Ontkleedanser in Joost-video vas vir dwelms

Marilize van Emmenis tydens 'n fotosessie vir die FHM-tydskrif.

Marilize van Emmenis tydens ‘n fotosessie vir die FHM-tydskrif. Foto: YouTube

Marilize van Emmenis (29), die ontkleedanser wat destyds in Joost van der Westhuizen se sogenaamde seksvideo te sien was, is in verband met dwelmbesit in hegtenis geneem, het Beeld Dinsdag berig.

Volgens die berig het Van Emmenis Maandagaand by die Kameeldrift-polisiestasie in Pretoria agter tralies deurgebring.

Sy is omstreeks 14:00 by haar huis in Montana, noord van die stad, in hegtenis geneem nadat ʼn halwe sakkie van die dwelmmiddel Cat in haar besit gevind is.

Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het die inhegtenisneming aan Beeld bevestig maar het nie die vrou se naam bekend gemaak nie.

Van Emmenis sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Sy was betrokke in die sogenaamde seksvideo saam met Joost in 2006 wat wys hoe sy en die voormalige Springbokkaptein ʼn wit poeier snuif. Van der Westhuizen het nadat die video aan die media uitgelek het, sy werk as aanbieder van SuperSport verloor. Dit het ook konflik in sy huwelik met Amor Vittone veroorsaak. Van Emmenis het ná die herrie gesê dit was ʼn fout om die steelvideo te maak en aan die media uit te lek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

scalla ·

Slim het sy baas gevang, kierangkies braai want die wiel draai

Sollie ·

Scalla wat probeer jy sê? Joost het uit vrye wil haar “besoek” dis nou nie asof sy net sleg is en hy net goed…

Ghost ·

Skollie stem saam met scalla. Ek se nie Joost was reg wat hy gedoen het nie, maar sy het sonder Joost se mede wete n video van hom gemaak, wat klaar teen die wet is en daardeur n klomp geld ontvang. So sy het dit vir eie gewin gedoen en sy kry nou net wat haar toekom. Joost betaal vir sy straf maar sy het daai tyd erken dat sy betaal is om hom in n lokval te lei en dit op video te sit.

Leeutjie ·

Joost het dit nou nie nodig nie…. Hierdie girl kry nou te veel publisiteit en ou wonde word oopgeruk. Dis nou seker lekker vir die media om dit te versprei want ek sien dit word sommer op die lamppale ook geplak deur Beeld. Ai tog! Gelukkig dink ek die meerderheid lesers het nou meer simpatie met Joost en hy het nou al deur en deur vir sy sondes geboet! Hoekom word Joost se naam nou nog gekoppel met hierdie nar!

Sollie ·

@Ghollie ghost – nee wat om nou al die skuld op haar te wil pak is laf… hoekom het Joost destyds met sulkes rondgehang en hom ewe gewilliglik in ‘n lokval laat lei – hy was darem mos nou nie ‘n dom tiener nie. Ek voel jammer vir wat hy nou deurgaan maar dit neem nie weg van wat hy aan sy vrou en kinders gedoen het nie net met die vrou nie, maar moenie ander vergeet (Charmaine Gale hoogspringer ens ens…)

charmaine ·

geen simpatie met haar of Joos.Almal het n keuse ja ek wil of nee ek wil nie.

Dianne ·

Daardie gegsegde…. die wiel draai …… hier is ‘n bewys…..
MOENIE AAN ANDER MENSE DOEN WAT JY NIE AAN JOUSELF WIL DOEN NIE, dan vang slim sy baas. Hoop nie sy kom weg hiermee nie.

Hennie Louw ·

Daai sonde was die gebruik van verbode middels/opkikkers. Lees maar wat ‘n Franse tydskrif oor ons ‘hero’s’ van 1995 se gebruike te skryf gehad het. Sê dit al lankal.

Martha Rudd ·

Ek kan nie glo dat terwyl dit wat Joost nou deur gaan dat daar nog mense is wat hom nog steeds wil afkraak!! Hy het nou ongelukkig niks mee te doen met daardie vrou se sake nie dit noem jy die verlede wat God hom voor vergewe het!! Die saak gaan nou oor doe vrou alleen!! Los nou bietjie vir Joost uit asb!

SUE ·

Stem saam met Dereck Le Roux kan dit nie beter stel die loon van die sonde is die ewige dood
sy sal nooit verander sy is maar net plein sleg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.