Onthoofde liggaam geïdentifiseer

misdaadtoneel

Argieffoto

Die man wie se liggaam twee weke gelede sonder ʼn kop in die Mooinooi-gebied in Noordwes aangetref is, is geïdentifiseer.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se familie het na vore gekom nadat die liggaam gevind is en gesê hulle vermoed dat die oorledene moontlik een van hul familielede kan wees. DNS-toetse is gedoen en die uitslae het gister bevestig dat die man wel ʼn lid van die Malunda-familie van die Oos-Kaap is.

Die man se naam is nie bekendgemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig die man se onthoofde liggaam is einde Maart deur ʼn inwoner van die dorp in die straat aangetref. Die polisie het daarna die publiek versoek om na vore te kom met inligting wat kan help om die identiteit van die oorledene vas te stel.

Moleko het Vrydag gesê die man se kop is nog nie opgespoor nie. Dit is ook nog nie duidelik of die moord moontlik met moetie verband hou nie en die polisie ondersoek tans alle moontlikhede.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Vinnige Vragie ·

Net een vraag…

Die voorval het hom EINDE MAART afgespeel, waar die DNS-toetse Reeds GISTER 12 April bekend is.

Die voorval van die 2 mooi-nooi vrou het himself in DESEMBER 2017 al afgespeel en DNS-toetse is steeds nie bekend nie?

Jammer dat die man sy lewe verloor het, maar dis nogal snaaks hoe vining sekere goed gedoen kan word in verskillende omstandighede

Maggie ·

Dieselfde vraag ht onmiddelik by my opgekom toe ek di berig lees

Lucy ·

Kan dit dalk wees omdat die mooi nooi vroue se ligame verbrand was ?
Weet nie hoe dns toetse werk nie, maar dit sou bitter onregverdig wees as die nuutse liggaam so vinnig uitgeken kon word.

Dna geswot ·

Hi Genieve
Ja, die verkoolde liggame kan dit moeiliker maak om die dna te isoleer en te toets. Aangesien dit organiese materiaal is wat nie hou van hitte nie, begin ontbind by 65°C en vure is baie warmer

jean ·

Ag wat…as dit ons ou volkie is, is daar nooit enige haas nie..hoe meer, hoe beter.

LHS ·

Die stank kom moontlik uit die aanhoudingselle uit. In n berig van verlede week op hierdie media is berig dat n getuie wat die bene gesien het iewers in n beskermings plek is en dat die beendere weg was toe die polisie daar opgedaag het, so daar kon dus nie bene gestuur gewees het vir toetsing nie. Of maroela media se beriggewing is baie onakkuraat of hier is groot geliegery deur die polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.