Onthoofde lyk in Durban-stadion gevind

Argieffoto

Argieffoto

Munisipale werkers het Maandag op ‘n onthoofde lyk afgekom terwyl hulle ‘n stadion in Durban, KwaZulu-Natal skoongemaak het, berig die Daily News.

Volgens die berig is die liggaam van Desiree Murugan by die Shallcross-stadion gevind. Murugan was glo ‘n prostituut. Haar kop is ondanks ‘n uitgebreide soektog van die stadion nog nie gevind nie.

‘n Munisipale werker het aan die koerant gesê dat hy aanvanklik gedink het die liggaam is ‘n pop.

Dumezweni Dlamini, lid van die Chatsworth-gemeenskapspolisiëringsforum, het aan die koerant gesê dat Murugan se broek tot by haar enkels afgetrek was.

Die berig maak dit nie duidelik hoe die vrou geïdentifiseer is nie.

Familielede sê Murugan (39) het as ‘n prostituut gewerk om haar verslawing aan dwelms te finansier. Murugan het ‘n sesjarige seuntjie.

“Sy het nie verdien om op so barbaarse wyse dood te gaan nie, ongeag van die tipe werk wat sy gedoen het en haar verslawing aan dwelms,” het Murugan se suster, Jennet, gesê.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het aan die koerant gesê dat hulle leidrade opvolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.