Onthoofde lyk gevind: Polisie vra hulp

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Gauteng het ʼn beroep gedoen op die publiek om te help om ʼn man, wie se onthoofde liggaam aan die Oos-Rand gevind is, te identifiseer.

Kapt. Kabelo Marumo, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam is op 18 Desember naby die Etwatwa-afrit op die N12 gevind.

“Die slagoffer se hande en voete is ook verwyder. Hy het ʼn blou denimbroek, ʼn blou Adidas T-Hemp en ʼn blou gestreepte sweetpaktop aangehad. Hy het ook ʼn pienk sak by hom gehad met huissleutels in,” het Marumo gesê.

Hy het ʼn beroep gedoen op die publiek om die polisie te kontak indien hul vermiste familielede het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Mag mos nie deesdae in n berig plaas of dit wit of swart persoon is wat betrokke is nie nou neem dit dubbel so lank om die familie op te spoor. Ai die land van ons!

Ben Benade ·

Ja plaas net die velkleur van die onthoofde lyk, dan sal daar meer duidelikheid wees oor wie behoort te wonder oor sy broer, pa, oom of vriend

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.