Ontkleedanser op borgtog vrygelaat

Marilize van Emmenis tydens ‘n fotosessie vir die FHM-tydskrif. Foto: YouTube.

Marilize van Emmenis tydens ‘n fotosessie vir die FHM-tydskrif. Foto: YouTube.

Marilize van Emmenis (29), die ontkleedanser wat destyds in Joost van der Westhuizen se sogenaamde seksvideo te sien was, het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat sy in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms.

Mirna von Beneke, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê Van Emmenis is op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak is tot 9 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Van Emmenis is Maandag omstreeks 14:00 by haar huis in Montana, noord van die stad, in hegtenis geneem nadat ʼn halwe sakkie van die dwelmmiddel Cat in haar besit gevind is. Sy is sedert haar inhegtenisname by die Kameeldrift-polisiestasie aangehou.

Sy was betrokke in die sogenaamde seksvideo saam met Joost in 2006 wat wys hoe sy en die voormalige Springbokkaptein ʼn wit poeier snuif. Van der Westhuizen het nadat die video aan die media uitgelek het, sy werk as aanbieder van SuperSport verloor. Dit het ook konflik in sy huwelik met Amor Vittone veroorsaak. Van Emmenis het ná die herrie gesê dit was ʼn fout om die steelvideo te maak en aan die media uit te lek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

se net ·

Joost se naam HOEF NIE elke keer saam Marilize se naam genoem te word nie.Dis lankal in die verlede

Theresa ·

Ja nee wragtig. Die hele wêreld weet wie sy is. Sy is nou op haar eie want sy het haarself besig gehou met die verspreiding van dwelms. Joost se naam hoef nou regtig nie elke keer genoem te word nie. Die man is siek – los hom nou in vrede.

monika ·

ek stem saam met jou waarom, nog die arm man se naam gebruik. Hy het duur betaal vir die fout

Susan van Niekerk ·

Ek stem saam hou asb Joost se naam uit Marilize se vuil stories uit . Sy!! kry nou wat haar toekom .Sy moet ophou om met ander mense se lewens te mors en te vernietig .Dis tyd dat sy vir eens en vir altyd op haar plek gesit word .

Madelein ·

Die vrou is eintlik ‘n niemand en die beriggewing rakende die dwelmbesit nutteloos.

Marie Jacobs ·

Noem sy naam. Hy het ook lekker die wit poeiertjies gesnuif. Siekte was nie mens se sondes sommer net so weg niel

Ghost ·

Hoekom sy naam noem? Stem saam, siekte vat nie sy sondes weg nie, maar hy het sy eie lewe en niks meer mer die girl te doen nie. Hy is getraf vir sy sondes, en nou praat ek nie van sy siekte nie, en hy beweeg aan met sy lewe. Die girl gaan net aan waar sy opgehou het. So hoekom Joost se naam nog steeds aan haar kopel. Of wil jy vir my se jy het nog nooit n oortreding begaan nie. Wil jy ook heeltyd he iemand moet jou naam koppel aan daardie oortreding elke keer wanneer dit gebeur. Dit gaan nou oor haar wat dwelms gebruik en verskaf.

Marie Jacobs ·

Jinne maar jy is kwaai met my?! Elkeen is geregtig op eie opinie. Nee nog geen oortreding begaan nie (baie dankbaar daaroor) maar baie foute. Soms word dit nog opgehaal maar ek veg my eie “battle”. En erken wanneer ek ‘n fout gemaak het.
Saak nou afgehandel.

pop ·

Marie daar se jy n waar ding. en Marilize kan niemand se huwelik bedreig as daar nie klaar probleme is nie. Vrouens hou nie hulle mans gelukkig nie en dan is die ander party die sondaar.

Anne ·

Pop, elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk, geen mens kan jou gelukkig hou behalwe jy
self nie. As mens nie gelukkig is nie doen iets vir jouself.

Elfie ·

@CAv – hoe kan jy haar so beledig? Wie weet hoe sy by dwelsm betrokke geraak het – glo my hope mense kry dit in sonder dat hul weet omdat smouse nuwe kliënte soek. Julle hoogheiliges wat so verdoemend is, sies man! Julle is gou om te sê o bid vir die en daai een, nou WYS ons en bid vir HAAR. Sy kan haar lewe omdraai as mense bietjie wys hulle gee om! Ek kan nie glo hoe mense heir aangaan – en dan is hulle sg “Christene”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.