Ontlasting-gooiers ‘geen gevaar vir gemeenskap’

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

Foto: Ashley Mills, saairforce.co.za

Twee jaar nadat nege mans in ʼn omstrede betoogaksie emmers vol menslike ontlasting op die vloer van die Kaapstad Internasionale Lughawe uitgegooi het, is hulle Woensdag vir die oortreding gevonnis.

Die drie het in die Bellville-landdroshof verskyn waar hulle tot drie jaar huisarres gevonnis is. Landdros Nonkosi Saba het die beskuldigdes ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis wat vir die volgende vyf jaar opgeskort is.

Hulle is skuldig bevind vir die oortreding van die Wet op Burgerlike Lugvaart. Die voorwaarde van hul vonnis is dat hulle nie weer emmers menslike ontlasting by die lughawe of enige ander openbare plek mag uitgooi nie. Indien hulle hierdie voorwaarde oortree, sal die opgeskorte vonnis in werking tree en hulle vir die nuwe oortreding ook gevonnis word, het die landdros gewaarsku.

Die drie beskuldigdes woon almal in informele nedersettings rondom Kaapstad. Draagbare toilette is aan die nedersettings verskaf, maar ʼn dispuut het tussen die nege beskuldigdes en ander inwoners ontstaan oor die munisipaliteit se skynbare verwaarlosing van sanitasie.

Die landdros het gesê hoewel sy begrip het vir hul probleem, is daar ander wettige maniere om hul griewe aan te spreek. Sy het gesê die uitgooi van die emmers by die lughawe moet in ʼn ernstige lig beskou word. Dit het ʼn grootskaalse ontwrigting by die lughawe veroorsaak en die gebied moes afgebaken en skoongemaak word.

Sy het gesê die mans kom almal uit armoedige omstandighede. Die rede vir hul optrede was om hul lot teenoor die wêreld te beklemtoon. “Hulle is nie ʼn gevaar vir hul gemeenskappe nie,” het sy gesê.

Sy het ook gesê sy het gewonder hoe hulle dit reggekry het om die emmers vol ontlasting al die pad tot by die lughawe te dra. “Jul aksies was nie net ʼn verleentheid nie, maar ook ʼn skending van onskuldige mense se grondwetlike reg op menswaardigheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Winston ·

En kyk maar oral. Sommige mense doen niks aan hulle eie omstandighede nie. Iemand moet dit vir hulle doen, anders is daar probleme. Goed wat gebou word, word afgebreek, vullis lê oral rond en lyk gedurig soos n vullishoop in die woonbuurte. Wat hou hulle in stand? Niks. Sies ja. Dit is barbaars.

Theresa ·

Afbrekende, vernietigende, opstandige, rebelse, parasitiese, opbruikbare karakters. Gemors – wens hul het daarin gerol – dit sou hul simboliseer. En, dit is ‘n gesondheidsgevaar vir elke mens wat daar was. Want waar ookal die stroompies, riviere en als rondom opgebruik word vir menslike uit- en oorskot – is meestal nog vol siektes en bakterië vroeër nie eens ter sprake gewees nie. Nou alledaags omdat daar geen waardes of sin vir waardes is nie. O ja, en by the way, dis niemand behalwe hul eie skuld dat hul nie waardes het nie. Net voordat gegryp word na die afgesaagde redes vir hul agterlike optredes.

Peet Schabort ·

Dit was in die 1960’s dat ek in die middernagtelike ure met ‘n VW-kewer met 6volt-ligte net-net ‘n man in Leslie (Leandra) se hoofstraat gemis het. Die ergste was dat hy ‘n VOL emmer op sy skouer gedra het.
Dit laat my ook dink aan die boek “Spots Against the Wall” geskryf deur “Who Flung Dung”.
Dalk het hierdie menere ook daardie boek onder hande gehad maar dit toe ‘n bietjie verder gevat.

zahn ·

Oukei, so volgende keer wat die ouens dit weer doen, gaan die landdros gehaal word om skoon te maak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.