‘Ontploffing’ en toe brand landdroshof

Foto: Verskaf

Skade van etlike miljoene rande is Woensdagaand aangerig toe ʼn brand by die landdroshof op De Aar uitgebreek het.

Die deel van die gebou wat verwoes is, huisves die howe wat deur die rondgaande, streek- en hooggeregshof gebruik word.

Die hof is een van die groter kernpunt-howe in die Noord-Kaap-streek en ʼn setel van die rondgaande hooggeregshof in die provinsie.

Die gebou het vanoggend nog gesmeul en brandbestryders is steeds op die toneel.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie, maar die vermoede is dat dit deur die elektrisiteitstoevoer na die gebou veroorsaak is.

Foto: Verskaf

Verskeie inwoners asook die Emthanjeni-munisipaliteit se bestuurder, Izak Visser, het aan Maroela Media bevestig dat elektrisiteitstoevoer na die dorp teen 19:00 gister tot 259,6 V was. Die normale spanning is tussen 220 en 230 V.

Volgens Sam Mgijima, die munisipaliteit se hoofingenieur wat vir elektrisiteit verantwoordelik is, is die hoë spanning deur ʼn foutiewe afleier veroorsaak.

Die brand is voorafgegaan deur ʼn reuse-ontploffing wat De Aar om 21:45 gister geskud het. Dit is tot in die omliggende omgewing gehoor.

Niemand kan met sekerheid sê waar die ontploffing was en wat dit veroorsaak het nie, maar minder as twee uur later is die brand by die landdroshof waargeneem.

Foto: Verskaf

Pogings deur die munisipaliteit se vrywillige brandbestryders om dit te bestry is gekortwiek omdat strome water uit die brandslange gelek het.

Gerhard Engelbrecht, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, sê die munisipaliteit onderhou nie die brandweer nie en daar is ook nie ʼn voltydse brandweerdiens op die dorp nie. Verkeersbeamptes en ander vrywillige munisipale werknemers doen die brandbestryding.

Visser sê daar is nie geld om ʼn professionele brandweerdiens aan die dorp te lewer nie en die brandweerwa is boonop sowat 30 jaar oud. Dit is vyf jaar gelede teen R120 000 versien.

Hy sê die hulp van die weermag word ingeroep as daar groot brande uitbreek, maar dit is nie gisteraand gedoen nie.

Mgijima het aan Maroela Media gesê daar word tans vir beurtkrag gewag sodat die foutiewe afleier vervang kan word, anders moet die dorp se kragtoevoer afgeskakel word om die nodige herstelwerk te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Annelize ·

Ja, so sal “foutiewe” toerusting nog mense die ewigheid in ook blaas.

SjN ·

Geen elektriese toerusting kan hou met beurtkrag elke nou en dan en ongelyke toevoer stroom nie, dit moet een of ander tyd groet.

Jan Nel ·

Miskien is beurtkrag nou opgelos. Dit lyk vir asof De Aar die skuldiges was, wat al die land se krag gebruik het.

Poplap ·

Wk kani verstaan dat ons munisipale bestuurder kan se die weermag was nie ingeroep nie. Hulle was tot vanoggend toe nog op die toneel en het n goeie werk verrig saam met die vrywilligers. Ten spyte van die uitdagings het daai span n goeie werk gedoen. Wens mense wil seker maak van hulle feite voor hulle inligting oorgee.

Julie Jansen van Rensburg ·

Was dit die OU weermag sou hulle definitief daarkon gehelp het, maar soos alles in hierdie “Nuwe S.A.” ten gronde gaan, is die sogenaamde “weermag” hopeloos… en ongedissiplineerd….

Bekommerd ·

Is dit nie baie dom om te wag vir beurtkrag om onderhoud of herstelwerk te doen nie? Die krag kan enigetyd aangaan en n hele paar mense se lewens in gevaar stel. Dit sal langer as 2 ure vat om so iets te herstel of vervang.

Elsie Esterhuizen ·

This is a absolute disgrace how the ANC is running this country. Everything is going to wreck and ruine in SA and no one of the cabinet can see on what mess SA is. This has also become a Gangsters Paradise

Annemarie Smith ·

Dit is vir my hartseer om te sien hoe ons land daagliks agteruit gaan.

Lulu ·

My ouers se huis het afgebrand jare gelede. Daar was n krag onderbreking en tie die krag aangaan was die toevoer te sterk. Hulle was nie tuis. Hul kon dit nie bewys nie en alles verloor. My pa het nie versekering gehad nie. As daar beurtkrag is, sorg maar dat toestelle by muur uitgeprop is.

Genoeg is genoeg. ·

So word brandweer ook nie meer in stand gehou nie!
Daars niks wat werk in SA nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.