‘Ontkennings sal Gupta-beweringe nie laat verdwyn nie’

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die VF Plus het gesê net soos met Nkandla, sal pres. Jacob Zuma wel agterkom dat ontkennings en stilswye nie die Gupta-beweringe sal laat verdwyn nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê die erkenning van mnr. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, dat die Gupta-familie hom die pos van minister van finansies aangebied het, het ingrypende implikasies vir pres. Zuma. Dit verswak sy posisie in die openbare oog en waarskynlik ook binne die ANC nog verder.

“Me. Vytjie Mentor het presies dieselfde stellings oor die Guptas se rol gemaak en oor hoe hulle haar ʼn ministerspos aangebied het. Die logiese afleiding is nou dat al die skinderstories die afgelope tyd rondom min. Nene se afdanking dan ook waarskynlik korrek is,” het Mulder gesê.

“Tans is daar adj.min. Jonas se weergawe van gebeure. Die Gupta-familie het ʼn ander weergawe en pres. Zuma ʼn derde weergawe. Die VF Plus vra dat die Openbare Beskermer (OB) of ʼn regterlike kommissie die Guptas se invloed en rol in die regering ondersoek.”

Mulder het gesê dit is die enigste manier hoe landsburgers by die waarheid tussen al die weergawes sal kan uitkom en hoe pres. Zuma op ʼn geloofwaardige wyse sal kan bewys dat die Guptas nie op hierdie wyse invloed in die regering uitgeoefen het nie.

“Verder is dit teleurstellend dat pres. Zuma nie Donderdag se vraetyd in die parlement gebruik het om sy kant van die saak te stel nie. Deurdat hy weer soos voorheen die vrae oor hierdie saak ontduik het, word dit as ʼn bevestiging van al die bewerings gesien. Sy ontkennings gaan ook nie die Gupta-probleem laat weggaan nie,” het Mulder bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJ ·

Wonder of die patterson dame nie ok deur die guptas aangestel is nie want sy erg laf oor kernkrag

Theo ·

Alles sal te voorskyn kom gedurende die ondersoek, indien Thuli die ondersoek doen.

Doons ·

Ek het gekyk na die debat in die parlement die anderdag en vir my was dit n totale tragedie,die ergste nog toe die VF+ opstaan(die Mulders en Groenewald kamp) en sulke kruiperige aanmerkings maak. Hierdie party dien al lankal nie meer sy volk nie,hulle is n klomp profesionele politiekuste en sit net en heuning smeer om die ANC se monde.Dis tyd dat ons weer leiers soos Steve kry wat hulle monde kan oopmaak en te staan waarvoor hulle se hulle staan.Miskien moet ons ook n”#VF+ moet val” veldtog hou.

Dee ·

Jy is niks meer as ‘n handtekeningjagter nie. Vir jou hoef jou parlementsteenwoordiger nie iets van politiek af weet nie. Geen ervaring te hê in parlementsforums en debate nie – jy is bloot ‘n handtekeningjagter.

Loeis ·

Doons, is jy en Shannon dieselfde mannetjie wie voorheen onder die skuilnaam ‘Blip’ (en talle ander) in Beeld en sy susterskoerante se kolomme net een vyand geidentifiseer het, nl VF+?

Shannon ·

Dis waaghalsig van die Doktor om so teen sy Zoeloe baas uit te vaar. Was dit nie juis stort kop wie hom van `n adjunk joppie voorsien het nie ?

Anoniem ·

Tik in by google wiki(spasie) dan guptas. Daar is baie inligting omtrent Guptas

Frik Lotz ·

Shannon en Doors se geteem oor die VF + en Dr. Pieter Mulder raak nou afgesaag. Het jul niks beters om te doen nie? Dankie aan VF Plus vir al die puik werk wat hul doen. Doen so voort!

Dan ·

So “By the way” wanneer betaal Zuma terug? Julle moes gevat het toe hy uit sy eie wou, if you snooz you loose.

GES ·

Opsommend kan gesê word Zupta is slim ,slu, agterbakse en ‘n gierige skoothondjie van die Guptas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.