Onthoofde lyk by Sasol gevind

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

ʼn Mens se kop is Sondag op ʼn vervoerband gevind wat gebruik word om steenkool te vervoer by die Sasol-aanleg in Secunda, Mpumalanga.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê die werkgewer wat op die kop afgekom het, het onmiddellik die vervoerband afgeskakel. “’n Soektog na die liggaam is dadelik deur personeel en die polisie van stapel gestuur.”

Volgens Mohlala is die liggaam, sonder ʼn regterarm, later in een van die steenkoolskagte gevind. “Die polisie en Sasol se intelligensie-eenheid het onmiddellik ʼn ondersoek begin om vas te stel of die slagoffer ʼn werknemer, ʼn kontrakteur of iemand wat die perseel onregmatig betree het, is.”

Die polisie het enigiemand met inligting versoek om die polisie in Secunda te bel by 017 624 2125 of Crime Stop by 0860 010 111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gideon ·

Kan dit nou so verkeerd wees om net te sê, daar is wit persoon se kop gevind of swarte s’n. Gaan dit nie makliker wees om dan familie op te spoor nie.

meerkat ·

Kry biheer oor julle meedi werkirs.sasol is so vrot van safetys en on nodage reels gin mens wil meer eenagi iets doen nie want kry jy seer is jy weg al is jy on skildag..

Gatvol vir beledigings ·

Kry eers jou feite agter mekaar dalk sal jy dan verstaan dat dit gerigte is van koper diefstal wat verkeerd geloop het en nie sasol wat hulle mense laat beseer nie. Hou op om ñ gooie maatskapy se naam te beswadder as dit nie vir sasol was nie het secunda nie bestaan nie. Word groot en wag vir die finale uitslag en blameer dan die diewe wat steel en nie sasol wat die dorp aan die gang hou nie.

CHRISTA ·

Waarom is ons land se mense so WREED? Net die liewe HERE kan ons van hierdie barbaarsheid verlos! Ek dink ons Kerke moet bymekaar kom en reël vir ‘n biddag vir VREDE!!!

Nico ·

Kom ons begin deur te bid vir ons regering en landsleiers, dan ook vir alle manne wat hoof en priester van hul huis moet wees sodat die regte, wel deurdagte plan van aksie geneem sal word.

Netta ·

Meerkat, wanneer verjaar jy? Ek stuur vir jou ‘n woordeboek.

JaNee ·

Askiestog-

Jy weet nie eers wat angaan nie.

Naby die liggaam was gesteelde koperkabel gevind.

Daar word vermoed dat iets hom afgeskrik het en hy het die hasepad gevat. Ongelukig voor een van die masjiene in wat hom gegryp het.

JaNee ·

Naby die liggaam was gesteelde koperkabel gevind.

Daar word vermoed dat iets hom afgeskrik het en hy het die hasepad gevat. Ongelukig voor een van die masjiene in wat hom gegryp het.
Hoe ek dit weet sal ek nie mag se nie, maar sasol loop erg deur met koper diefstal.

madeleen van der merwe ·

Dit verbaas my glad nie, daar is soveel swartmense wat onwettig van bethal of nagelee gebiede ‘n “lift” vang op die die vervoerbande wat van daaraf kom, ek het gewonder wanneer gaan dit gebeur!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.