Ontgroening-saak: Seuns vrygelaat op borgtog

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Hoër Landbouskool Noord-Kaap Foto: Skool se webwerf (rotland.co.za)

Vier skoliere, tussen 14 en 19 jaar oud, is Vrydag in die Jan Kempdorp-landdroshof in die Noord-Kaap vrygelaat op borgtog nadat hulle glo ʼn medeleerling by die skool se koshuis aangerand en seksueel mishandel het.

“Die skoliere is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie gesê. “Hulle moet op 5 Maart weer in die hof verskyn.”

Die skoliere van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap het na bewering Sondagaand omstreeks 21:30 die 18-jarige slagoffer se kamer betree. Hulle het glo as deel van die ontgroeningsproses hom kaal uitgetrek, sy hande en voete vasgebind en hom op sy maag op die bed laat lê. Hy is glo met ʼn vreemde voorwerp gesodomiseer en verneder.

Die tieners staan tereg op aanklagte van verkragting en aanranding.

Lees alle vorige berigte oor Jan Kempdorp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nico ·

Lees ‘n mens een van die kinders se skrywe onderaan ‘n vorige berig, is dit duidelik waarom dit gaan en dat baie van hulle in die verlede reeds deur sodanige doop is. Ook kom dit al jare met die kinders saam.

Ek sien ook een van die kommentators vat die kind oor sy spelling aan. Ek dink daar steek baie, baie meer daaragter as net die spelling. Ons wat hier kommentaar lewer sien dalk nie die dieper/wyer prentjie nie.

Hierdie is nie ‘n uitsonderlike geval nie, dit kan ek julle verseker, die kinders het dit gedoen ook omdat dit aan hulle, of aan van hulle in die verlede gedoen was. Dit kom uit die geskiedenis uit.

Ook wil ek my verstout om te sê dat dit verseker nie die enigste skool is waar sulke ontgroeningspraktyke plaasvind nie.

Ek dink eerder al daardie kinders moet hulp kry, nie net die ontvanger nie, almal het letsels uit die verlede. Ek glo in ons land sit daar ook grootmense met letsels uit die verlede as gevolg van sodanige praktyke, maar moes hulle dit self verwerk.

Ek wonder of die joernaliste, rubriekskrywers en soortgelyke kommentators dit sal raak sien.

Ook kan julle my kommentaar onderaan die vorige berigte lees, want natuurlik is dit verkeerd, maar as dit so is wat ek hier bo sê, is dit dan reg dat die kinders in die selle gesit word en op borgtog vrygelaat moet word?

Is die so dat hulle soos kriminele behandel moet word terwyl daar dalk iets baie anders daaragter steek wat op ‘n ander manier aangespreek moet word, en dat almal hulp nodig het?

piet ·

Jy reg Nico maar die probleem hier dit is wit teen swart nou is dit n helse issue. As almal wit was sou dit nie eers op die nuus gewees het nie.

Nico ·

Alle kommentators, as ek reg gelees het, ook selfs Adriaan Basson sê daar was nie ras by betrokke nie. Dit was in alle geval daar vir almal om te sien.

Dit lyk my slegs Zuma, Ray McCauley en dalk nog een van die “geestelikes” het nog na Ras gemik, maar dit was in antwoord op ‘n verslaggewer se vraag. Dit seker sonder dat hulle die video gesien het, of dalk omdat hulle net die eerste berig gelees het.

Die eerste berig in Beeld het gelui dat vier wit seuns ‘n swart seun gemartel het. Verder is toe berig dat dit “volgens die seuns” tydens doop was. So hier in die berig het hulle nog sensasie gesoek en ‘n issue daarvan probeer maak, maar nou tot hul sinne gekom.

Drieks ·

Nico, jy is so reg. Vir geslagte word goed onder die mat in gevee. Iewers moet die sweer vir altyd in alle opsigte oop gemaak word. Dan kan ons dalk kinders van kleins af leer wat is regtig verkeerd. Iewers sé ons iets verkeerd dat kinders nie leer uit wat ons sé nie….

Nico ·

Ek lees vandag Rapport se reaksie op die gebeure. Dit is jammer hulle probeer dit weer ‘n rasding maak. Hulle wil myle daaruit kry. Intussen doen hulle niemand ‘n guns as hulle goed by sleep wat niks met die geval te doene het nie, maar eiertjie, wil hulle eiertjie lê.

Hulle beskou dit ook as afknou en wat nog. Ek dink die skrywer van daardie berig is te oppervlakkig om so its te kan beoordeel. Ten minste het ons Afriforum se mense wie die regte benadering het en wat bystand aan daai mense verleen.

Dink nou net dit moes Rapport gewees het wat bystand verleen!

Nico ·

Ons is so rasbehep in die land, dit is om van naar te word. Die koerante is die groot waghonde en bewakers van die blokhuis, hulle is die fluitjieblasers en laat niks toe aan enige spontane interaksie of geen interaksie tussen groepe, of jy dit nou verkies of nie, maar meng moet jy meng. Een van die dae kom kyk hulle in die restaurante watter tafels nie gemeng is nie. Hulle glo dit is so nuuswaardig dat hulle uitasem na sulke gebeure en scoops jaag.

Ja, hulle noem dit scoops. Hulle neem daardie selfopgelegde taak met toegewydheid op en pas dit nougeset toe.

Die snaakste van als is, dat as ‘n mens die koerante glo, leef ons in ‘n abnormale wêreld, maar stap ek in die strate en winkelsentrums, dan ervaar ek dit toetentaal anders as wat hulle ons voer en mee bombardeer.

Willem ·

Nico, veral as al wat al wat verslaggewer in hul rubrieke, van Max tot Adriaan (dit is nou die mense uit Transvaal en Die Kaap) los trek met hul preke, so kindergarten. Dit voel of hulle ‘n mens versmoor en nie asem kan kry nie. Dis wanneer ek lus voel om na ‘n Engelse koerant toe oor te skakel. Dit voel of die land te klein geword het.

Mel ·

Waar was die skool personeel of koshuis personeel wat veronderstel is om verantwoordelik te wees vir die kinders in hul sorg? Elke kind het die reg tot veiligheid en respek maar dis aanvaarbaar dat dit weggeneem word van sommige kinders deur ander kinders????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.