Onthoofde liggaam in dam ontdek

Argieffoto

Die onthoofde liggaam van ’n man is Maandagmiddag in die Rietfonteindam in die Vrystaat ontdek. Die man se kop kon egter nog nie opgespoor word nie.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n gemeenskapslid het die middag omstreeks 14:00 die liggaam in die rivier sien dryf en dadelik die polisie in kennis gestel.

“Met die polisie se aankoms op die toneel is die onthoofde liggaam in die water gekry,” sê Makhele.

“Hy het ’n swart broek aangehad en was donker van gelaat.”

Die polisie kon egter nog nie die persoon identifiseer nie omdat sy kop steeds nie gevind is nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

“Enigiemand met meer inligting wat tot die ondersoek kan bydra, kan die speurders by 082 467 6612 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alta Alleman ·

Wat ‘n siek samelewing woon ons nie in nie…skokkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.