Onthou om jou belastingopgawe in te dien!

Argieffoto

Individuele belastingbetalers, wat nie voorlopige belastingopgawes indien nie, het nog een week oor om hul belastingopgawes in te dien voor die belastingseisoen op 24 November 2017 tot ʼn einde kom.

Altesaam 5 015 405 belastingopgawes is reeds teen 15:00 op 15 November 2017 ingedien. Dit sluit belastingopgawes vir hierdie jaar en agterstallige opgawes uit vorige jare in.

Voorlopige belastingbetalers, wat inkomste buiten ʼn salaris ontvang, het tot 31 Januarie 2018 tyd om hul belastingopgawes deur eFiling in te dien.

Belastingbetalers word daaraan herinner dat eFiling die maklikste en vinnigste manier is om ʼn belastingopgawe in te dien, en dit is 24 uur van die dag beskikbaar. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ook tydens kantoorure ʼn diens beskikbaar, “help-you-efile”, waar die belastingbetaler direk verbind word met ʼn SAID-agent.

Belastingbetalers word gemaan om seker te maak dat alle nodige ondersteunende dokumente, wat hul eise staaf, beskikbaar is – of hulle die opgawe deur eFiling of by ʼn tak indien. Dié dokumente sluit die volgende in:
– Bankbesonderhede
– IRP5/IT3(a)-sertifikate
– IT3(b)-sertifikate vir ʼn beleggingsinkomste
– Besonderhede van mediese uitgawes wat die belastingbetaler self betaal het en nie deur die mediese skema gedek was nie
– Mediesefondssertifikate vir bydraes tot die mediese fonds wat nie op die IRP5/IT3(a) verskyn nie
– Bevestiging van diagnose van gestremdheid (ITR-DD), indien van toepassing
– Besonderhede oor bydraes tot ʼn uittredingsannuïteit
– Besonderhede van sakereise (indien die persoon ʼn reistoelaag ontvang het of wil eis teen ʼn voordeel van ʼn werksvoertuig
– Inligting oor buitelandse belastingkrediete
– Finansiële state, indien nodig bv. ʼn inkomste uit ʼn onderneming
– Enige ander tersaaklike dokumente oor ʼn inkomste wat verdien is of aftrekkings wat geëis moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Ek betaal belasting maar dit steek my dwars in die krop dat van my belasting gaan vir die salarisse van die nikswerd polisie ek wonder of dit aftrekbaar is .

Leahim ·

Ek stem, gaan nul opgawe indien die ekonomie was so sleg ek kon glad nie werk dit is hoekom ek so baie Maroela media lees.

Tilla ·

Was ‘n goeie burger en het hoelank terug myne ingedien – moet minder as R5000 terugkry maar wag al hoe lank daarvoor – seker aangewend vir iets anders

Andre ·

Ek en my vrou is al amper 6jaar getroud. Die jaar weier hul dat ek haar medies eis al is ons binnegemeenskap van goedere getroud! Hul se tot op n werf dat ons dt as n “joint esstate” moet doen!! Nou wil ek weet wat nou na 4jaar saam geeis hoe doen ek dit nou. Net so terloops dit lyk my hul sien my as ongetroud! My vrou kon nie as getroud registreer nie?.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.