Onthulling van Brandfort se nuwe naam ‘voortydig’

Winnie Madikizela-Mandela se huis in Brandfort (Foto: Heritage Portal)

Die beplande onthulling van Brandfort se nuwe naam as Winnie Mandela word vir eers agterweë gehou. Dit omdat die departement glo oorhaastig was met die onthulling deurdat hulle nie gewag het vir die 30 dae “afkoeltydperk” om te verstryk voordat hulle die naam amptelik bekendstel nie.

Die departement van sport, kuns, kultuur en rekreasie in die Vrystaat het Dinsdag in ʼn kort verklaring aangekondig dat dié geleentheid, wat eerskomende Vrydag sou plaasvind, tot verdere kennisgewing uitgestel is.

Redes vir dié uitstel is nie in die verklaring verskaf nie en die departement het ook nie op navrae hieroor reageer nie.

Volgens George Michalakis, DA-LP en lid van die nasionale raad vir provinsies, is die departement deur Nathi Mthethwa, minister van sport en kultuur, aangesê om vir eers die rem met die beplande onthulling aan te slaan. Mthethwa het glo ook aanbeveel dat die gebruiklike afkoeltydperk van 30 dae gegun moet word, nadat die naamsverandering op 6 Augustus in die Staatskoerant bekendgemaak is.

“Volgens wet moet daar ʼn tydperk van 30 dae gegun word om besware teen ʼn naamsverandering in te dien,” het Michalakis gesê.

Marieta Visser, DA-raadslid en inwoner, sê die departement se onthullingsplanne was heeltemal voortydig en dat bepaalde prosesse, waaronder beraadslaging en openbare deelname, nie voldoende gevolg is nie.

Michalakis sê voorts dat die departement geen agting vir prosesse, die wet of die demokratiese beginsel van inklusiwiteit het nie.

Verskeie inwoners het hulle ook tot sosiale media gewend en onder meer gesê dat daar geen beraadslaging vooraf plaasgevind het nie.

“Raadpleeg eers die gemeenskap en hou op om vir ons te jok. Julle kan dalk in die verleentheid gestel word,” het een gebruiker op die departement se Facebook-blad geskryf.

ʼn Ander gebruiker sê die geleentheid moet nie net uitgestel word nie, maar liefs afgestel.

“Dit is net ʼn mors van geld.

“Die departement vier klaar fees terwyl die gemeenskap nog tyd het om hul menings te lug. Dít is ʼn bewys dat hulle nie omgee oor wat die mense van Brandfort wil hê nie, maar slegs oor hulle eie agenda besorg is.”

Die DA het ook ʼn petisie van stapel gestuur wat glo binne ʼn week deur meer as 300 mense onderteken is wat almal aandui dat hulle nie oor die naamsverandering geraadpleeg is nie.

Die party het verder ook ʼn Paia-aansoek ingedien om inligting te bekom oor die mate waartoe daar beraadslaging plaasgevind het.

“Ons wag nog op terugvoer en sal toenemend druk op die departement plaas,” sê Visser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Riaan ·

Klink nie reg nie. Moet eerder Winniemandelafort wees, dan sal ons weet dit is n plek wat hulle van praat.

JohanR ·

Gelukkig nie in Kaapstad kom plak nie, maar dan sou arme Kaapstad, Kaap-WinnieStad gedoop gewees het. Die EFF wou al klaar Kaapstad lughawe na haar noem. Nou vra ek Winnie Mandela Airport, en dan bly daar mense IN Kaapstad wat die eer meer toekom as ou Winnie. Maar ek hou van Kaapstad Lughawe, en die hele wereld weet waar Kaapstad is!

Misky ·

Ek dink meeste SA’ners (ons mense) het meer as 30 dae “afkoeltyd” nodig….. Selfs 30 jaar het my nog nie laat afkoel nie

Gerrie ·

Klipkop net soos daai ou kror van n huis so gaan brandford oor 10 jaar na uitsien,

Dup ·

Verander die name om by die toestand van die dorpe aan te pas.Waar daar voorheen iets uit niks geskep is,word nou niks uit iets geskep.Dit is makliker om die naam te verander as om die dorpe doeltreffend te bestuur.

Elinette ·

Stompieville … Ek hoop hy en antie Winnie het mekaar raakgeloop daar waar hulle saam met ou Niek om die vuur sit vandag …. en ek hoop Stompie het vir Mama Winnie gesê sy het “daram nie reg gamak met hom, Stompie nie …”

Aai ·

Die dorp gaan soos die huis raak in foto in al die jare is daar niks aan daai huis gedoen soos die @NC.

Anoniem ·

Mooi! Want geen dorp wil na iemand vernoem word wat nie daar wou woon nie!

Oljetter ·

Die naam sal tekenend wees van die sosio-ekonomiese gemors wat eens Brandfort was.

Niklaas ·

Dis alweer onse Nathi. Op sport gebied is hy ‘n kwelling , dan moet ons onthou hy was die skepper van die nuwe naam vir PE. Iets wat klink soos Kerbera of Gebêre of wat ookal. Nou is hy glo weer oorhaastig in Brandfort .Kan hul nie vir hom ‘n ander pos aanbied nie ? Hy sal dalks puik minister van Polisie wees.

Anoniem ·

Brandfort pas nogal by Winnie se vuurhoutjies, bande en petrol strategie, so die naamsverandering gaan mense wat familie weens haar “necklace” metodes aan die dood afgestaan het net telkens weer daaraan herinner.

JM ·

Winnie Mandela was geen voorbeeld van goeie moraal nie, inteendeel!

Kathleen ·

Winnie Mandela was ‘n rassis ! hoekom moet iets na haar vernoem word , ek dog rassisme moet uitgeroei word !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.