Ontkenning van apartheid as misdaad ‘hoogverraad’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in die parlement. (Foto: Verskaf)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in die parlement gesê hy beskou die ontkenning van apartheid as misdaad teen die mensdom as hoogverraad.

Die president het in sy repliek op die debat oor sy staatsrede gesê dit was destyds reeds duidelik dat apartheid ʼn misdaad teen die mensdom was nog voordat die Verenigde Nasies dit in 1973 as sodanig verklaar het. “Hulle het geweet toe hulle na hierdie land kyk dat dit ʼn land is waar ʼn ernstige misdaad teen die meerderheid van die mense in Suid-Afrika gepleeg word,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa was daar destyds nie ’n enkele persoon wat nié deur apartheid geraak is nie. “Ek sou so ver gaan om te sê om dít te ontken, is hoogverraad.”

Die president het gereageer op oudpres. FW de Klerk se stelling kort ná verlede week se staatsrede dat apartheid nié ʼn misdaad teen die mensdom was nie.

Die FW de Klerk-stigting het egter enkele dae later die stelling onvoorwaardelik teruggetrek nadat verskeie organisasies geëis het dat De Klerk sy Nobelprys vir vrede teruggee oor dié gewraakte uitlating.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Martin

En so draai hulle nou teen FW…….

Naas

ANC terrorisme 1965 – 2020 is ook hoogverraad.

Antoinette

Mnr Ramaposa wat sal jy dit noem, al die boere so vermoor word?
Malema, EFF, ANC wat so rasisties is teen die wit mense?

Nie Verbaas

CR, en die omgekeerde rassisme? Die onbekwaamdes wat in kele afgeforseer word wat geen insig het om werk naastenby suksesvol te doen nie? Wat doen julle nou aan die wittes? Of maak dit nie saak nie. Ek is dan onder die indruk dis veronderstel om “one nation” te wees.

Michael 1

Tipies Ramaposa sy land gaan gebukkend onder beurtkrag,werkloosheid ,ekonomie wat rommel status is en die genius is bekommerd oor wat fw dink oor apartheid,moet redelike mense lag of huil