Ontleding: Die einde van die Mugabe-era

Robert Mugabe, president van Zimbabwe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi.

Die verwikkelinge die afgelope 24 uur in Zimbabwe het heel waarskynlik die einde van die Mugabe-era vir die land en sy mense ingelui.

Kenners het dit eens dat wat ook al nou noord van die Beitbrug-grenspos gebeur verreikende gevolge vir Suid-Afrika inhou.

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Het ʼn staatsgreep in Zimbabwe plaasgevind?

Te midde van berigte dat die Zimbabwiese weermag in beheer van die hoofstad Harare is, word daar steeds ontken dat ʼn staatsgreep plaasgevind het.

Die weermag het ook nie soos gewoonlik in die geval van ʼn staatsgreep die staatsbeheerde media in die land gebruik om aan te kondig dat dit nou in beheer van die land is nie. Genl.maj. Sibusiso Moyo het in ʼn verklaring op staatsbeheerde televisie gesê die weermag teiken tans kriminele rondom Mugabe wat misdade pleeg wat maatskaplike en ekonomiese lyding in die land veroorsaak.

Prof. Anthoni van Nieuwkerk, ʼn ontleder van buitelandse en sekuriteitsbeleid verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, reken die veiligheidsmagte van Zimbabwe het ingegryp om te verhoed dat pres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace, die opvolger van die Zanu-PF bepaal.

“Die situasie in Zimbabwe verander byna uurliks en dit is moeilik om enige vaste gevolgtrekkings te maak, maar as ek na die geheelprent moet kyk, het die veiligheidsmagte ʼn verskuilde staatsgreep uitgeoefen. Hulle doelwit was om Mugabe en sy vrou te isoleer en in huisarres te plaas om te verhoed dat Grace as die volgende president aangewys word.”

Pres. Robert Mugabe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Wat nou vir Mugabe?

Derek Matyszak, ʼn senior navorsingsadviseur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sekerheidstudies in Harare, sê hy glo nie daar is enigsins kans dat Mugabe weer as president aangestel kan word nie.

Matyszak reken daar sal nou druk op die 93-jarige president geplaas word om uit te tree en Emmerson Mnangagwe, wat verlede week deur Mugabe as adjunkpresident afgedank is, as sy opvolger aan te wys.

“As ʼn mens politieke logika sou volg, behoort die weermag se ingryping van korte duur te wees. Sodra Mnangagwe weer ingestel is, sal die weermag homself onttrek.

“Daar is egter geen waarborge in hierdie geval nie en dit neem gewoonlik ʼn lang tyd vir ʼn weermag om vanuit ʼn staatgreep te onttrek. Dit is ook kommerwekkend dat die Zimbabwiese weermag so gewillig is om tot hierdie uiterste oor te gaan om ʼn sekere faksie binne die Zanu-PF te ondersteun ten koste van ʼn ander faksie binne dieselfde party,” het hy bygevoeg.

Matyszak sê politieke kommentators het ook reeds ʼn geruime tyd lank gewaarsku dat ʼn perfekte storm waarin ʼn staatsgreep kan plaasvind, woed. Die land was egter te diep in sy eie politieke en ekonomiese stryd vir oorlewing gewikkel om daadwerklik op te tree.

Argieffoto.

Die implikasies vir Suid-Afrika

Pres. Jacob Zuma het Woensdag twee afvaardigings na onderskeidelik Zimbabwe en Angola gestuur in die lig van die politieke situasie wat tans in Zimbabwe afspeel.

Die presidensie het Woensdag in ʼn verklaring gesê Zuma het met pres. Robert Mugabe gepraat wat aangedui het hy is in sy huis vasgekeer, maar dat hy veilig is. “Suid-Afrika was ook in verbinding met die Zimbabwiese weermag,” lui die verklaring.

Zuma het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, en Bongani Bongo, minister van staatsveiligheid, na Zimbabwe gestuur om met Mugabe en die Zimbabwiese weermag te vergader.

“Suid-Afrika en Zimbabwe is natuurlik albei lid van die AU. Die AU en die SAOG is teen die niekonstitusionele verandering van ʼn regering en ʼn staatsgreep lei gewoonlik tot hierdie soort niekonstitusionele veranderings.

“Die AU sal die gebeure in Zimbabwe veroordeel, maar kan nie veel meer doen as om sanksies of druk uit te oefen of om te vra dat die land na ʼn demokratiese front moet terugkeer nie. Ek vermoed die AU sal die Zimbabwe-situasie soos ʼn warm patat vir die SAOG gee om te hanteer en die tameletjie sal in die skoot van Suid-Afrika val wat tans die leier van die SAOG is,” het Van Nieuwkerk gesê.

Hy reken Suid-Afrika sal ʼn reusagtige humanitêre krisis die hoof moet bied, sou Zimbabwe heeltemal te midde van ʼn staatsgreep verval met miljoene Zimbabwiërs wat oor die grenspos Limpopo sal binnestroom.

“Suid-Afrika sal eenvoudig sy buurland moet help om te stabiliseer, maar ons kan hulle nie met ons eie weermag binneval nie – die Suid-Afrikaanse weermag is in elk geval te swak en het nie geld nie; boonop moet die Zimbabwiese regering of die land se mense Suid-Afrika nooi om in te gryp.

“Die oplossing vir Zimbabwe is as die privaat sektor, burgerlike samelewing en die regering om ʼn tafel sou gaan sit vir samespreking en Suid-Afrika kan die tafel vir die onderhandelingsproses aanbied.”

Van Nieuwkerk reken Suid-Afrika het ongelukkig te veel probleme tuis om self te hanteer: “Trouens, ek wonder of Suid-Afrika tans die morele statuur het om ʼn ander land met sy probleme te help.”

Hy sê indien Zimbabwe heeltemal sou verval, sal Suid-Afrika nie net miljoene bestee aan ʼn humanitêre krisis nie, maar dit sal ook negatiewe gevolge vir die plaaslike ekonomie inhou.

“Dit het ʼn negatiewe invloed wat internasionale persepsies betref. Die vraag gaan gevra word: Hoe lank sal dit neem voordat dieselfde met Suid-Afrika gebeur? Beleggingsvertroue in die streek en Suid-Afrika sal ook daal.

“Suid-Afrika sal betrokke moet raak om stabiliteit te verseker, maar dit sal diplomaties gehanteer moet word. Die gebeure in Zimbabwe kon nie op ʼn slegter tyd vir Suid-Afrika gebeur het in die lig van die dreigende ineenstorting van ons eie regerende party nie.”

Soldate en militêre voertuie naby pres. Robert Mugabe se kantoor in Harare, Zimbabwe (15 November 2017). Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Goeie coup d’etat, slegte coup d’etat

Volgens Van Nieuwkerk word daar dikwels in die volksmond verwys na goeie en slegte staatsgrepe. “In ʼn slegte staatsgreep gryp die weermag in en word daar selfs erger vergrype gepleeg onder hulle beheer as die regering wat hulle vervang het. ʼn Goeie staatsgreep is waar die regering so korrup en nepotisties optree dat enige intervensie om hom te verwyder ʼn goeie ding is. Hier is voorbeelde van ʼn ‘goeie staatsgreep’ in Afrika waar die weermag die land oorneem en vir ʼn jaar of twee administreer om korrupsie hok te slaan sodat ʼn nuwe verkiesing, wat werklik vry en regverdig is, kan plaasvind.

“Daar was ooglopende korrupsie en ʼn staatsgreep kan Grace Mugabe se magslus aanspreek en ʼn klomp korrupte politici verwyder wat in Grace se kamp was. Dit kan ook die geleentheid bied vir onderhandelings en ʼn skikking vir ʼn nuwe bestel in Zimbabwe, maar ek het my bedenkinge hieroor.

“Ek sien dit as ʼn soort halwe goeie coup de’tat omdat die weermag een faksie in die Zanu-PF ondersteun om ʼn ander faksie uit die weg te ruim – en sou Mnangagwe uiteindelik oorneem, sit ons steeds met dieselfde party aan bewind in die land.

“Die Zanu-PF het nie ʼn toekomsvisie om die regering te verander en Zimbabwe se ekonomie, wat tans heeltemal op sy knieë is, te red nie. Dit is ʼn komplekse situasie en daar is nie maklike of eenvoudige antwoorde nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Dina

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

MJ ·

Dankie vir hierdie ontleding.. Dis ongelooflik wat een mens en sy lakeie se aksies oor ‘n tyd van 37 jaar aan die mensdom kan doen.. Hoop dit word sover moontlik, noord van die Limpopo uitgesorteer..

Bruno Stef ·

Mugabe se bewindsoorname het destyds gepaard gegaan met die uitwissing en slagting onder die Matabeles hoop net hy het sy dag in die hof om dit te verduidelik.

Eish ·

Hierdie is die beste artikel oor die onderwerp sedert die krises ontstaan het en die verwysing na die impak op die helhool is besonder insiggewend.

Wat veral tref is die weermag wat gereduseer is tot n impaklose, geldlose oneffektiwiteit. Dink die misdaadsektor het n groter operasionele arsenaal as die veiligheidsmagte saam.Die opmerking oor ons eie morele statuur slaan raak. Die humanitêre krises op hande is voorwaar n riller.
Veral aangesien die bevolking chronies tot ant-wit sentimente opgesweep is. Die plaaslike bevolking sal weer gedryf word tot Xenophobia sou die vloedgolf mense negatief impakteer op hul lewensomstandighede.

Grace gaan n interressante geval wees. Sommige media huise beweer sy is in Namibië. Sou die nuwe president die persoonlike rykdom van die Mugabes annekseer, het sy probleme. Ter plaatse is die privaatvervolgingseenheid van Afriforum op haar spoor, sy gaan dus nie te welkom wees hier nie.

Dan die feit dat die buiteland vra, hoe lank voor dit hier gebeur? Dit som 23 jaar van demokrasie pragtig op,
n hengse flop!

TERUG ZIM TOE ·

EK HET NOOIT GEDINK EK GAAN DIE DAG BELEEF DAT DIE OU FOSSIEL UIT SY SITPLEK GEDWING WORD NIE. Soos alles kom nog ‘n despoot aan sy einde .. HOEKOM wil die Zimmers vlug hierheen? Hulle hou mos van ‘n land sonder wit boere waar hulle almal plase en werk belowe is? The land must go back to the ‘peoples’. Het nog nooit daai peoples storie verstaan nie, want volgens my is people die meervoud van person . maar nieteenstaande overgesetsynde . .. laat AL Die ZIMMERS terugkeer na hulle geboorteland en die plase wat daar onbewerk en braak le nadat dit van die wittes afgeneem is gaan OPNEEM en boer .. toe nou . hou op misdaad pleeg in SA en gaan terug ZIM toe!!

Veronica ·

Te midde van al die wanhoop mense is ons behoud . . .waak & bid!!!

Oorseese aandag ·

Terwyl die hele buiteland se aandag NOU op Zimbabwe en ons is, laat hulle hoor hoe plaasmoorde hier aangevuur word, nou.

Kleintjie ·

Daar is voorstelle dat ons die buiteland nou moet laat weet van plaasmoorde noudat al die wereld se aandag op ons is. Luister na daardie raad, dit is waar.

Oorsee ·

Terwyl die hele buiteland se aandag NOU op Zimbabwe en ons is, laat hulle hoor hoe plaasmoorde hier aangevuur word, nou.

MANIE ·

Mag hy en sy vrou kripeer in die tronk tot hulle einde. Blye dag vir die wereld

John ·

Zuma & kie hou beslis nie wat nou gebeur nie, veral omdat hy gehoop het die twee anties gaan in 2018 beide lande se goue trone bestyg. Die ryk vriende het al klaar begin droom oor nog myne en hoe die dom tannies uit hul hande aan eet. Hoe Zuma nou sy antie gaan bevorder raak ‘n groot kopseer…en hoe om Cyril uit te druk na soortgelyke plan in Zim misluk het. Moord miskien? Dinge kan lelik word oor ‘n week of wat… dalk gouer.

Sonna ·

Mooi man. Ek skaam my dood as burger van hierdie land om as gasheer van enige iets op te tree. En dit nogal in 2023, wie weet nie waar ons gaan wees in 6 jaar nie.

Malherbe ·

Dankie tog ek gaan nie hierdie vreeslike bont hemde vir ‘n ruk sien nie!!!!

Chris ·

Mag die Mugabes nou kry wat hulle toekom. Die vraag is net, wie en wat kom in sy (hulle) plek? Dit mag dalk net nog iemand wees wat die land en sy arme mense gaan melk vir eie gewin… Net si Kan ons net hoop en bid day post-Zuma n tyd van verbeteringe gaan inlei….

hoener ·

lessie vir Zumatjie. Kry jou huis in orde
anders gaan dit met jou ook gebeur

Moe ·

Dit sal interessant wees om te sien of Zuma en Emmerson vriende gaan wees…Lyk my nie so nie, want Z se afvaardiging is glo weggewys…Hier kom groot malakkas!!!!

A Mac ·

Hoop Zimbabwe kry nou die regte rigting en dat dit nie ook so lank vir Suid Afrika gaan vat om van die Zuptas en hulle korrupte handlangers ontslae te raak nie.

Gautvol ·

Die berigte van Mugabe se einde is so pragtig, ek lees dit oor en oor. So bang ek mis die een waar hy hopelik tereggestel word, en wie weet dalk kan Grace die Afrika “Marie-Antoinette” word.

Ons kan maar net hoop dis dalk binne kort die Zuptas se beurt ook en dat al die rampokkers wat saam met hulle ons pragtige land in “junk” status gedompel het nie vergete sal wees nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.