Onthoofde lyk op strand gevind

Die polisie verwyder die man se liggaam van die toneel. Foto: @AlgoaFMNews op Twitter.

Die polisie verwyder die man se liggaam van die toneel. Foto: @AlgoaFMNews op Twitter.

ʼn Lewensredder het Dinsdag ʼn gru vonds by ʼn openbare strand in Oos-Londen in die Oos-Kaap gemaak toe hy op die onthoofde liggaam van ʼn man afgekom het.

Volgens kapt. Stephen Marais, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 09:00 na die wandelpad ontbied nadat die liggaam op die rotse opgespoor is. “Die lewensredder was op pad terug van die gimnasium af toe hy die liggaam gesien het,” het Marais gesê.

Die polisie het die toneel afgesper en die nodige rolspelers ontbied om met die ondersoek te help.

Die man se kop is met behulp van die polisie se honde-eenheid opgespoor.

“Die oorledene is ʼn man met ʼn donker gelaat. Hy het oop wonde aan sy bolyf opgedoen. Hy het ʼn swart sweetpakbaadjie, swart sweetpakbroek en swart skoene aangehad.”

Algoa FM berig die liggaam is naby ʼn stormwaterdrein aangetref en dit is in die stadium nog nie bekend of die liggaam deur die drein in die see beland het, of uit die see gespoel het nie.

Marais het gesê dit is ook nog nie duidelik hoe die man se liggaam daar beland het nie. Die polisie stel ondersoek in. “Die polisie kan ook nog nie oor die oorsaak van die man se dood spekuleer nie. Sy liggaam is na die staatslykhuis geneem waar ʼn nadoodse ondersoek gedoen gaan word om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het Marais bygevoeg.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Georgette ·

King Williams Town het nie strand nie, dit is Oos London.

Hannes ·

“Met ‘n donker gelaat”. Is die benaming “swart man” nou ook rassisties?

Paplepel ·

Hulle sal jou baie gou reghelp en sê ‘n “donker gelaat” is nie noodwendig swart nie.

zahn ·

Smaak my die polisie kon nie kop of stert uitmaak nie, dit het doller as kop af gegaan met al die kundiges op die toneel, en nog steeds is hulle in die donker gelaat, gevolglik het hulle die lyk, en die kop (hopelik) na die staatslykshuis geneem vir verdere ondervraging. Afrikaans bly maar ‘n mooi taal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.