“Loyiso Nkohla en Andile Lili is heringestel as volwaardige lede van die ANC,” het Fezile Calana, Wes-Kaapse voorsitter van die party se dissiplinêre komitee, gesê. “Hulle kan in strukture deelneem soos enige ander persoon.” Nkohla is aanvanklik geskors vir sy betrokkenheid by verlede jaar se betogings waar menslike ontlasting onder andere by die vertreksaal van die Kaapstadse Internasionale Lughawe gegooi is. Nkohla en Lili, ʼn voormalige raadslid, is onder andere daarvan aangekla dat hulle die ANC in oneer gebring het. Lili het ʼn opgeskorte vonnis van die drie jaar as straf ontvang en mag hy vir ʼn jaar nie aan party-aktiwiteite deelgeneem het nie.
Calana sê die twee het appèl aangeteken en dat dit weens tegniese foute bekragtig is. Die tegniese foute verwys glo na die dissiplinêre komitee wat nie by sekere spertye gehou het nie. Calana sê hy verwag dat daar kritiek sal wees rakende die besluit. “Hetsy ons ten gunste of teen die appèl beslis het, moet die grondwet [van die ANC] gehandhaaf word.” Hy sê hoewel die ANC nie Nkohla en Lili se aksies goedkeur nie, hulle die stryd van inwoners in die kollig geplaas het.
Lees ook:
ANC-raadslid geskors oor uitskot-betoging
Vermeende uitskot-strooiers in die hof
Zille maak lys van “poefieprotes”-leiers bekend
Singende protes toe uitskot-storters nie borg kry nie
Nege in hof weens uitskot by lughawe
Ontlasting by lughawe uitgegooi
Ontlasting na raadslid se huis gegooi
“Poefiepolitiek” haal buitelandse media
Nuuskommentaar: Riooletiek
Ontlasting na Zille se bus gegooi
Menslike uitskot by Wes-Kaapse wetgewer gestort
Toilet-skoonmakers het glo N2 gesluit
Betogers blok N2-hoofweg
De Lille: Sommiges verkies emmertoilette
Kaapstad kry dalk ‘slim’ toilette
Kopskrif kon eweneens gewees het : “ANC terug by die poefie-gooiers”. Meen te se…..waar anders?
Poefie gooiers terug waar hulle hoort hier in die straate le baie poefies want die opelug is hulle poefie plek hulle kan kom bymekaar maak dis nie sover van die stem dag af nie as hulle nou begin dan is die stad skoon teen die 7de mei
Dus maak ek die afleiding dat ons deur n klomp kuttels geregeer word met n groot kuttel aan die stuur.
Hey, that’s the gresaett! So with ll this brain power AWHFY?
That’s a smart answer to a tricky qusetion