooi gelees nie. Daai lede in hierdie posisies, van partye wat hul al uitgedruk het dat hul teen wanspandering en korrupsie is, die regte ding vir hul sal wees om op te staan teen dit en alles in hul mag doen om dit te probeer staak. Maar nou ja, soos ons al weet, dit gaan nie gebeur nie. Want hul doen ook niks daaraan wanneer hulle hul jaarlikse hoë salaris verhoging kry en dit terwyl die ouens wat werklik die land aan die gang hou tevrede moet wees met klein persentasie verhoging, indien verhoging kry.

Eish ·

Ek vertrou die beweerde, teoretiese, gematigde meerderheid sonder politieke konneksies bemerk die selfverryking ten koste van armes, dienslewering, instandhouding ens. Die netwerk van kaders besluit wie is op die betaalstaat en wie nie. Tragies dat burgers so n klomp kleptokrate keer op keer in die stoele van mag instem.

Hans ·

Hul wil nie die mense wat eintlik die werk n ordentlike verhooging gee nie want dan het hul nie geld om te mors nie. Hul het nou net hul eie speletjie wat ons almal al van weet in die openbaar op skrif herken, dat daar is geld net nie vir die wat die werk moet en doen onder haaglike omstandighede soms.

Bokkie van der Merwe ·

En ons as amptenare wat die werk doen en moeilik moet oplos en hanteer se salarisse bly net so met n verhoging van 7.6%. Ons is ook in die spervuur want waarnatoe gaan die gemeenskap as daar n probleem is, na die amptenare toe en ons moet die probleem oplos.NIE RAADSLEDE NIE.

Johann cb ·

Ek stem saam met Bokkie van Der Merwe – hier waar ek woon, is die Burgemeester se bruto salaris R100 000 per maand. Dan het by nog die salarisse vir 2018 aangepas!
Sjoe, waar kom die gewone man en pensioenarisse in?! Skandelik…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.